Toyota US Woordfees op TV 2021: ’n Onderhoud oor die Woordfeesbundel

  • 0

Suzette Kotzé-Myburgh praat met Naomi Meyer oor die Woordfeesbundel (hier is nog inligting). Inskrywings word ingewag, ook al is die Woordfees vanjaar op die TV.

Suzette, soveel dinge het in ’n jaar (en ’n half) verander. Maar gaan daar nog ’n Woordfeesbundel verskyn? En hoe werk dit? Voor wanneer moet mense hulle inskrywings stuur?

Ja, beslis! Maar eers wil ek noem dat die 2021-Woordfeesbundel, Iets anders, uiteindelik op 4 Oktober bekendgestel word wanneer vanjaar se Toyota US Woordfees virtueel op die TV-opwipkanaal plaasvind (1 tot 7 Oktober op DStv-kanaal 150).

.......

Wat die 2022-Woordfeesbundel betref, moet skrywers nou opskud, want die spertyd vir inskrywings is om 16:00 op 30 September. Komaan, vat ’n kans – dit kan jou R5 000 in die sak bring!

.......

Wat die 2022-Woordfeesbundel betref, moet skrywers nou opskud, want die spertyd vir inskrywings is om 16:00 op 30 September. Komaan, vat ’n kans – dit kan jou R5 000 in die sak bring!

Is daar enige spesifieke temas wat julle in gedagte het wanneer julle stories vir die bundel oorweeg?

Nee, ons skryf hoegenaamd geen temas voor nie; skrywers kan oor enigiets onder die son skryf. Solank dit ’n nuutgeskryfde kortverhaal is en nie ’n essay of rubriek nie, en solank die woordtelling tussen 1 500 en 3 000 lê, verwelkom ons jou inskrywing.

Wil jy enige wenke vir voornemende inskrywers gee as hulle nog gou op die laaste nippertjie ’n storie uit die mou wil skud?

.......

Die héél belangrikste oomblik in ’n kortverhaal is die slot. Die slot is die sleutel wat die verhaal moet oopsluit, om NP Van Wyk Louw aan te haal. Dis daardie oomblik wanneer die hele verhaal bymekaargetrek word en die skrywer die leser met ’n spesifieke boodskap of indruk laat.

........

Die héél belangrikste oomblik in ’n kortverhaal is die slot. Die slot is die sleutel wat die verhaal moet oopsluit, om NP Van Wyk Louw aan te haal. Dis daardie oomblik wanneer die hele verhaal bymekaargetrek word en die skrywer die leser met ’n spesifieke boodskap of indruk laat. Gee dus spesiale aandag aan die slot: Herskryf en worstel totdat jy daardie sleutel in die slot hoor draai.

Lees ook:

Persverklaring | Toyota US Woordfees TV-opwipkanaal | Toyota SU Woordfees TV pop-up channel

Woordfees-TV 2021: ’n Onderhoud met Saartjie Botha

Persverklaring: Die Woordfees kom huis toe – na jou toe | Press release: Toyota SU Woordfees to exclusively broadcast on DStv

Persverklaring: Inskrywings vir die 2022 Woordfees-kortverhaalkompetisie ingewag

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top