Persverklaring | Toyota US Woordfees TV-opwipkanaal | Toyota SU Woordfees TV pop-up channel

  • 0

Die Toyota US Woordfees TV-opwipkanaal se programbekendstelling is op 1 September gelyktydig op die Woordfees se Facebook-blad en die DStv YouTube-kanaal bekend gestel. Fees TV, soos dit op DStv bekend sal staan, is die eerste kunstefees wat op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai word en dit sal van 1 tot 7 Oktober 2021 op die lug wees.

Fees TV bring die verskeidenheid en vreugde van een van Suid-Afrika se grootste kunstefees na die kassie. Die programinhoud sluit ’n wye verskeidenheid van genres in wat top- plaaslike talent ten toon stel: teater, skrywers en boeke, dans, leefstyl, stand-up-komedie, kontemporêre en klassieke musiek, film, diskoers en visuele kuns. Die program het ’n sterk fokus op gehalteboeke, - teater, -musiek en -film in Afrikaans.  

Fees TV sal in Suid-Afrika van 1 tot 7 Oktober 2021, 24 uur ’n dag, op DStv-kanaal 150 beskikbaar wees aan alle Premium- en Compact Plus-intekenaars. In Namibië word dit op GOtv-kanaal 15 uitgesaai, waartoe alle GOtv Max-intekenaars toegang het. Die Fees TV-opwipkanaal sal ook op DStv Now beskikbaar wees en ’n seleksie van aanbiedings ook op DStv Catch Up.

“’n Groot verskeidenheid inhoud deur plaaslike vervaardigers is uitgesoek met die belangstellings en voorkeure van ons lojale feesgangers in gedagte. Die feesprogram sal dus aanklank vind by alle kultuurnuuskieriges en liefhebbers van die kunste, boeke, musiek, goeie kos en wyn. Mense uit verskeie omgewings en agtergronde sal kan saamkom rondom hul entoesiasme vir die kunste om skoonheid, skouspel, debat, stimulerende en uitdagende idees en ’n gevoel van gemeenskap te ervaar. Leefstylinhoud sal fokus op alles wat Stellenbosch en omgewing bied, aangesien dit die plek is waar die fees gewoonlik aangebied word,” sê die Toyota US Woordfees-direkteur, Saartjie Botha.

Hoogtepunte en ankerproduksies wat by die programbekendstelling uitgelig is, sluit die volgende in:

Skrywersfees

Die Woordfees het 21 jaar gelede as ’n deurnagpoësiefees begin, en boeke en skrywers is steeds die hart van die program. Skrywers, digters en denkleiers wat op Fees TV sal optree, sluit in Lien Botha, Andries Bezuidenhout, Nataniël, Nathan Trantraal, Joan Hambidge, Zandra Bezuidenhout, Bernard Odendaal, Ashwin Arendse, Veronique Jephtas, Dominique Botha, Jolyn Philips, Hilda Smits, Rudie van Rensburg, Erns Grundling, Ingrid Jones, Reuben Riffel, Max du Preez, Oscar van Heerden, Albert Grundlingh, Louise Viljoen en Willem Anker. 

Toneel

Ervaar ’n verskeidenheid van Suid-Afrika se mees gevierde talent op die verhoog – op jou skerm. Die Fees TV-teaterreeks sluit in: 

  • Die veelbekroonde Valsrivier (gegrond op Dominique Botha se pryswennerroman) met Anna-Mart van der Merwe, Tinarie Van Wyk Loots en Stian Bam, teaterregie deur Janice Honeyman en filmregie deur Christiaan Olwagen 
  • Die 2020 Fiësta-wenner vir Beste aanbieding, Die poet, wie’s hy?, ’n viering van Adam Small se digkuns, met Dean Balie, teaterregie deur Frieda van den Heever en filmregie deur Christiaan Olwagen  
  • Reza de Wet se Mis met Nicole Holm, Martelize Kolver, Jane de Wet en Laudo Liebenberg, teaterregie deur Wolf Britz en filmregie deur Jaco Bouwer
  • Adam Small se Krismis van Map Jacobs met June van Merch, Ilse Klink, Dann-Jacques Mouton en Elton Landrew, teaterregie deur Jason Jacobs en filmregie deur Jaco Bouwer
  • Ferine and Ferase met teaterlegendes Andrew Buckland en Sylvaine Strike, teaterregie deur Toni Morkel en filmregie deur Jaco Bouwer
  • Die satiriese speletjiesprogram Off the Record van die Standard Bank Jong Kunstenaar-wenner Jefferson “J Bobs” Tshabalala
  • Hannes van Wyk in die gewilde eenmanstuk  Sê groete vir ma
Klassieke musiek

Kykers kan kies uit ’n verskeidenheid konserte, insluitend: die wêreldbekende Universiteitskoor Stellenbosch; pianis Megan-Geoffrey Prins; Italiaanse opera-arias met bariton Theo Magongoma, sopraan Kimmy Skota en tenoor Arthur Swan; die Kaapstadse Barok-ensemble met Handel se Londen-operas; mezzo-sopraan Minette du Toit Pearce begelei deur Phillipus Hugo; pianiste Nina Schumann en Luis Magalhães; en Zorada Themmingh op die orrel van die Moederkerk in Stellenbosch.

