Persverklaring: Beet by die Suidoosterfees

  • 0

Titel: Beet
Skrywer: Braam van der Vyver
Akteur: Ben Pienaar
Regiseurs: Marié-Heleen Coetzee en Johan van der Merwe
Klankbaan: Féroll-Jon Davids
Verhoogbestuurder: Ivan Malan
Stelbou: Gerhard Coetzee

Beet is ’n opdragproduksie van die Suidoosterfees om die lewe van Beethoven te vier. Dit is ’n tragikomedie oor Ludwig, ’n jong man wat aan die verkeerde kant van die treinspoor grootgeword het. Sy ouma stuur hom om ’n bottel ingelegde koejawels vir die gypsy te neem. Dit is daar waar die gypsy hom vertel dat sy glo hy die reïnkarnasie van Beethoven is wat sy lewe vir altyd verander. Dit is nie lank nie of hy is op die hele dorp se lippe en hulle begin hom spottenderwys ‘Beet’ noem. Vinnig begin die storie rondloop dat Beethoven met ’n spooktrein in Bonnievale opgedaag het om sy naam te beskerm. Beet is so ’n lag-met-’n-traan wat die kleindorpiementaliteit van Bonnievale bewonder. Kom ontmoet Beet se Ouma Bets, wat nie nonsens vat nie, sy musiekonderwyser, Juffrou Kidson, wat haar tragiese verlede vir die bottel verruil, en sy vele liefdesteleurstellings, Pearl, Elsie, en Alfrida. Beet is ’n eenman-teaterstuk geskryf deur Nagtegaalpryswenner, Braam van der Vyver, en word vertolk deur Ben Pienaar, Woordtrofee- en Naledi-benoemde in 2019, sowel as 2020 Fiësta-benoemde vir beste akteur. Die regie word behartig deur Marié-Heleen Coetzee en Johan van der Merwe.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top