Wonderlus: ’n filmresensie
2018-05-02"Om die waarheid te sê, ek het ook nog nie iets soortgelyks in Engels of vertaalde vorm gesien nie. Dis die millenniërs wat worstel met die liefde – wat iewers tussen die wonder en die lus van die titel lê."
7 Days in Entebbe: ’n filmresensie
2018-04-30"As die kompleksiteite van Suid-Afrika se woordestryd oor wie se land dit is ’n mens wil oorweldig, gee hierdie film oor Israel/Palestina nogal perspektief."
Downsizing: ’n filmresensie
2018-04-17"Downsizing sorg vir een van die oorspronklikste wetenskapfiksietemas in ’n lang tyd: verander mense in Klein Duimpies en jy kan hulle in ’n skoenboks inpas, by wyse van spreke."
Catching feelings: ’n filmresensie
2018-03-28"Maar ten diepste gaan Catching feelings oor identiteit: wie is elkeen van ons in die nuwe Nuwe Suid-Afrika, of wie probeer ons wees?"
Loving Vincent: ’n filmresensie
2018-03-22"Dis eers met werklike akteurs verfilm, en daarna deur ’n span van meer as honderd kunstenaars omskep in 853 skilderye wat in animasie verwerk is. Elkeen van dié olieverwe is met die hand gedoen."
Three Billboards outside Ebbing, Missouri: ’n filmresensie
2018-03-01"Daar was lanklaas ’n fliek van hierdie kaliber op ons kringloop. Three Billboards outside Ebbing, Missouri kry loshande my stem as vanjaar se Oscar-wenner vir beste film ..."
Battle of the sexes: ’n filmresensie
2018-02-01"Hierdie puik film oor die epiese tenniswedstryd tussen die Wimbledon-kampioen Billie Jean King en voormalige nommereenspeler Bobby Riggs draai die horlosie terug na 1973 – en ’n mens se mond hang behoorlik oop oor die soort seksisme wat veertig jaar gelede die aanvaarde norm was."
The Post: ’n filmresensie
2018-02-01"As jy The President’s Keepers verslind het, is hierdie net die fliek vir jou!"
Flieks 2017: Suzette Kotzé-Myburgh se toptienlys
2017-12-18"Ek het vanjaar altesaam 59 flieks gesien – nege minder as laas jaar, wat die knaende gevoel bevestig dat daar al minder kykbare films op ons kringloop wys as jou smaak afwyk van die gewone aksie-oordaad, superheldsages en kinderflieks."
Murder on the Orient Express: 'n filmresensie
2017-11-30"Op die ou end tref die verhaal die sterkste met sy boodskap van kompleksiteit: die groot speurder wat aan die begin met sekerheid verklaar dat daar slegs swart en wit bestaan wat mense se oortredings betref, moet ten slotte toegee dat alles nie altyd so eenvoudig is nie – nes die lewe self."
Vuil wasgoed: ’n filmresensie
2017-11-30"Dis einde van die jaar en almal is moeg en gatvol – gaan kyk hierdie fliek om jou op te kikker!"
The big sick: ’n filmresensie
2017-11-02"Dis selde dat ’n mens so ’n vars en oorspronklike film teëkom soos hierdie een, gegrond op die ware verhaal van ’n Pakistani-komediant en sy Amerikaanse vrou."
An inconvenient sequel: truth to power: ’n filmresensie
2017-10-16"Hewige orkane en ekstreme vloede, vernietigende brande, droogtes en kosskaarste, die Noordpoolys wat teen ’n verbysterende pas smelt, stygende seevlakke – letterlik elke dag sal ’n mens nuusberigte daaroor sien."
Filmresensie: Viceroy’s House
2017-09-05"Te midde van die plaaslike gestoei met ons koloniale verlede (Krotoa en dies meer) was ek eerlikwaar nie lus om my ook nog met die Britte se koloniale geskiedenis te bemoei nie. Viceroy’s House was egter ’n besonder aangename verrassing."
Filmresensie: Nina
2017-09-05"Simone het agt jaar voor haar dood daarin geslaag om ’n musikale terugkeer te maak, en dis daardie greep uit haar lewe wat die onderwerp van hierdie film is."