Suidoosterfees
“Lag is die beste medisyne” – Shimmy Isaacs oor die Suidoosterfees-inry
2021-10-25"Daar is baie talent in die land. En binnekort sal die land kennis neem van wie hulle is op ons se live show."
“Ek glo nie dat ons land se toekoms kleurblind is nie” – Jerome Rex oor musiek en die Suidoosterfees-inryteater
2021-10-22"Die liedjiemakers is ’n baie opwindende produksie – kyk net wie tree almal daar op! Elke naam op die plakkaat is ’n talent wat ’n konsert op hul eie kan dra. Nou wat nog as jy hulle almal saambring op een verhoog! Moet dit nie misloop nie!"
Persverklaring: Suidooster-sterre skitter in November by Suidoosterfees-inryteater in Kaapstad
2021-10-15Die Suidoosterfees en kykNET se gewilde Suidooster-sepiesterre span kragte saam om van 2 tot 8 November 2021 ’n onvergeetlike inryteaterprogram aan die publiek te bring.
Persvrystelling: Die dinge van ’n kind kry ekstra speelvak by Hoërskool Jan van Riebeeck
2021-09-30Die gewilde verhoogstuk Die dinge van ’n kind, gegrond op Marita van der Vyver se trefferroman, word van 13 tot 17 Oktober 2021 by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad opgevoer. Dié speelvak by die skool word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die Suidoosterfees en Arena-produksiehuis. Cintaine Schutte speel in die verhoogweergawe, wat deur Francois Toerien verwerk en deur Nicole Holm geregisseer is.
Marita oor Dinge: Ouers durf nie die tiener in hulself vergeet
2021-09-30Met Cintaine Schutte se eenvrouvertoning van Die dinge van ’n kind binnekort op die planke by Hoërskool Jan van Riebeeck, gesels Marita van der Vyver oor tieners, ouers en waarom die boek 27 jaar ná sy verskyning mense steeds gaande het.
Persverklaring ‒ New Voices: Xolisa Ngubelanga se It’s my baby in September by Kunstekaap
2021-09-28Kunstekaap, in samewerking met die Suidoosterfees, bring Xolisa Ngubelanga se drama It's my baby van 27 September tot 1 Oktober op die planke. Dié produksie is deel van vanjaar se langverwagte New Voices-program.
Persverklaring: Suidoosterfees vier Erfenismaand op hoë noot
2021-09-21Die Suidoosterfees en Stad Kaapstad vier Erfenismaand met twee Lockdown Legato-aanbiedings. Kaapsentriek en Maestro’s en mentors sal vanaf 21 September 2021 weekliks gratis aanlyn as musiekvideo’s op die Suidoosterfees se sosialemediaplatforms aan die publiek vrygestel word.
Teenstemtweespraak
2021-09-16Op Breyten Breytenbach se 82ste verjaardag sluit LitNet sy Stemme-projek saam met die Suidoosterfees, NATi en KKNK af met Breyten se monoloog Teenstemtweespraak. Antoinette Kellermann is voor die kamera en Marthinus Basson is in die regisseurstoel.
’n Seereis
2021-09-07In Ingrid Winterbach se monoloog ’n Seereis is Albert Pretorius as Jan van Riebeeck aan die woord. Marthinus Basson is die regisseur. Hierdie produksie is deel van Stemme, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en KKNK.
Revelations oppie pot
2021-08-31In Veronique Jephtas se Revelations oppie pot is Hein Poole in die rol van ’n jongman wat verduidelik waarom sy vriend Kaffe al die bier omgeskop het. Lee-Ann van Rooi het die regie behartig. Hierdie produksie is deel van Stemme, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en KKNK.
Soebat
2021-08-24Khadija Heeger vertolk Dianne Albertze se monoloog Soebat. Thembela Madliki het die regie behartig. LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi.
"Afgryslik" dat vroue nog moet aandring op respek
2021-08-19"Soms word daar van vroue verwag om seksuele gunsies aan te bied in ruil vir rolle of die befondsing van projekte." – Jane Mpholo oor waarmee vroue in die vermaaklikheidsbedryf nog opgeskeep moet sit.
Olke bolke
2021-08-17Nicola Hanekom, Hertzogpryswenner vir drama in 2021, se Stemme-monoloog, Olke bolke, stel ’n jong massamoordenaar aan die woord. Eldon van der Merwe lewer die vertolking en Lee-Ann van Rooi was in die regisseurstoel. LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi.
Nuwe groep liriekskrywers meld aan vir mentorskap deur Suidoosterfees en Jakes Gerwel Stigting
2021-08-11Die alombekende kunstenaar en televisie-persoonlikheid Frazer Barry sal as mentor optree wanneer die kandidate van 1 tot 15 September vir ’n skrywersverblyf by die Jakes Gerwel Stigting se Paulet-huis in Somerset-Oos aanmeld.
Alles lê in die lengte van jou hare
2021-08-10LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Alles lê in die lengte van jou hare lewer Liandé Valentyn ’n dramatiese voorlesing van Stephren Saayman se monoloog wat handel oor ’n vrou wat afreken met traumatiese gebeure uit haar kinderjare.
Leë nagte
2021-08-03LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Saartjie Botha se Leë nagte vertolk Geon Nel die rol van ’n man wat bewus word van twee hawelose mense wat teenaan sy huis nes skrop. Nicole Holm is die regisseur.
Kon ek ook maar ’n hond gewees het?
2021-07-27LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Andrico Goosen se Kon ek ook maar ’n hond gewees het? met Ivan Abrahams, onder regie van Nicole Holm. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n video waarin Goosen, Holm en Abrahams oor die stuk gesels.
Weg
2021-07-20LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Carlo Daniels in sy monoloog Weg, waarvan die regie deur Andrew Buckland behartig is. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n video waarin Daniels sy gedagtes oor die stuk deel.
Stemme
2021-07-13Hier kan jy die produksies van Stemme, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, KKNK en NATi, kyk en die tekste lees.
Verspring
2021-07-13LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Tinarie van Wyk Loots se vertolking van Rafiek Mammon se Verspring, geregisseer deur Fred Abrahamse. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n gesprek tussen die akteur en regisseur.
