Toyota US Woordfees 2022 Instagram-resensie: Vier susters

  • 0

Foto: Nadine Petrick

Gerda Taljaard is waarskynlik een van ons land se most underrated skrywers, so haar wen van die gesogte kykNET/Rapportprys vir fiksie ’n paar weke gelede was nie een oomblik te gou nie.

Vier susters is historiese fiksie wat afspeel tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die vier susters, waarvan Kitty nié ’n bloedsuster is nie, maar ’n swart vrou, is sterk en eiewys. Die dinamika tussen die susters, wit terroriste, Italiaanse krygsgevangenes, die politiek van die tyd en die regte, maar ook die metaforiese oorloë dek die tafel vir dié storie. Taljaard keer hier as’t ware die plaasroman op sy kop.

Santa Elna (van der Merwe), soos Gerda haar skertsend noem, die bewaker van skrywers en boeke, voer vandag die gesprek. Nicole Holm doen die voorlesing. (Dié jaar span organiseerder, Elmari Rautenbach, van ons land se voorste akteurs in om voorlesings te doen. ’n Wonderlike afwisseling.)

Onberekende ooreenkomste met Agaat en Ingrid Jonker, onderdrukking, kunsverwysings en die huis as simbool van die vroulike psige word lewendig. Die wisselwerking tussen woord en beeld is belangrik in Taljaard se teks, haar beeldspraak fantasties: "Sy is ’n vaal meisie, inkennig en bleek, sê net die nodigste, en lyk soos ’n vismot wat pas uit ’n Bybel ontsnap het: melerig en senuagtig."

Die rykheid van die roman word vandag ordentlik oopgepraat. Die drie susters op die verhoog, óók sterk. En beslis eiewys. Dankie tog.

#ToyotaUSWoordfees2022 #WildvirWoordfees #LitNetInstaIndrukke #nadinedoenwoordfees @nakadien #woordfees @woordfees #viersusters #gerdataljaard @elna_van_der_merwe
@penguinbookssouthafrica 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top