Persverklaring: Aansoeke vir Jakes Gerwel Stigting se skrywershuis oop

  • 0

Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees onderskraag graag jong dramaturge en moedig hulle aan om juis nou, te midde van onsekere tye, uiting aan hul skeppingsdrang te gee. ’n Uitsonderlike geleentheid word aan belowende dramaturge gebied om onder professionele mentorskap aan hul tekste te skaaf.

Vir die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting is die ontwikkeling en bevordering van ontluikende talent ’n saak van erns, daarom word gefokus op dramaturge wat aan die begin van hulle loopbane staan en nog nuut in die bedryf is.

Abduragman Adams tree vanjaar as mentor van hierdie ontwikkelingsprojek op. Adams is veral bekend as TV- en rolprentakteur, onder meer in die kykNET-sepie Suidooster. Hy is ook by verskeie projekte as regisseur en dramaturg betrokke, en hy doseer drama.

Belangstellendes word versoek om teen 26 Junie 2020 nuutgeskrewe dramatekste, of ’n uittreksel daaruit, tesame met ’n kort CV, te stuur aan [email protected]

Bestaande werk wat reeds opgevoer is, sal nie oorweeg word nie.

Suksesvolle kandidate kry die geleentheid om in September vir drie weke in Paulet Huis, die Jakes Gerwel Stigting se skrywershuis in Somerset-Oos, tuis te gaan om te skryf. Dié sjarmante, ouwêreldse woning met ruim kamers, elegante leefvertrekke en ’n lowergroen tuin, is die ideale omgewing om onverstoord te kan skryf. Reis- en verblyfkoste van suksesvolle kandidate, asook maaltye, sal deur die Stigting gedek word.

Hierdie projek bied mentorskap aan talentvolle individue wat andersins nie toegang daartoe sou gehad het nie, en bou voort op die passie en visie van wyle professor Jakes Gerwel. Die Jakes Gerwel Stigting is in die lewe geroep om die nalatenskap van Gerwel, wat uitgeblink het as opvoeder, bevryder, beskermheer van die kunste en kundige sakeman, deur projekte soos hierdie uit te bou. Voorts werk die Stigting en die Suidoosterfees as vennote saam om inklusiwiteit in die kunste te bevorder en die instrumentele rol wat Gerwel in die ontstaan van die fees gespeel het, te gedenk.

Professor Gerwel se geliefde Paulet Huis is na sy dood deur sy weduwee, Phoebé, aan die Stigting geskenk met die doel om dit as skrywershuis in te rig.

Na afloop van die mentorskapprogram sal die dramaturge se tekste vir opvoering tydens die volgende Suidoosterfees oorweeg word.

........

Young playwrights encouraged to create

The Jakes Gerwel Foundation and the Suidoosterfees support and encourage emerging playwrights to be creative, especially in the current climate of uncertainty. Promising young playwrights are offered an exceptional opportunity – participation in a mentorship programme that will see their plays polished and perfected under professional guidance.

The foundation and the festival are dedicated to developing and promoting young talent, therefore this initiative is aimed at playwrights on the threshold of their careers and new to the industry.

Photo: Pixabay.com

Abduragman Adams, television and film actor best known for his role in the kykNET soapie Suidooster, will act as mentor. Adams is also active as director, playwright and drama lecturer.

Young playwrights who would like to participate in this programme, are invited to submit a new play, or an excerpt, together with a CV, to Theo Kemp, executive director of the Jakes Gerwel Foundation, at [email protected] by 26 June 2020.

Existing work that has already been performed will not be considered.

In September successful candidates will enjoy a three-week writer’s residency at Paulet House in Somerset East, where the Jakes Gerwel Foundation is situated. The house with its old-world charm, spacious rooms, elegant living areas and lush garden, provides the ideal environment for uninterrupted writing. Travel and accommodation expenses of successful candidates, as well as meals, will be covered by the foundation.

Building on the late professor Gerwel’s passion and vision, this project offers mentorship to talented individuals who would not have had the opportunity otherwise. The foundation was founded with the purpose to honour the legacy of Jakes Gerwel, who excelled as an educator, liberator, patron of the arts and astute businessman. The foundation and the festival joined hands to promote inclusivity in the arts, and to commemorate the instrumental role Gerwel played in establishing the Suidoosterfees.

After Professor Gerwel’s death, his widow Phoebé donated his beloved Paulet House to the foundation, with the idea to turn it into a writers’ residence.

Texts of the participating playwrights will, after completion of the mentorship programme, be considered for stage production at next year’s Suidoosterfees.

Lees ook 

Jong dramaturge gesels oor Jakes Gerwel Skrywersresidensie IV

Skrywershuis se dak behoorlik natgemaak

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top