Suzette Myburgh

Suzette Myburgh het ’n BA-graad met lof aan die Universiteit Stellenbosch behaal, gevolg deur ’n honneursgraad in joernalistiek in 1989. Ná nege jaar by Tafelberg Uitgewers begin werk sy vryskut in die uitgewersbedryf, hoofsaaklik as fiksieredakteur. Haar ander projekte sluit in filmresensies vir LitNet en kykNET, sowel as radio-onderhoude vir die program Skrywers en boeke. Sy gee ook opleiding vir fiksieredakteurs. As medesamesteller werk sy aan die Nuwe Stories-bundels, Nuwe kinderverseboek saam met Riana Scheepers, en nog twee rympiebundels. Sy is die sameroeper van die keurpaneel vir die US Woordfeesbundels, ’n projek wat tans in sy sewende jaar is. Sedert 2019 is sy die Afrikaanse mentor in die Jakes Gerwel Stigting se ontwikkelingsprogram vir opkomende skrywers.

Filmresensie: Goldblatt

Suzette Myburgh Film 2019-08-27

Ná Goldblatt se dood in Junie verlede jaar is dit as gepaste huldeblyk by die afgelope Silwerskermfees in Kaapstad vertoon. "Net so uitsonderlik as wat Goldblatt se werk is, is hierdie dokumentêr waaraan die filmmakers ses jaar lank gewerk het."

Filmresensie: Richard says goodbye (The Professor)

Suzette Myburgh Film 2019-08-07

"Anders as wat ’n mens sou dink, is hierdie fliek oor die dood nie ’n hartverskeurende tranetrekker nie. Die eintlike plesier lê in die skerp – en dikwels polities-inkorrekte – dialoog."

Yesterday: ’n filmresensie

Suzette Myburgh Film 2019-07-18

"Die Britte het van die beste musiek van die twintigste eeu opgelewer, daarvan getuig die films Bohemian Rhapsody (Queen) en Rocketman (Elton John). En dan was daar natuurlik die Beatles – in hierdie era van musiekfilms sou dit ondenkbaar wees om hulle uit te laat. Yesterday sorg vir ’n besonder oorspronklike huldeblyk aan dié supergroep."  

Filmresensie: Kings of Mulberry Street

Suzette Myburgh Film 2019-07-09

"Kings of Mulberry Street is kleurryk en oordadig soos net ’n film kan wees wat sy inspirasie uit Bollywood neem."

Rocketman: ’n resensie

Suzette Myburgh Film 2019-06-11

"Die interessanter aspek van Rocketman is egter die draaiboek, waarvolgens verskillende gebeure in John se lewe telkens musikaal uitgebeeld word."

Long shot: ’n resensie

Suzette Myburgh Film 2019-06-05

"Hierdie fliek is so woke as kan kom. Dit tiek elke blokkie van wat nóú belangrik is: die omgewingskrisis, vroue in magsposisies, die korrupsie van geldmagnate, rassisme en selfs ’n bietjie godsdiensvooroordeel."

Gloria Bell: ’n resensie

Suzette Myburgh Film 2019-05-23

"Gloria het haar werk en haar beste vriendin, maar sy is uiteraard soms eensaam. Sy is lief vir dans en gaan gereeld na ’n klub vir ouer mense, waar sy een aand ’n aantreklike vreemdeling ontmoet."

Filmresensie: Extremely Wicked, Shockingly Evil and Vile

Suzette Myburgh Film 2019-05-06

"Hierdie is nié ’n riller met afskuwelike tonele van seksuele aanranding, verkragting en moord nie. Dis eerder ’n hofdrama en ’n ondersoek na Kendall se skuldgevoelens oor haar verbintenis met (Ted) Bundy."

Filmresensie: The bookshop

Suzette Myburgh Film 2019-04-25

"Die sterk punte van die film is die besonderse landskappe en die goeie toneelspel van veral Mortimer, Nighy en Clarkson."

Filmresensie: Hotel Mumbai

Suzette Myburgh Film 2019-04-02

"Hotel Mumbai is ’n uiters relevante film, aangesien ekstremistiese terreur vandag omtrent enigeen op enige tyd kan tref en dit die kyker insig in dié verskynsel gee."

Filmresensie: Vice

Suzette Myburgh Film 2019-03-25

"Daar is egter een baie goeie rede om hierdie film te gaan kyk: Christian Bale. Ek misgun Rami Malek nie sy Oscar vir beste akteur nie, maar as dit my keuse was, sou die goue beeldjie aan Bale gaan vir sy werklik uitstaande vertolking."

Filmresensie: The favourite

Suzette Myburgh Film 2019-02-14

"Hierdie fliek is satire en dis brutaal. Dis ook absoluut oorspronklik en eenvoudig briljant."

Filmresensie: On the basis of sex

Suzette Myburgh Film 2019-02-11

"’n Sterk punt van hierdie fliek is dat vroue nie eenvoudig téén mans opgestel word, met die een party wat voorgestel word as reg en die ander as verkeerd nie."

Wildlife, ’n filmresensie

Suzette Myburgh Film 2019-01-21

"Op die oog af is Jerry, Jeanette en Joe die perfekte gesinnetjie, maar reeds vanaf die openingstoneel broei spanning onder die oppervlak."

Roma, ’n filmresensie

Suzette Myburgh Film 2019-01-15

"Hierdie film kry volpunte vir atmosfeer en heelwat minder vir dramatiese impak – dis betekenisvol dat Cuarón net twee van sy drie benoemings vir die Golden Globes kon realiseer: dié vir beste regisseur en beste buitelandse film, maar nie vir beste draaiboek nie." 

Top