Toyota US Woordfees 2022 Instagram-resensie: Plunder

  • 0

Azille Coetzee en Antjie Krog (foto: Nadine Petrick)

Agt jaar na Mede-wete verskyn Antjie Krog se nuutste bundel, Plunder. Sy word oor bietjie minder as twee weke 70. Die afgelope naweek huldig die Tuin van Digters haar roemryke loopbaan en vandag lees sy gedigte voor (soos net sy kan) en tree sy in gesprek met Azille Coetzee. All in a day’s work.

Die Woordfees is terug, almal hier in lewende lywe, en ’n propvol Boektent is ’n klinkklare bewys dat mense, feesgangers, dié interaksies gemis het. Hulle is vanoggend hier vir Antjie en Azille, om uit die digter se eie mond te hoor waaroor dit nou eintlik alles gaan. Maar ook vir mekaar.

Antjie val weg met ’n lang, láng gedig oor Fees must Fall. Is witheid ’n slagyster? ’n Hinderlaag is ’n kans tot verandering. Nie eers gedigte kry meer iets saamgeweef... Grepies uit ’n immer teenwoordige politieke bewussyn.

Maar ook, sy draai haar terug na die natuur. Daar is egter niks wat haar meer irriteer as mense wat méér omgee vir die natuur as vir mense nie. Die twee voed mekaar en kan nie sónder mekaar nie.

En plunder? "Plunder is obvious. Ons almal plunder. Jy plunder jou familie en jou taal. Jy gee maar uiteindelik net op. En dan géé die aarde. Dit bring genade oor jou."

Sy plunder haar eie en ook ander se gedigte. Soos Boerneef. "Ek het hom vrot gesteel hier."

Krog lees weer iets voor. Ook uit Vetplantfeetjies. Coetzee se vrae antwoord amper hulself deur die voorlesings.

Maar oor die ding van ouer word: "Ja, mens word tot ’n groot mate irrelevant, maar jy word ook bevry. Van ambisie en van kritiek. En dan sien mens dalk al die dinge raak wat vergete bly."

*Dis lekker om terug te wees by die Woordfees.

** Plunder en Vetplantfeetjies is by die Boektent beskikbaar!

ToyotaUSWoordfees2022 #WildvirWoordfees #LitNetInstaIndrukke #nadinedoenwoordfees @nakadien #woordfees @woordfees #plunder #vetplantfeetjies @azille_coetzee #antjiekrog

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top