Die KKNK pronk op die silwerdoek

  • 0

’n Boer maak ’n plan en ’n kunstefees maak films – onder andere.

Hugo Theart op die silwerdoek

Die KKNK het op 25 Mei 2021 hulle planne vir die res van die jaar in ’n persverklaring uitgespel, maar ’n aantal genooide gaste kon dit uit die perd se bek, of dan artistieke direkteur se mond, oftewel sy avatar op die skerm, eerste hoor.

John Tshabalala van Absa

Helaas. Hugo Theart het nie ’n toespraak gemaak nie. Ook nie die borge nie. Hulle het als op kamera gesit en die gaste kon als op die silwerskerm sien.

Die geleentheid is in die Labia, een van Suid-Afrika se min onafhanklike rolprentteaters, gevier.

’n Nabyskoot

Nadat Theart en die borge hulle planne uitgelê het, is die klassieke toneelstuk Die naaimasjien, geskryf deur Rachelle Greeff en gespeel deur Sandra Prinsloo, ook op die skerm vertoon.

By die Bernina

Die filmweergawe, vervaardig deur Carien Loubser, is op ’n verhoog geskiet, wat gemaak het dat die toneelmatigheid nooit verdwyn nie. Hennie van Greunen, wat die regie en ontwerp vir die toneelstuk gedoen het, se hand is steeds te sien. Tog maak die wisselwerking van kamerahoeke, nabyskote en wyehoeklense die ervaring heel nuut en anders as om dit in die teater te sien.

Enigeen kan dit nou sien. Kaartjies is te koop by Quicket. Dit is oor en oor die moeite werd.

Meer sulke ervarings volg – lees gerus die volle persverklaring.

Rachelle Greeff, Hugo Theart, Carien Loubser, Sandra Prinsloo en Hennie van Greunen

Ná die vertoning het Theart blomme aan Carien Loubser, Rachelle Greeff, Sandra Prinsloo en Hennie van Greunen oorhandig.

Dit het reg voor die (nou donker) skerm plaasgevind. In die skemer teater was daar luide applous.

Streng COVID-19-protokolle het in die teater gegeld. Ná die tyd is happies in die buitelug bedien, individueel verpak, volgens die regering se voorskrifte.

Du Toitskloof het van hulle heerlike wyn aan die gaste beskikbaar gestel.

Bev Maritz (links) het Die naaimasjien oorspronklik vervaardig vir Joho! Produksies. Hier is sy saam met Dirk Nagtegaal, die eienaar van Joho! Produksies. Hy het ook die Nagtegaal-prys uitgeloof om sy vrou, Reinet, te gedenk.

Dirk Nagtegaal het die geleentheid bygewoon. Rachelle Greeff het destyds die Nagtegaal-prys verower met die oorspronklike manuskrip van Die naaimasjien.

Hennie van Greunen, Sandra Prinsloo, Rachelle Greeff, Bev Maritz, Dirk Nagtegaal, Pedro Kruger, Hugo Theart

Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK, Anna Davel en Lizané Basson, algemene bestuurder van die KKNK

Lees ook:

Persverklaring: KKNK 2021 – ’n fees van vermaak #ORALOOR

Press release: A once-off, live online reading of Neil Coppen’s work in development

Persverklaring: Oudtshoorn se reWOLusie kry nasionale voetspoor

Marthinus Basson gereed om regisseurs se hande weer vuil te kry

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top