Suidoosterfees

Persvrystelling: Suidoosterfees-inryteater

LitNet Suidoosterfees 2020-10-30

Die Suidoosterfees en Atlantic Studio’s laat die klassieke inryteater herleef. Van 4 tot 15 November 2020 word feesproduksies in ’n splinternuwe baadjie geklee, en kan groter gehore vanuit die gemak en veiligheid van hul motors na feesaanbiedings op die silwerskerm kyk.

Francois van Coke vir die Suidoosterfees-inryteater

Izak de Vries, Francois van Coke Suidoosterfees 2020-10-28

"Ek is ’n fan van saamwerk; ek leer baie by die mense met wie ek collab, nie net oor musiek nie, maar ook baie oor persoonlikhede; musiek is vir my ’n spansport."

Lus vir ’n aandjie uit? Bespreek nou jou Suidoosterfees-inryteaterkaartjie

LitNet kykNET Portaal 2020-10-06

Die Suidoosterfees en Atlantic Studios laat die klassieke inryteater herleef. Van 4 tot 15 November 2020 word feesproduksies in ’n splinternuwe baadjie geklee, en kan groter gehore vanuit die gemak en veiligheid van hul motors na feesaanbiedings op die silwerskerm kyk.

Persverklaring: Suidoosterfees-kunstenaars in spesiale musiekvideo vir inspirerende vroue

LitNet Suidoosterfees 2020-09-02

In die video word Lucas Maree se lied “Die weduwee se kruik” gekombineer met ’n ode wat Diana Ferrus aan essensiële werkers wat tydens die pandemie hoop en genesing in gemeenskappe bring, geskryf het.

Persverklaring: Suidoosterfees vier Nelson Mandeladag met spesiale musiekvideo

LitNet Suidoosterfees 2020-07-17

Die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting vier Nelson Mandeladag vanjaar met ’n spesiale projek. In samewerking met die CTMA (Cape Town Music Academy) en Die Burger stel die fees op 18 Julie 2020 ’n musiekvideo bekend van ’n nuwe weergawe van Amanda Strydom se lied "A child in a faraway land". 

Persverklaring: PJ Powers en die Tygerberg-kinderkoor: "World in Union"

LitNet Suidoosterfees 2020-05-25

Die musiekvideo, geloods in samewerking met die Suidoosterfees en die Cape Town Music Academy, bring hulde aan COVID-19- essensiële werkers en die globale spanpoging om die pandemie hok te slaan. Die video huldig ook landsburgers se pogings tot selfisolasie en die gedissiplineerde wyse waarop hulle die inperkingsreëls in dié uitdagende tyd gehoorsaam. 

Persverklaring: Suidoosterfees gebruik ’n aanlyn verhoog om hoop te bring

LitNet Suidoosterfees 2020-04-29

Die Suidoosterfees het tydens die inperkingsperiode ’n musiekvideo opgeneem wat op 27 April (Vryheidsdag) vrygestel is. Laurika Rauch se bekende lied "Hot Gates" word in dié video deur die sangeres en die Libertas-koor uitgevoer.

Persverklaring: Aansoeke vir Jakes Gerwel Stigting se skrywershuis oop

LitNet Suidoosterfees 2020-04-28

’n Uitsonderlike geleentheid word aan belowende dramaturge gebied om onder professionele mentorskap aan hul tekste te skaaf. Vir die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting is die ontwikkeling en bevordering van ontluikende talent ’n saak van erns, daarom word gefokus op dramaturge wat aan die begin van hulle loopbane staan en nog nuut in die bedryf is.

Persverklaring: #TsekCorona!-videobekendstelling deur die KaapKreools Collective

LitNet Suidoosterfees 2020-04-16

Om Kapenaars onder korona-huisarres se gemoedere in dié uitdagende tyd te lig, het David Kramer en die KaapKreools-geselskap ’n video van "Welcome to Cape Town" gemaak. Kramer het die lirieke ’n bly-by-die-huis-boodskap gegee en ’n heupswaai-musiekvideo geskep, waarin ’n groep van Kaapstad se gewildste kunstenaars verskyn.

Koronavirus: Suidoosterfees 2020 uitgestel tot later vanjaar

LitNet Suidoosterfees 2020-03-18

Na aanleiding van die ernstige kommer oor die COVID-19-pandemie, oftewel die koronavirus, het die bestuur en direksie van die Suidoosterfees ’n besluit geneem om dié fees, wat van 27 April tot 3 Mei in Kaapstad sou plaasvind, na later in die jaar uit te stel. Die nuwe feesdatum sal aangekondig word sodra uitsluitsel oor die impak van die pandemie verkry word.