Kontemporêre Musiek

Hoogtepunte in dié reeks sluit in:

  • ’n Viering van David Kramer se 70ste verjaardag met Emo Adams, Loukmaan Adams, Robin Auld, Schalk Joubert en vriende: Boland tot Broadway
  • Karen Zoid sing 20 van haar grootste treffers onder begeleiding van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes. 
  • Karoo Suite – ’n ode aan die skoonheid van die Groot-Karoo in woord, musiek en beeld deur Coenie de Villiers en Deon Meyer
  • Luna Paige, Ramon Alexander, Frazer Barry en ander vier die herkoms en verskeidenheid van Afrikaanse musiek in Smeltkroes.

Ook op die musiekspyskaart: Amanda Strydom, Spoegwolf, Die Heuwels Fantasties (met Francois van Coke, Tarryn Lamb en Jack Parow), jazz, kabaret, folk, swing en toonsettings van gedigte

Stand-up-komedie

Lag saam met 13 van die land se gewildste komediante: Marc Lottering, Schalk Bezuidenhout, Nik Rabinowitz, Shimmy Isaacs, Alan Committie, Bennie Fourie, Alfred Adriaan, Melt Sieberhagen, Kagiso Mokgadi, Joey Rasdien, Hannes Brümmer, Conrad Koch en Wayne McKay.

**

Die program-inhoud van Woordfees TV is hoofsaaklik in Afrikaans, maar daar is ook Engelse en meertalige werk op die program. Alle Afrikaanse programme met narratiewe inhoud, soos toneelstukke en diskoers, sal Engelse onderskrifte hê.

Belangstellende wat nie DStv-intekenaars is nie, kan slegs vir ’n maand inteken en die hele fees veilig in hul sitkamer geniet.

Die programbekendstellingsaanbieding van ongeveer 20 minute is steeds op die Toyota US Woordfees se Facebook-blad en DStv se YouTube-kanaal beskikbaar. 

https://www.facebook.com/woordfees

https://www.youtube.com/dstv

Die Toyota US Woordfees TV-opwipkanaal word van 1 to 7 Oktober op DStv-kanaal 150 in Suid-Afrika uitgesaai en op GOtv-kanaal 15 in Namibië. Hou woordfees.co.za en die Woordfees se sosialemediaplatforms dop vir nuwe inligting oor Fees TV.


The Toyota SU Woordfees TV pop-up channel was launched on 1 September with a simulcast on the Woordfees Facebook page and the DStv YouTube channel. Fees TV, as it will be known on DStv, is the first ever arts festival on South African television, and it will be on air from 1 to 7 October 2021.

Fees TV brings all the variety and vibrancy of one of South Africa’s biggest arts festivals, the Toyota SU Woordfees, to television. The programme content displays a broad range of genres: theatre, writers and books, dance, lifestyle, stand-up comedy, contemporary and classical music, film, discourse, and visual arts. The pop-up channel celebrates the arts and the diversity of talent and creativity of local artists, with a strong focus on quality-Afrikaans books, theatre, music, and film.  

Fees TV will be available in South Africa on DStv Channel 150 from 1 to 7 October 2021, 24 hours a day, to all DStv Premium and Compact Plus subscribers. In Namibia, it will air on GOtv channel 15, with access for all GOtv Max subscribers. The Fees TV pop-up channel will also be available on DStv Now, and a selection of content on DStv Catch Up.

“A large variety of content by local producers has been curated to reflect the interests of our loyal festivalgoers. The programme will appeal to the culturally curious and all lovers of the arts, books, music, good food and wine. People from different walks of life, backgrounds and languages will be able to come together around their love of the arts to experience beauty, spectacle, debate, provocative ideas, and community. Lifestyle-orientated content will focus on scenic Stellenbosch and surrounds where the festival usually takes place,” says Toyota SU Woordfees festival director, Saartjie Botha.

