Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
Persverklaring: Aktuele sake onder bespreking by Suidoosterfees
2021-03-18Die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gesprekke word vanjaar van 27 April tot 1 Mei in die Kunstekaap aangebied. Hier is meer inligting oor vanjaar se gesprekke.
Press release: Interim director of the Vrystaat Kunstefees
2021-03-18"It is with great pleasure that I introduce to you the new interim Director of the Vrystaat Kunstefees, Corneli van den Berg."
Creating the worlds we want: The Vrystaat Kunstefees and cultural self-agency in global networks
2021-03-17"Despite what the COVID-19 lockdown threw our way, at the Vrystaat Arts Festival we are incredibly proud of what we were able to achieve in such uncertain times."
Marthinus Basson gereed om regisseurs se hande weer vuil te kry
2021-03-17"Ons droom maar almal van op die vloer wees met ’n teks en spelers, en hierdie projek is ter voorbereiding van daardie dag wat ons weer iets kan doen, saam, vir ’n gehoor."
Persverklaring: Solidariteit met die sitstaking van kunstenaars in die NAC-kantore
2021-03-16Mngoma en die kunstenaars eis antwoorde op dringende vrae oor befondsingsongerymdhede rondom die presidensiële stimulusprogram vir werkskepping (PESP), wat veronderstel was om finansiële uitkoms aan die Covid-geteisterde kunstesektor te bied.
Persverklaring: KKNK | NATi Studio sit jou in die regisseurstoel
2021-03-12’n Regiekursus vir aspirant- en ervare regisseurs is die nuutste projek wat die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) van stapel stuur.
Persverklaring: Gratis filmkursus vir jong Oudtshoorniete
2021-03-08Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) bied binnekort ’n gratis inleidingskursus in film en digitale media op Oudtshoorn aan.
Persverklaring: Aanlyn dramakompetisie vir jong akteurs
2021-03-05Is jy ’n leerder met ’n droom om eendag die verhoog jou loopbaan te maak? Skryf dan in vir die unieke aanlyn dramakompetisie, en speel jou hart uit teen ander leerders wat jou liefde vir die kunste deel.
Persverklaring: Nuwe digbundel in vennootskap met KKNK
2021-02-22Nou soek die samestellers na nuwe stemme – bydraes van digters wat tot dusver nog nie gepubliseer is nie, en as digter wil debuteer.
Persvrystelling: Teatermakers en dansers neem STANDpunt in | Press release: Theatremakers and dancers Take-a-STAND
2021-02-08Persvrystelling: ’n Huldeblyk aan ons First Lady of Song
2021-02-08Die Suidoosterfees en kykNET beplan ’n produksie om Sibongile Khumalo se bydrae tot die kunste te eer. Verskeie feeskunstenaars sal daaraan deelneem, asook kore wat by die fees se kompetisie gebaat het. Feesgangers kan die media en die Suidoosterfees se sosialemedia-platforms dopdou vir meer inligting oor die produksie.
Persvrystelling: Die Woordfees Kunstenaarsweek wil nuwe hoop en nuwe werk skep
2021-02-03In die eerste Woordfees Kunstenaarsweek sal kunstenaars die geleentheid kry om hul vaardighede, idees en konsepte te slyp en te verfyn onder leiding van vooraanstaande fasiliteerders, waaronder die teatermakers Andrew Buckland en Sylvaine Strike, die danser-choreograaf Gregory Maqoma en die digter en verhoogkunstenaar Jolyn Phillips.
Persvrystelling: KKNK 2021 vir eers uitgestel as gevolg van pandemie
2020-12-18Die bestuur en direksie van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) het na deeglike besinning en met inagneming van die onsekerheid rondom die Covid-19-pandemie besluit om die fees wat vanaf 31 Maart tot 6 April sou plaasvind, vir eers uit te stel.
Mediaverklaring: Klein Karoo Klassique span saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes vir ’n eksklusiewe aanlyn Adventskonsert
2020-12-15Die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes (SANJO) se jaarlikse Adventskonsert word vanjaar aanlyn gehou – en vir die eerste keer aangebied in vennootskap met Klein Karoo Klassique en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).
Persvrystelling: Meyer en De Villiers se Karoo Suites by Kaapse inryteater uitgestel tot vroeg-2021
2020-12-04Deon Meyer en Coenie de Villiers se gewilde Karoo Suite-tweeluik, wat op 10, 12 en 13 Desember 2020 by Atlantic Studios se inryteater aangebied sou word, word aangeskuif na 2021. Dié besluit is genoodsaak deur die skerp toename in COVID-19-infeksies waarmee die Wes-Kaap tans worstel.
Tuin van Digters 2020, ’n fotoberig
2020-12-03"Die jaarlikse Tuin van Digters, wat gewoonlik so na as moontlik aan die verjaarsdag van Breyten Breytenbach val, is vanjaar weens COVID-19-regulasies uitgeskuif na 27, 28 en 29 November. Die tema van 2020 was ‘grendels, slotte, sleutels’. NP Van Wyk Louw het in sy eerste reël van Tristia, XIVb geskryf: ‘Slotreëls is altyd sleutels meer as slotte.’"
Persvrystelling: Hierdie skrywers het die US Woordfeeskortverhaalbundel 2021 gehaal
2020-12-02Vier-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfeeskortverhaalbundel, wat by die Toyota US Woordfees 2021 vanaf 17 tot 24 September te koop sal wees.
Suidoosterfees-aanbiedinge vir 3–6 Desember uitgestel tot 2021
2020-12-01In die lig van die situasie rakende die COVID-19-pandemie wat tans in die Wes-Kaap heers, word alle Suidoosterfees-aanbiedinge wat van 3 tot 6 Desember 2020 aangebied sou word, uitgestel tot 2021. Feesgangers kan direk met Computicket skakel vir terugbetaling van kaartjies.
Persvrystelling: Dié NATi Jong Sterre moet jy beslis dophou
2020-11-27“Die waarde van jong kunstenaars wat saam met gevestigde kunstenaars werk, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Vir ons by Suidooster is dit belangrik om by ontwikkelingsprojekte betrokke te wees, en dit is ’n riem onder die hart dat die Jong Sterre by Atlantic Studios, waar die sepie verfilm word, kon plaasvind.”
Persvrystelling: Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suites by Kaapse inryteater
2020-11-27"Deon Meyer en Coenie de Villiers beywer hulle lank reeds vir die ontwikkeling van jongmense met potensiaal. Hulle eerste produksie kon – in samewerking met die Atterbury Trust – bykans ’n miljoen rand skenk aan leerders in die Karoo. Die opbrengs van hierdie kaartjieverkope sal aangewend word om die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting se liriekskryf-mentorskapprogram uit te brei."