"Die maskers word afgehaal en kwesbaarheid word voor die gehoor neergelê"

Cliffordene Norton, Stephren Saayman Teater 2020-03-11

Stephren Saayman is ’n jong opkomende akteur en teatermaker. Sy groot liefde lê by die skryf en maak van opregte en hartroerende teater. Twee van sy teaterproduksies, Dankie, maar nee dankie! en Ek Eva, is vanjaar by die KKNK, Suidoosterfees en Vrystaatkunstefees te sien. 

Miela’s Box – ’n onderhoud met Tasneem Daniels

Cliffordene Norton, Tasneem Daniels Suidoosterfees 2020-02-25

"Dit het baie tyd gevat en ek dink ek moes certain discoveries oo my eie identities ee’ste maak voorat ek hierie toneel kon klaa skryf."

Opkomende liriekskrywers gesoek vir mentorskap-program | Emerging songwriters wanted for mentorship programme

LitNet Suidoosterfees 2020-01-27

Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees bied vanjaar vir die eerste keer ’n mentorskap-program aan vir opkomende liriekskrywers en sangers wat oorspronklike liedjies in Afrikaans, Engels of isiXhosa skep. | In 2020 the Jakes Gerwel Foundation and the Suidoosterfees introduce a mentorship programme for emerging songwriters and singers who create original songs in Afrikaans, English and isiXhosa. 

Fotogalery: Suidoosterfees 2020-programbekendstelling

Menán van Heerden, Gys Loubser, Cliffordene Norton Suidoosterfees 2019-12-13

Die Suidoosterfees 2020 se program is op 9 Desember by ’n glansgeleentheid by Nasdak (Media24) in Kaapstad bekendgestel. 

Die fees wat waai(b)! Die 2020-Suidoosterfeesprogram beloof ’n fees-ervaring uit die boonste rakke

LitNet Suidoosterfees 2019-12-10

Die 17de Suidoosterfees word van 27 April tot 3 Mei 2020 in Kaapstad aangebied. Feesgangers kan hul vere regskud vir ’n verskeidenheid uitstekende musiek- en toneelproduksies, skaterlagkomedies, interessante gesprekke en aktiwiteite. Daar is iets vir almal se smaak en met Suid-Afrika se voorste kunstenaars op die feesverhoog, het Kapenaars beslis rede om windmaker te voel.

Suidoosterfees Talentsoektog 2019/20

LitNet Suidoosterfees 2019-08-23

Dis weer tyd vir die Suidoosterfees Talentsoektog en hierdie jaar waarborg die fees om die Wes-Kaap op hoorings te neem met ’n opwindende soektog na jong opkomende talent!

Suidoosterfees verwelkom nuwe uitvoerende hoof

Marli van Eeden, Jana Hattingh Onderhoude 2019-07-18

"Ek is verlief op die kunste en het ’n feeshart. Kunstenaars is planmakers, hulle weet hoe om met ’n beperkte begroting en infrastruktuur iets uit niks te skep. Hulle sien uitdagings as geleenthede en daarvan is ek graag deel."

Persvrystelling: Aansoeke vir Suidoosterfees 2020 oop tot 21 Junie 2019

LitNet Suidoosterfees 2019-06-06

Die Suidoosterfees nooi vervaardigers, regisseurs en teatermakers uit om hul voorstelle vir 2020 produksies vir oorweging aan te stuur. Die 17de Suidoosterfees met die slagspreuk ’n Fees vir Almal vind aanstaande jaar vanaf 27 April tot 3 Mei 2020 in Kaapstad plaas.

Suidoosterfees 2019-video: Hoe soomloos is die kunste werklik?

LitNet Suidoosterfees 2019-05-03

Spreek die kunste werklik tot ’n diverse en verteenwoordigende gehoor en weerspieël dit ’n getransformeerde samelewing? Tydens die Suidoosterfees 2019 het die eerste van vier Jakes Gerwel-diskoersgesprekke op 25 April by Kunstekaap plaasgevind, met Mercy Kannemeyer, Saartjie Botha, Basil Appollis, Cintaine Schutte en Kabous Meiring (gespreksleier). 

Suidoosterfees 2019-video: Wie is ons en maak dit saak?

LitNet Suidoosterfees 2019-05-03

Wat is die invloed van geskiedenis op wie ons is, en hoe leef ons vorentoe in die Suid-Afrikaanse droom van ’n reënboognasie? Tydens die Suidoosterfees 2019 het die tweede (van vier) Jakes Gerwel-diskoersgesprekke op 26 April by Kunstekaap plaasgevind, met Haji Dawjee, Wilhelm Verwoerd en Heindrich Wyngaard (gespreksleier).

Top