Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Santie van der Merwe
2020-01-28"My skryftyd is gewoonlik soggens, maar op ’n Vrydag het ek laatmiddag in die tuin gewerskaf (tuinwerk is vir my ’n ongewone aktiwiteit) en die verhaal was net daar, so tussen die dooie roosblare."
Skrywersonderhoud: Nataniël oor kunstenaarskap en Kyk na my
2020-01-27"Genoeg mense skryf die blote realiteit, maar my geheue is visueel, ek vergeet nooit die detail van iets wat my geroer het nie."
Opkomende liriekskrywers gesoek vir mentorskap-program | Emerging songwriters wanted for mentorship programme
2020-01-27Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees bied vanjaar vir die eerste keer ’n mentorskap-program aan vir opkomende liriekskrywers en sangers wat oorspronklike liedjies in Afrikaans, Engels of isiXhosa skep. | In 2020 the Jakes Gerwel Foundation and the Suidoosterfees introduce a mentorship programme for emerging songwriters and singers who create original songs in Afrikaans, English and isiXhosa.
Sleutels tot ’n suksesvolle, volhoubare fees
2020-01-22Die navorser Engelina du Plessis deel waardevolle insigte oor wat feeste in Suid-Afrika suksesvol maak.
Resensie: The Stellenbosch Mafia – Inside the Billionaires’ Club deur Pieter du Toit
2020-01-21"Ten slotte is Stellenbosch Mafia 'n lekker stukkie navorsing wat blitskennis en insig gee oor Suid-Afrika se rykste Afrikaners. Du Toit kan op die skouer geklop word dat hy probeer het om netelige Boeremafia-aantygings in hierdie era van dezinformatsiya uit te klaar. Het hy geslaag?"
Resensie: Tronkhond deur China Mouton
2020-01-21"Die dienshonde word karakters in eie reg: heroïese en gevalle helde, wat inderwaarheid ook lede van die Mag was, maar nooit die erkenning wat hulle verdien het gekry het nie."
Fotogalery: KKNK 2020-programbekendstelling
2020-01-17Laat dit juig! Op Donderdagaand 16 Januarie 2020 is die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees-program tydens ’n glansgeleentheid by Zeitz MOCAA in Kaapstad bekendgestel.
Resensie: For the love of the land, saamgestel deur Ivor Price en Kobus Louwrens
2020-01-15"Wanneer ’n mens omsingel voel deur die felle nasionale debat oor grondonteiening sonder vergoeding, bring innige kreatiewe samestellings soos Price en Louwrens se bundel niefiksie ’n behaaglike oomblik van ontspanning."
Resensie: Kammaland deur Annelie Botes
2020-01-14"Kammaland is ’n boek wat jy nie lig gaan vergeet nie, want Annelie Botes weet hoe om emosies en ervarings te verwoord wat die gewone mens nie eens in sy privaatste gedagtes kan omskryf nie."
Skrywersonderhoud: Bun Booyens oor 50 jaar met Fred
2020-01-07"Die beste prente bly dié wat so ondubbelsinnig is dat geen woorde nodig is nie."
Fotogalery: Suidoosterfees 2020-programbekendstelling
2019-12-13Die Suidoosterfees 2020 se program is op 9 Desember by ’n glansgeleentheid by Nasdak (Media24) in Kaapstad bekendgestel.
Die fees wat waai(b)! Die 2020-Suidoosterfeesprogram beloof ’n fees-ervaring uit die boonste rakke
2019-12-10Die 17de Suidoosterfees word van 27 April tot 3 Mei 2020 in Kaapstad aangebied. Feesgangers kan hul vere regskud vir ’n verskeidenheid uitstekende musiek- en toneelproduksies, skaterlagkomedies, interessante gesprekke en aktiwiteite. Daar is iets vir almal se smaak en met Suid-Afrika se voorste kunstenaars op die feesverhoog, het Kapenaars beslis rede om windmaker te voel.
Rielraakvatters gaan by #Onsefees dans dat die stof staan
2019-12-02Lees hier oor die ATKV-Rieldansfinaal wat van 6 tot 8 Desember by die Taalmonument in die Paarl plaasvind.
Fiëstas: 'n dekade word in 2020 gevier
2019-12-02Hier is die benoemings vir die 10de kykNET Fiësta-toekennings!
Toyota US Woordfees 2020: Video en foto's van die bekendstellingsfunksie
2019-11-21Die Toyota US Woordfees se 2020-program is 18 November op Rust en Vrede-wynlandgoed bekendgestel.
Toyota US Woordfees 2019: Onderhoud met Remona Voges oor Penseel & Kie
2019-11-21"Die sukses van 'n gedig hang (soos enigiets anders!) uiteindelik af van die eindelose vermoë om moeite daarmee te doen."
Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel 2020: ’n Onderhoud met Naomi Meyer
2019-11-21"Inspirasie is ’n vonk én dis ’n stadige vuur ook."
Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel 2020: ’n Onderhoud met Cliffordene Norton
2019-11-21"Hierdie jaar het ek die storie geskryf, gestuur, daarvan vergeet, en toe bam!"
Toyota US Woordfees 2020: Taalgesprekke
2019-11-21Hier is items op volgende jaar se US Woordfeesprogram (Stellenbosch, 6–15 Maart 2020) oor Kaaps, Afrikaans in Argentinië, ’n bykans uitgestorwe Khoekhoetaal en die Afrikaans van die Kaapse Moslems.
Toyota US Woordfees 2020: Nederlandse en Vlaamse komponent
2019-11-21Toyota US Woordfees 2020 het die grootste Nederlandse aanbod nóg by die Woordfees, met die grootste verskeidenheid van genres ‒ van populêre tot ernstige letterkunde, fiksie tot niefiksie tot poësie!
