Suzette Myburgh

Suzette Myburgh het ’n BA-graad met lof aan die Universiteit Stellenbosch behaal, gevolg deur ’n honneursgraad in joernalistiek in 1989. Ná nege jaar by Tafelberg Uitgewers begin werk sy vryskut in die uitgewersbedryf, hoofsaaklik as fiksieredakteur. Haar ander projekte sluit in filmresensies vir LitNet en kykNET, sowel as radio-onderhoude vir die program Skrywers en boeke. Sy gee ook opleiding vir fiksieredakteurs. As medesamesteller werk sy aan die Nuwe Stories-bundels, Nuwe kinderverseboek saam met Riana Scheepers, en nog twee rympiebundels. Sy is die sameroeper van die keurpaneel vir die US Woordfeesbundels, ’n projek wat tans in sy sewende jaar is. Sedert 2019 is sy die Afrikaanse mentor in die Jakes Gerwel Stigting se ontwikkelingsprogram vir opkomende skrywers.

In memoriam: Winnie Rust (14 April 1939 – 11 Mei 2016)

Suzette Myburgh In memoriam 2016-05-12

"Haar plek in haar huis en haar dorp en in ons literêre wêreld is leeg, maar die herinneringe en haar boeke – dit bly."

Resensie: Modder en bloed

Suzette Myburgh Film 2016-04-28

"Die film se sukses berus op verskeie elemente, waarvan die belangrikste die puik draaiboek en uitnemende toneelspel is."

Filmresensie: Room

Suzette Myburgh Film 2016-03-24

"Brie Larson verdien haar Oscar vir beste aktrise deur en deur, maar net so goed kon Jacob Trembley dit gekry het vir beste akteur."

Filmresensie: Spotlight

Suzette Myburgh Film 2016-03-23

"Gaan kyk hierdie fliek – dit het nie verniet vanjaar die Oscar vir beste film ontvang nie."

Filmresensie: Happiness is a four-letter word

Suzette Myburgh Film 2016-03-09

"Die film is in alle opsigte so glad en afgerond soos enige oorsese produk in die ligte genre (amper sê ek eye candy-genre)."

Italië vir die randarm-reisiger

Suzette Myburgh Reis 2016-03-08

"Hou die oë oop vir konserte, museums of uitstallings met gratis toegang. Danksy Google het ek ’n puik stadstoer in Milaan beleef ..."

Filmresensie: The Revenant

Suzette Myburgh Film 2016-02-24

"As liefhebber van geskiedenis was dit vir my fassinerend om ’n indruk te kry van die Frontier-tydperk: die pelsjagters en “trappers”, hul interaksie met die Indiaanstamme, die forte en handelsposte."

Filmresensie: ’n Pawpaw vir my darling

Suzette Myburgh Film 2016-02-01

"’n Mens vra jou af hoe word ’n film gemaak van ’n storie wat vanuit ’n hond se gedagtes gerapporteer word, en regisseur Koos Roets verstom jou met hoe maklik hy dit laat lyk."

Filmresensie: Joy

Suzette Myburgh Film 2016-01-21

"Hoog aanbeveel vir almal wat hou van ’n eg menslike storie, en verpligtend vir elke jongeling met entrepreneuriese drome."

Flieks 2015: Suzette Kotzé-Myburgh se toptienlys

Suzette Myburgh Film 2015-12-15

"Ná ’n paar ligpunte vroeg in die jaar was hierdie fliekjaar so droog soos ons wye en droewe land in die greep van El Nino."

Filmresensie: Wolf Totem

Suzette Myburgh Film 2015-11-25

"Nie een van China se groot regisseurs het kans gesien vir ’n film met wolwe nie, maar die 72-jarige Jean-Jacques Annaud, veteraan van films met bere (The Bear) en tiere (Two Brothers), hét."

Filmresensie: Abraham, 'n film deur Jans Rautenbach

Suzette Myburgh Film 2015-11-05

"Op universele vlak resoneer Abraham se storie met elke kunstenaar wat nie verstaan word nie en wat uitgeskuif word; elkeen wat voortdurend gedryf word deur die drang om te skep; elkeen wat worstel met die onmag om deur hulle kuns uiting te gee aan hulle diepste wese."

Filmresensie: Necktie Youth hardebaard Suid-Afrikaans

Suzette Myburgh Film 2015-10-19

"Hierdie debuut laat jou regop sit en kennis neem van die 23-jarige Sibs Shongwe-La Mer. Kom ons noem dit Suid-Afrika se The Bling Ring."

Silwerskermfees 2015: Kortfilms

Suzette Myburgh Film 2015-09-08

"Met dié soort gehalte het die Silwerskermfees in vier kort jare volwassenheid bereik. Ek meen dis tyd dat die fliekpubliek ook die voorreg kry om tydens die fees die kortfilms in deelnemende teaters te sien."

Filmresensie: That Sugar Film

Suzette Myburgh Film 2015-09-08

"As daar nou een fliek is wat almal moet gaan kyk, is dit hierdie een."

Top