Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
Persvrystelling: SA Kaasfees afgestel oor koronavirus
2020-03-16Die grootste buitelug kulinêre gebeurtenis in Afrika, die 2020 Suid-Afrikaanse Kaasfees, is afgestel weens die nasionale verbod op byeenkomste van meer as 100 mense.
Persvrystelling: KKNK 2020 gaan nie voort soos beplan
2020-03-16In die lig van toenemende kommer oor die Covid-19-pandemie (ook bekend as die Korona-virus) het die bestuur en direksie van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees besluit dat dié fees op Oudtshoorn nie soos beplan van 23 tot 29 Maart 2020 sal voortgaan nie.
Toyota US Woordfees 2020: INK gratis beskikbaar – Uitgawe ses
2020-03-14’n Elektroniese weergawe van INK, die Toyota US Woordfees se feeskoerant, is elke dag ná 13:00 op LitNet beskikbaar. Lees die sesde uitgawe hier!
Toyota US Woordfees 2020: INK gratis beskikbaar – Uitgawe vyf
2020-03-13’n Elektroniese weergawe van INK, die Toyota US Woordfees se feeskoerant, is elke dag ná 13:00 op LitNet beskikbaar. Lees die vyfde uitgawe hier!
Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Tien duisend ton
2020-03-13"Tien duisend ton is ’n onvergeetlike produksie wat enigiemand se hart sal aangryp."
Toyota US Woordfees 2020: Nog feesfoto's
2020-03-13Liné Loff deel foto's van Kleinboer, ’n gesprek met Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal, ’n vermaaklike bekendstelling van Heinz Mödler se En daar was dagga en skrywers wat gesels oor die impak van oorlog op vroue.
Toyota US Woordfees 2020: Giving voice to victims
2020-03-13Kom luister vanmiddag na hierdie Woordfees-gesprek – waar skrywers stemme gee aan slagoffers van alle vorme van geweld.
Toyota US Woordfees 2020: INK gratis beskikbaar – Uitgawe vier
2020-03-12’n Elektroniese weergawe van INK, die Toyota US Woordfees se feeskoerant, is elke dag ná 13:00 op LitNet beskikbaar. Lees die vierde uitgawe hier!
Toyota US Woordfees 2020: Johan Kotzé se foto’s
2020-03-12Die Toyota US Woordfees is in volle gang. Johan Kotzé is daar met sy kamera en deel sommige van sy foto’s met LitNet se lesers.
Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Die dinge van ’n kind
2020-03-12"Schutte, onder die bedrewe regisseurshand van Nicole Holm, is eenvoudig briljant. Toegegee, sy is gewapen met ’n wonderlike teks ..."
Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Rustenberg-plaas: die skeppingsdrang en die druif
2020-03-12"Hierdie middag by Rustenberg voel soos ’n mini-vakansie en jy stap met totale genoegdoening daar weg."
Video: Yusuf Daniels – "Die Coloured laaitie van die Flats"-gesprek by Toyota US Woordfees
2020-03-12Op Dinsdag 10 Maart 2020 was Yusuf Daniels, skrywer van Living coloured (because black and white were already taken), in gesprek met Schalk Bezuidenhout tydens die Toyota US Woordfees in Stellenbosch.
Woordfees 2020: Willie Esterhuyse en Moeletsi Mbeki praat oor oorlog en vrede
2020-03-11"Esterhuyse se jongste boek beskryf ’n lang reis wat in verre tye en ou beskawings begin het en oor ’n periode van meer as 5 000 jaar strek."
Toyota US Woordfees 2020: Huppelkind-indrukke
2020-03-11"Die Huppelkind-produksie mag dalk ’n poppekasvertoning wees, maar dit is asemrowend, indrukwekkend en in baie goeie smaak gedoen."
Toyota US Woordfees 2020: INK gratis beskikbaar – Uitgawe drie
2020-03-11’n Elektroniese weergawe van INK, die Toyota US Woordfees se feeskoerant, is elke dag ná 13:00 op LitNet beskikbaar. Lees die derde uitgawe hier!
Toyota US Woordfees 2020: Valsrivier se teaterkind is ’n hartseer drenkeling
2020-03-11"’n Goue draad in die roman is Paul en Dominique se verhouding; ook Paul uit Dominique so oogpunt. Hierdie draad word egter in die teaterweergawe weggelaat en uiteindelik versnipper."
Persvrystelling: Ervaar eie Klein Karoo soos nog nooit vantevore by KKNK 2020
2020-03-11Karen Zoid en Charl du Plessis in die Kangogrotte. Produkte en lekkernye uit die Klein Karoo. Leer van Oudtshoorn se ryk geskiedenis. Die 26ste KKNK bied opnuut unieke geleenthede om die Klein Karoo ten volle te ervaar wanneer dié fees van 23 tot 29 Maart op Oudtshoorn aangebied word.
Persverklaring: Gesprekke vir ieder en elk by KKNK 2020
2020-03-11Vanjaar se KKNK bied ’n geleentheid vir ieder en elk om saam te gesels, met agt diverse en aangrypende gespreksreekse wat by die fees aangebied word.
Toyota US Woordfees 2020: Foto's van koeke, terte, jong digters, gesoute skrywers en Skype
2020-03-11Liné Loff deel haar foto's van ’n Skype-onderhoud met Amerikaanse skrywer Jodi Picoult, Susan Coetzer se bekendstelling van Koeke en terte, ’n boekgesprek oor wat vroue wil hê en gedig- en vonkfiksievoorlesings van Penseel-digters en -alumni.
Resensie: From Broadway to Bird Street
2020-03-11"Hierdie stuk was perfek vir enigeen wat teater geniet, en liefhebbers van musiekspele is in oormaat bederf."
