Persverklaring: Die Dinge van ’n kind by die Suidoosterfees

  • 0

Die Dinge van ’n kind
’n Produksie vir elke ma, elke dogter, en die mans in hulle lewens
Met: Cintaine Schutte
Teks: Francois Toerien na die roman deur Marita van der Vyver
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp
Klankbaan: Schalk Joubert
Regie: Nicole Holm
Vervaardiger: Margit Meyer-Rödenbeck en Alexa Strachan
Ondersteun deur: NATi, Aardklop, LW Hiemstra Trust

“Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun hê langs die pad”.  Mart (vertolk deur Cintaine Schutte) se opwindende, maar ook ontnugtererende inisiasieproses begin met hierdie woorde van haar rebelse kamermaat.

Marita van der Vyver se ontvergeetlike Bildungsroman, Die dinge van ’n kind is in 1994 gepubliseer. Francois Toerien se verhoogverwerking is weerloos en fragiel, en herroep pynlik helder die broosheid, onskuld, onsekerheid en vrees van tienerjare in ’n skisofreniese, gewelddadige land waar leuens hoogty vier.

Die traumas van grootword, swangerskap en selfmoord word geplaas teen die agtergrond van die 70’s se politieke leuens, en die verminking van jong mans in die grensoorlog. “Wat wel deurskemer, is dat niks, geen indoktrinasie, sensuur of magsvertoon dit heeltemal kan demp nie: die onskuld, die verwondering van nuwe vlerke, hormone, drome, geheime. Hierdie is ’n produksie wat wys, ontredder en ontwapen. Cintaine Schutte skyn helder en vernietegend soos ’n verskietende ster” – Deborah Steinmair, Netwerk24.

  • Wenner: Aardklop - Beste vertolking in ’n solo-produksie.
  • Genomineer vir twee KykNET Fiëstas Toekennings.

Suidoosterfees-speelvak:
Venue: Artscape
Datums: 28 April 20:00, 29 April 11:30, 2 Mei 16:00
Kaartjies: R120
Kaartjies beskikbaar by: https://tickets.computicket.com/event/die_dinge_van_n_kind/7167894

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top