Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Persverklaring: Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suites by Kaapse inryteater

LitNet Suidoosterfees 2021-03-31

Deon Meyer en Coenie de Villiers se gewilde Karoo Suite-produksies word beskryf as die "mooiste liefdesbrief aan die Karoo". Dié tweeluik – Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte – wat in Desember 2020 uitgestel moes word weens die tweede vlaag van die Covid-19-pandemie, is nou op 30 April en 1 Mei 2021 vir Kapenaars beskore by Atlantic Studios, die tuiste van die kykNET-sepie Suidooster, se inryteater.

Persverklaring: Puik vermaak vir almal by die Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2021-03-31

Die Suidoosterfees doen sy slagspreuk, "’n Fees vir almal!" in 2021 gestand met ’n verskeidenheid produksies wat van 26 April tot 2 Mei by Artscape opgevoer word. Volgens Jana Hattingh, uitvoerende hoof, is dit vir die fees belangrik om steeds werksgeleenthede vir kunstenaars te bly skep, en om aan gehore ’n veilige teaterervaring te bring waar hulle die beste vermaak kan geniet. Omdat die fees saam met die skoolvakansie val, is daar opwindende kinderteaterproduksies en gesinsvermaak op die program.

Persverklaring: Suidoosterfees bring ’n veilige, intieme teaterervaring

LitNet Suidoosterfees 2021-03-31

In die lig van dié uitdagings het die Suidoosterfees en NATi hande geneem en kan gehore hulle gereedmaak vir die opwindende NATi Teaterfees. ’n Verskeidenheid produksies word van 26 April tot 2 Mei by Artscape in Kaapstad op die planke gebring as deel van die Suidoosterfees se 2021-aanbod. Streng Covid-19-veiligheidsprotokolle is in plek en teatergangers kan produksies in ’n veilige omgewing geniet.

Toyota US Woordfees 2021: Saartjie Botha oor Flikker & Flash, straatteater en nuwe tye

Naomi Meyer, Saartjie Botha Toyota Stellenbosch Woordfees 2021-03-29

"Gehore beweeg na verskillende ruimtes om verskillende kunstenaars te sien, amper op die Universiteit Stellenbosch se Vensters-model. Ons glo hierdie vernuwende projek sluit aan by ’n trotse tradisie van Woordfees-waagstukke wat in die verlede aangepak is."

Persverklaring: kom Flikker & Flash in die strate van Stellenbosch

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2021-03-26

Die Flikker & Flash-vertonings sal op Vrydag en Saterdag, 9 en 10 April, plaasvind, maar kunstenaars sal vanaf Donderdag, 8 April, in die dorp reeds met voorbereidings doenig wees. | The Flikker & Flash performances will take place on Friday and Saturday, 9 and 10 April, although artists will already be visible in the town from Thursday, 8 April, as they prepare for the performances. 

Persverklaring: Suidoosterfees se Jong Sterre skitter

LitNet Suidoosterfees 2021-03-25

Die NATi Jong Sterre-projek is een van die Suidoosterfees se vlagskipinisiatiewe en word ondersteun deur NATi, die Jakes Gerwel Stigting en Artscape. Deelnemers aan die projek deurloop ’n intensiewe slypskool waartydens hulle dramatekste afgerond en gereedgemaak word vir die Suidoosterfees-verhoog. Die slypskool, onder leiding van ervare teatermakers, vind tydens ’n skrywersresidensie van drie weke by die Die Jakes Gerwel Stigting se Paulet-Huis in Somerset-Oos plaas. 

Ricardo Peach: Daar gaan ’n man verby, hy groet

Marius Coetzee Menings 2021-03-23

"Hy het die insig gehad om die bestaande argetipes van die vorige fees in stand te hou, maar terselfdertyd emmers toegevoegde waarde te laat neerreën op die status quo van die Vrystaatse kultuurlandskap."

Persverklaring: Die Suidoosterfees raak feestelik met kleiner, intieme program

LitNet Suidoosterfees 2021-03-18

Van 26 April tot 2 Mei 2021 bied die Suidoosterfees ’n kleiner, meer intieme fees as gewoonlik aan. Dié korter program val in die fees se tradisionele datums, en vind plaas ingevolge die pandemie-regulasies wat tans geldig is.

