Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
Toyota US Woordfees 2021: Saartjie Botha oor Flikker & Flash, straatteater en nuwe tye
2021-03-29"Gehore beweeg na verskillende ruimtes om verskillende kunstenaars te sien, amper op die Universiteit Stellenbosch se Vensters-model. Ons glo hierdie vernuwende projek sluit aan by ’n trotse tradisie van Woordfees-waagstukke wat in die verlede aangepak is."
Persverklaring: kom Flikker & Flash in die strate van Stellenbosch
2021-03-26Die Flikker & Flash-vertonings sal op Vrydag en Saterdag, 9 en 10 April, plaasvind, maar kunstenaars sal vanaf Donderdag, 8 April, in die dorp reeds met voorbereidings doenig wees. | The Flikker & Flash performances will take place on Friday and Saturday, 9 and 10 April, although artists will already be visible in the town from Thursday, 8 April, as they prepare for the performances.
Persverklaring: Suidoosterfees se Jong Sterre skitter
2021-03-25Die NATi Jong Sterre-projek is een van die Suidoosterfees se vlagskipinisiatiewe en word ondersteun deur NATi, die Jakes Gerwel Stigting en Artscape. Deelnemers aan die projek deurloop ’n intensiewe slypskool waartydens hulle dramatekste afgerond en gereedgemaak word vir die Suidoosterfees-verhoog. Die slypskool, onder leiding van ervare teatermakers, vind tydens ’n skrywersresidensie van drie weke by die Die Jakes Gerwel Stigting se Paulet-Huis in Somerset-Oos plaas.
Ricardo Peach: Daar gaan ’n man verby, hy groet
2021-03-23"Hy het die insig gehad om die bestaande argetipes van die vorige fees in stand te hou, maar terselfdertyd emmers toegevoegde waarde te laat neerreën op die status quo van die Vrystaatse kultuurlandskap."
Persverklaring: Die Suidoosterfees raak feestelik met kleiner, intieme program
2021-03-18Van 26 April tot 2 Mei 2021 bied die Suidoosterfees ’n kleiner, meer intieme fees as gewoonlik aan. Dié korter program val in die fees se tradisionele datums, en vind plaas ingevolge die pandemie-regulasies wat tans geldig is.
Persverklaring: Aktuele sake onder bespreking by Suidoosterfees
2021-03-18Die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gesprekke word vanjaar van 27 April tot 1 Mei in die Kunstekaap aangebied. Hier is meer inligting oor vanjaar se gesprekke.
Press release: Interim director of the Vrystaat Kunstefees
2021-03-18"It is with great pleasure that I introduce to you the new interim Director of the Vrystaat Kunstefees, Corneli van den Berg."
Creating the worlds we want: The Vrystaat Kunstefees and cultural self-agency in global networks
2021-03-17"Despite what the COVID-19 lockdown threw our way, at the Vrystaat Arts Festival we are incredibly proud of what we were able to achieve in such uncertain times."
Marthinus Basson gereed om regisseurs se hande weer vuil te kry
2021-03-17"Ons droom maar almal van op die vloer wees met ’n teks en spelers, en hierdie projek is ter voorbereiding van daardie dag wat ons weer iets kan doen, saam, vir ’n gehoor."
Persverklaring: Solidariteit met die sitstaking van kunstenaars in die NAC-kantore
2021-03-16Mngoma en die kunstenaars eis antwoorde op dringende vrae oor befondsingsongerymdhede rondom die presidensiële stimulusprogram vir werkskepping (PESP), wat veronderstel was om finansiële uitkoms aan die Covid-geteisterde kunstesektor te bied.
Persverklaring: KKNK | NATi Studio sit jou in die regisseurstoel
2021-03-12’n Regiekursus vir aspirant- en ervare regisseurs is die nuutste projek wat die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) van stapel stuur.
Persverklaring: Gratis filmkursus vir jong Oudtshoorniete
2021-03-08Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) bied binnekort ’n gratis inleidingskursus in film en digitale media op Oudtshoorn aan.
Persverklaring: Aanlyn dramakompetisie vir jong akteurs
2021-03-05Is jy ’n leerder met ’n droom om eendag die verhoog jou loopbaan te maak? Skryf dan in vir die unieke aanlyn dramakompetisie, en speel jou hart uit teen ander leerders wat jou liefde vir die kunste deel.
Persverklaring: Nuwe digbundel in vennootskap met KKNK
2021-02-22Nou soek die samestellers na nuwe stemme – bydraes van digters wat tot dusver nog nie gepubliseer is nie, en as digter wil debuteer.
Persvrystelling: Teatermakers en dansers neem STANDpunt in | Press release: Theatremakers and dancers Take-a-STAND
2021-02-08Persvrystelling: ’n Huldeblyk aan ons First Lady of Song
2021-02-08Die Suidoosterfees en kykNET beplan ’n produksie om Sibongile Khumalo se bydrae tot die kunste te eer. Verskeie feeskunstenaars sal daaraan deelneem, asook kore wat by die fees se kompetisie gebaat het. Feesgangers kan die media en die Suidoosterfees se sosialemedia-platforms dopdou vir meer inligting oor die produksie.
Persvrystelling: Die Woordfees Kunstenaarsweek wil nuwe hoop en nuwe werk skep
2021-02-03In die eerste Woordfees Kunstenaarsweek sal kunstenaars die geleentheid kry om hul vaardighede, idees en konsepte te slyp en te verfyn onder leiding van vooraanstaande fasiliteerders, waaronder die teatermakers Andrew Buckland en Sylvaine Strike, die danser-choreograaf Gregory Maqoma en die digter en verhoogkunstenaar Jolyn Phillips.
Persvrystelling: KKNK 2021 vir eers uitgestel as gevolg van pandemie
2020-12-18Die bestuur en direksie van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) het na deeglike besinning en met inagneming van die onsekerheid rondom die Covid-19-pandemie besluit om die fees wat vanaf 31 Maart tot 6 April sou plaasvind, vir eers uit te stel.
Mediaverklaring: Klein Karoo Klassique span saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes vir ’n eksklusiewe aanlyn Adventskonsert
2020-12-15Die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes (SANJO) se jaarlikse Adventskonsert word vanjaar aanlyn gehou – en vir die eerste keer aangebied in vennootskap met Klein Karoo Klassique en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).
Persvrystelling: Meyer en De Villiers se Karoo Suites by Kaapse inryteater uitgestel tot vroeg-2021
2020-12-04Deon Meyer en Coenie de Villiers se gewilde Karoo Suite-tweeluik, wat op 10, 12 en 13 Desember 2020 by Atlantic Studios se inryteater aangebied sou word, word aangeskuif na 2021. Dié besluit is genoodsaak deur die skerp toename in COVID-19-infeksies waarmee die Wes-Kaap tans worstel.