Highlights and anchor productions featured in the programme launch presentation include the following:

Writers’ festival

The Woordfees started 21 years ago as an all-night poetry festival, and books and writers are still at the heart of the festival programme. Writers, poets and thought leaders on the Fees TV channel include Lien Botha, Andries Bezuidenhout, Nataniël, Nathan Trantraal, Joan Hambidge, Zandra Bezuidenhout, Bernard Odendaal, Ashwin Arendse, Veronique Jephtas, Dominique Botha, Jolyn Philips, Hilda Smits, Rudie van Rensburg, Erns Grundling, Ingrid Jones, Reuben Riffel, Max du Preez, Oscar van Heerden, Albert Grundlingh, Louise Viljoen and Willem Anker. 

Theatre

See a variety of South Africa’s most celebrated talent on stage – on your screen. The theatre series includes: 

  • The multi-award winning Valsrivier (based on Dominique Botha’s acclaimed novel) with Anna-Mart van der Merwe, Tinarie Van Wyk Loots and Stian Bam, theatre direction by Janice Honeyman, and film direction by Christiaan Olwagen 
  • The 2020 Fiësta Award winner for Best Production: Die poet, wie’s hy?, a celebration of poet Adam Small’s work, starring Dean Balie with theatre direction by Frieda van den Heever, and film direction by Christiaan Olwagen  
  • Reza de Wet’s classic play Mis with Nicole Holm, Martelize Kolver, Jane de Wet and Laudo Liebenberg, theatre direction by Wolf Britz, and film direction by Jaco Bouwer
  • Adam Small’s celebrated Krismis van Map Jacobs with June van Merch, Ilse Klink, Dann-Jacques Mouton and Elton Landrew, theatre direction by Jason Jacobs, and film direction by Jaco Bouwer
  • Ferine and Ferase with theatre legends Andrew Buckland and Sylvaine Strike, theatre direction by Toni Morkel, and film direction by Jaco Bouwer
  • Satirical game show Off the Record with Standard Bank Young Artist winner Jefferson “J Bobs” Tshabalala and guests 
  • Hannes van Wyk in the popular one-man show Sê groete vir ma
Classical Music

Viewers are spoiled for choice with a variety of concerts including the world-renowned Stellenbosch University Choir; pianist Megan-Geoffrey Prins; Italian opera arias with baritone Theo Magongoma, soprano Kimmy Skota, and tenor Arthur Swan; Cape Town Baroque Ensemble with Handel’s London operas; mezzo-soprano Minette du Toit Pearce accompanied by Phillipus Hugo; pianists Nina Schumann and Luis Magalhães; and Zorada Themmingh on the organ of the Moederkerk in Stellenbosch.

Contemporary Music

Highlights of the contemporary music series include:

  • A celebration of David Kramer’s 70th birthday with Emo Adams, Loukmaan Adams, Robin Auld, Schalk Joubert and friends in the tribute: Boland to Broadway
  • Karen Zoid performing 20 of her greatest hits with the Cape Town Philharmonic Orchestra 
  • Karoo Suite – an ode to the beauty of the Great Karoo in word, music, and spectacular images with Coenie de Villiers and Deon Meyer
  • Luna Paige, Ramon Alexander, and Frazer Barry exploring the origins and showcasing the variety of Afrikaans music in Smeltkroes.

Also on the music menu: Amanda Strydom, Spoegwolf, Die Heuwels Fantasties (with Francois van Coke, Tarryn Lamb and Jack Parow), jazz, cabaret, folk, swing, and poems set to music.

Stand-up Comedy

Enjoy the sharp wit of 13 of the country’s most popular stand-up comedians: Marc Lottering, Schalk Bezuidenhout, Nik Rabinowitz, Shimmy Isaacs, Alan Committie, Bennie Fourie, Alfred Adriaan, Melt Sieberhagen, Kagiso Mokgadi, Joey Rasdien, Hannes Brümmer, Conrad Koch and Wayne McKay.

**

Woordfees TV will broadcast predominantly in Afrikaans but will also include English and multi-lingual works. All Afrikaans narrative works produced by the Woordfees festival, such as plays and discussion, will have English subtitles.

Non-subscribers can buy one of several one-month subscription packages for the month of October and enjoy the Toyota SU Woordfees on TV and DStv Catch Up in the safety of their homes.

 

The launch broadcast of around 20 minutes is still available to be viewed on the Toyota SU Woordfees Facebook page and the DStv YouTube channel. 

https://www.facebook.com/woordfees

https://www.youtube.com/dstv

Toyota SU Woordfees TV pop-up is aired from 1 to 7 October on DStv channel 150 in South Africa and on GOtv channel 15 in Namibia. Watch woordfees.co.za and the Woordfees social media platforms for new highlights and information on Fees TV.

Lees ook:

Woordfees-TV 2021: ’n Onderhoud met Saartjie Botha

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top