Persverklaring: Die Suidoosterfees raak feestelik met kleiner, intieme program

  • 0

Van 26 April tot 2 Mei 2021 bied die Suidoosterfees ’n kleiner, meer intieme fees as gewoonlik aan. Dié korter program val in die fees se tradisionele datums, en vind plaas ingevolge die pandemie-regulasies wat tans geldig is. Die meeste produksies word by Artscape, die tuiste van die Suidoosterfees, gehou, terwyl ander produksies in die gewilde inryteater-formaat by Atlantic Studios te sien sal wees.

Prof. Brian Figaji, direksievoorsitter, sê dat die Suidoosterfees daartoe verbind bly om werksgeleenthede vir kunstenaars te skep, en om ’n veilige omgewing vir gehore te skep waar hulle ’n heerlike verskeidenheid van teater, musiek en gesprekke kan geniet.

Die programverskeidenheid reflekteer die fees se slagspreuk: ’n Fees vir almal! Produksies wissel van ernstige drama tot klassieke musiek, boekgesprekke, komedie en gesinsvermaak. Ingevolge die nasionale pandemieregulasies is daar slegs ’n beperkte aantal kaartjies vir elke produksie beskikbaar.

Binne die volgende week gaan die Suidoosterfees elke dag ’n nuwe programafdeling aankondig. Jana Hattingh, uitvoerende hoof, sê: “Feesgangers gaan moet spring om kaartjies te kry. Ons beveel aan dat daar reeds vroegoggend gekyk word na die aankondigings, en dat mense dadelik moet bespreek om teleurstelling te voorkom.”

Soos gewoonlik is daar baie gratis aktiwiteite vir feesgangers, maar hiervoor is besprekings per e-pos noodsaaklik as gevolg van die kleiner kapasiteit. Besprekings vir gratis aanbiedinge kan by Francois Abrahams (Francois.Abrahams@media24.com) gemaak word. Mense wat inligting oor die onderskeie programafdelings heel eerste wil ontvang, kan sommer dadelik ’n e-pos stuur aan Faren Esau: Faren.Esau@media24.com; of hulle kan die Suidoosterfees webwerf www.suidoosterfees.co.za besoek.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top