Persverklaring: Aktuele sake onder bespreking by Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2021-03-18

Die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gesprekke word vanjaar van 27 April tot 1 Mei in die Kunstekaap aangebied. Hier is meer inligting oor vanjaar se gesprekke.

Press release: Interim director of the Vrystaat Kunstefees

Ricardo Peach Lifestyle and entertainment 2021-03-18

"It is with great pleasure that I introduce to you the new interim Director of the Vrystaat Kunstefees, Corneli van den Berg."

Creating the worlds we want: The Vrystaat Kunstefees and cultural self-agency in global networks

Ricardo Peach Lifestyle and entertainment 2021-03-17

"Despite what the COVID-19 lockdown threw our way, at the Vrystaat Arts Festival we are incredibly proud of what we were able to achieve in such uncertain times."

Marthinus Basson gereed om regisseurs se hande weer vuil te kry

Melt Myburgh, Marthinus Basson Onderhoude 2021-03-17

"Ons droom maar almal van op die vloer wees met ’n teks en spelers, en hierdie projek is ter voorbereiding van daardie dag wat ons weer iets kan doen, saam, vir ’n gehoor."

Persverklaring: Solidariteit met die sitstaking van kunstenaars in die NAC-kantore

LitNet Feeste 2021-03-16

Mngoma en die kunstenaars eis antwoorde op dringende vrae oor befondsingsongerymdhede rondom die presidensiële stimulusprogram vir werkskepping (PESP), wat veronderstel was om finansiële uitkoms aan die Covid-geteisterde kunstesektor te bied.

Persverklaring: KKNK | NATi Studio sit jou in die regisseurstoel

LitNet KKNK 2021-03-12

’n Regiekursus vir aspirant- en ervare regisseurs is die nuutste projek wat die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) van stapel stuur.

Persverklaring: Gratis filmkursus vir jong Oudtshoorniete

LitNet KKNK 2021-03-08

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) bied binnekort ’n gratis inleidingskursus in film en digitale media op Oudtshoorn aan.

Persverklaring: Aanlyn dramakompetisie vir jong akteurs

LitNet KKNK 2021-03-05

Is jy ’n leerder met ’n droom om eendag die verhoog jou loopbaan te maak? Skryf dan in vir die unieke aanlyn dramakompetisie, en speel jou hart uit teen ander leerders wat jou liefde vir die kunste deel.

Persverklaring: Nuwe digbundel in vennootskap met KKNK

LitNet KKNK 2021-02-22

Nou soek die samestellers na nuwe stemme – bydraes van digters wat tot dusver nog nie gepubliseer is nie, en as digter wil debuteer.

Persvrystelling: Teatermakers en dansers neem STANDpunt in | Press release: Theatremakers and dancers Take-a-STAND

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2021-02-08
Die Take-a-STAND Dialogues is gegrond op die model van skrywersfeeste en wil met ’n samekoms die gemeenskap versterk en nuwe lewe gee aan diverse stemme uit die dans- en teatersektore. Die geleentheid sal ook gestroom word en is oop vir die algemene publiek.

Persvrystelling: ’n Huldeblyk aan ons First Lady of Song

LitNet Suidoosterfees 2021-02-08

Die Suidoosterfees en kykNET beplan ’n produksie om Sibongile Khumalo se bydrae tot die kunste te eer. Verskeie feeskunstenaars sal daaraan deelneem, asook kore wat by die fees se kompetisie gebaat het. Feesgangers kan die media en die Suidoosterfees se sosialemedia-platforms dopdou vir meer inligting oor die produksie.

Persvrystelling: Die Woordfees Kunstenaarsweek wil nuwe hoop en nuwe werk skep

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2021-02-03

In die eerste Woordfees Kunstenaarsweek sal kunstenaars die geleentheid kry om hul vaardighede, idees en konsepte te slyp en te verfyn onder leiding van vooraanstaande fasiliteerders, waaronder die teatermakers Andrew Buckland en Sylvaine Strike, die danser-choreograaf Gregory Maqoma en die digter en verhoogkunstenaar Jolyn Phillips.

Top