Suzette Kotzé-Myburgh

Suzette Kotzé-Myburgh werk sedert 1990 in die uitgewersbedryf, die grootste deel daarvan as vryskut. Sy het ’n BA-graad met lof aan die Universiteit Stellenbosch behaal, gevolg deur ’n honneursgraad in joernalistiek. Benewens teksredigering doen sy ook manuskripkeuring, manuskripontwikkeling, proefleeswerk, vertaling, projekbestuur, selfpublikasies, boekresensies, skrywersonderhoude vir radio (RSG) en filmresensies vir LitNet. Sy tree op as mentor vir teksredakteurs en gee ook opleiding. Sy is die medesamesteller van Nuwe kinderverseboek, Rympies vir pikkies en peuters, Rympies vir kleintjies en kleutersNuwe stories 1, 2 & 3 en die US Woordfeesbundels van 2016 tot 2018.

Filmresensie: Little women

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2020-03-10

"Sy slaag uitstekend daarin om die sentrale problematiek van ’n vrou se lewe uit te beeld: enersyds die vryheid en selfvervulling wat ’n eie beroep en inkomste bied, en andersyds die vasgevangenheid van trou, huishouding en kinders."

Filmresensie: Poppie Nongena

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2020-02-07

"Dis in alle opsigte ’n grootse film, gevul met opruiende aksie, indrukwekkende stelle en ’n outentieke inkleding, onder meer deurdat die karakters vrylik Xhosa praat."

Filmresensie: Marriage story

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2020-02-04

"Hierdie pynlik eerlike film is tegelyk ’n liefdesverklaring en die bestekopname van ’n huwelik en ouerskap."

Filmresensie: Bombshell

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2020-02-04

"Bombshell word aanbeveel vir álle fliekkykers, vroue sowel as mans."

Top 10-films 2019: Suzette Kotzé-Myburgh se keuses

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2019-12-18

Hier is Suzette Kotzé-Myburgh se gunstelingfilms van 2019.

Filmresensie: Cut-out Girls

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2019-12-02

"Wat uitstaan van hierdie film, is die weldeurdagte draaiboek en subtiele manier waarop die storie ontvou, gruwelike inhoud en al."

Filmresensie: Parasite

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2019-11-22

"Parasite word beskryf as ’n komedie, ’n riller, selfs ’n klasse-oorlog, maar uiteindelik is “tragikomedie”, uit die mond van die skepper van die film, die beste beskrywing."

Filmresensie: A rainy day in New York

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2019-10-31

"Daar was lanklaas ’n Woody Allen met die trefkrag van Vicky Cristina Barcelona of Match point, maar ’n mens kan jou steeds verkneukel in sy amusante dialoog en skerpsinnige kommentaar op die filmbedryf en kunstenaarskap." 

Pavarotti: ’n filmresensie

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2019-10-15

"Dis een van die wonders van die wêreld: dat één operasanger bo ’n hele orkes gehoor kan word – sonder ’n mikrofoon. Hierdie uitstaande dokumentêr oor die geliefde Italiaanse tenoor Luciano Pavarotti (1935–2007) bevestig waarom die menslike stem as die grootste musikale instrument geag word."

Filmresensie: Late night

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2019-10-09

"Late night doen soveel dinge net reg: van uitstaande toneelspel deur Thompson (Kaling het die rol spesiaal vir haar geskryf) tot die raak uitbeelding van vroue wat moet veg vir gelyke staanplek in ’n manswêreld en die bedrieglikheid van die sosiale landskap wat in die laaste dekade onherroeplik verander het."

Filmresensie: Downtown Abbey

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2019-10-03

"Alles tesaam vorm dit ’n netwerk van hoof- en subintriges wat die aandag boei én sorg vir ’n goeie skeut humor wanneer die Downton Abbey-personeel saamstaan teen die koninklike 'indringers'. Die laaste gesprek tussen Violet en Mary (Michelle Dockery) weerklink ook treffend tot in vandag se onsekere (Brexit-)tyd."

kykNET Silwerskermfees 2019: 14 kortfilms in kompetisie  

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2019-08-27

"Die kortfilms is ’n belangrike ontwikkelingsprojek van die jaarlikse Silwerskermfees, en kykNET verdien werklik lof vir die manier waarop hulle bereid is om voortdurend te belê in Afrikaanse films én die groter Suid-Afrikaanse mediabedryf."

 

Filmresensie: Goldblatt

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2019-08-27

Ná Goldblatt se dood in Junie verlede jaar is dit as gepaste huldeblyk by die afgelope Silwerskermfees in Kaapstad vertoon. "Net so uitsonderlik as wat Goldblatt se werk is, is hierdie dokumentêr waaraan die filmmakers ses jaar lank gewerk het."

Filmresensie: Richard says goodbye (The Professor)

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2019-08-07

"Anders as wat ’n mens sou dink, is hierdie fliek oor die dood nie ’n hartverskeurende tranetrekker nie. Die eintlike plesier lê in die skerp – en dikwels polities-inkorrekte – dialoog."

Yesterday: ’n filmresensie

Suzette Kotzé-Myburgh Film 2019-07-18

"Die Britte het van die beste musiek van die twintigste eeu opgelewer, daarvan getuig die films Bohemian Rhapsody (Queen) en Rocketman (Elton John). En dan was daar natuurlik die Beatles – in hierdie era van musiekfilms sou dit ondenkbaar wees om hulle uit te laat. Yesterday sorg vir ’n besonder oorspronklike huldeblyk aan dié supergroep."  

Top