Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
Persvrystelling: Hierdie skrywers word in Toyota US Woordfees Kortverhaalbundel 2020 opgeneem
2019-11-19"Ses-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe bundel getiteld Aanhou beweeg en geraas maak, wat by die Toyota US Woordfees van 6–15 Maart 2020 te koop sal wees."
Toyota US Woordfees 2020: volledige program
2019-11-18Die Toyota US Woordfees se program vir 2020 is pas bekend gemaak. Laai dit hier af!
Persverklaring: Uittreksels van opwindende nuwe verhoogtekste by die vierde Teksmark
2019-11-06“Die Teksmark is nie 'n kompetisie nie, dit is 'n platform vir skrywers om hulle teksidees en tekste voor te lê aan belanghebbendes, deels vir terugvoer en hopelik vir verdere teksontwikkeling om uiteindelik kwaliteit tekste vir volwaardige produksies te bied,” sê die artistieke direkteur van Kunste Onbeperk, Hugo Theart.
Richmond BookBedonnerd 2019 – ’n dosyn feeste, ’n dosyn indrukke
2019-10-31"Dit is Donderdagmiddag en die reis begin. Boeke (en rugby) is op die spyskaart. En ek moet verslag doen oor die verrigtinge."
Persverklaring: Nuwe aanstellings by Kunste Onbeperk
2019-10-24Lizané Basson is aangestel as die nuwe algemene bestuurder en Jenna-Leigh Bilong as die nuwe bemarkings- en kommunikasiebestuurder van Kunste Onbeperk, die maatskappy wat onder meer die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) aanbied.
BookBedonnerd XII: ’n onderhoud met Darryl David
2019-10-23"Hierdie fees, Naomi, het 'hart' – dis sonder fieterjasies. Dis ’n fees waar skrywers hulle eie boeke smous. En dis ’n fees waar ’n mens unieke boeke sal ontdek."
Booktown Richmond, BookBedonnerd XII: full programme
2019-10-23BookBedonnerd XII takes place from 23 to 26 October 2019. Here is the full programme.
Persverklaring: Die land se beste spellers gaan kragte meet in die eindronde van die Sanlam WOW Spelfees
2019-10-17Meer as 375 leerders van 187 skole (Afrikaans en Engels, Eerste Addisionele Taal), dwarsoor Suid-Afrika, het gekwalifiseer vir die nasionale eindronde van die Sanlam WOW Spelfees 2019, wat op 19 Oktober by die Universiteit Stellenbosch plaasvind.
Persverklaring: leesaflos in skole
2019-10-17Die ATKV en WOW begin in November met ’n leesaflos saam met LAPA Uitgewers en ’n privaat borg.
Week van de Afrikaanse Roman 2019: video van paneelbespreking oor die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans
2019-10-10Die Week van de Afrikaanse Roman 2019 het van 20 tot 29 September 2019 plaasgevind. Kyk Philip du Plessis se video rondom ’n paneelbesprekings oor die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans.
Koningin Lear by Aardklop 2019: ’n grootse ervaring met ʼn wanklank
2019-10-04"Met bloed en sweet beitel hul aan hul kuns, tot die vermaak van slegs ’n handjievol. In ’n tyd waar daar ʼn ongeregverdigbare aanslag teen die taal en sy sprekers is, is dit veral teater wat die lewensaar van Afrikaans vorm."
Week van de Afrikaanse Roman, Antwerpen, 25 september 2019: baden in meertaligheid is de beste manier om te leren lezen
2019-10-04"De Week van de Afrikaanse Roman draait op volle toeren. Op 25 september kwam de karavaan van spraakmakende Zuid-Afrikaanse woordkunstenaars langs in het superdiverse Antwerpen."
Tuin van Digters 2019: Mercy Kannemeyer se indrukke
2019-10-04"Dit het my ’n rukkie gevat om hierdie rubriek te skryf. Ek wou bepeins oor dit wat ek deurgemaak het. En in my gedagteproses het ek ook besef dat die fees steeds oorwegend wit is. Hier kan ’n mens moontlik op ’n paar tone trap, want natuurlik het ek groot agting vir almal wat op hul manier tot die sukses van so ’n fees bydra. Die volgende vrae het wel in my kop gedwaal: waar is die bruin of swart akademici?"
Persvrystelling: Aardklop 2019 ‒ ’n Fees van rekords!
2019-10-04Ten spyte van uitdagings soos vreemde weerpatrone en ’n sukkelende ekonomie het die fees op vele vlakke rekordgetalle aangeteken.
Week van de Afrikaanse Roman 2019: video met Riana Scheepers en Karin Brynard
2019-10-01Die Week van de Afrikaanse Roman 2019 het van 20 tot 29 September 2019 plaasgevind. Philip du Plessis deel sy video's met LitNet. In hierdie video praat Riana Scheepers en Karin Brynard oor hul ervarings van die fees.
Aardklop 2019: Die drie groot K’s
2019-09-20"Die drie moet-sien K’s vanjaar by Aardklop is Katvoet, Kamphoer en Koningin Lear. Uit hierdie drie toneelstukke uit die boonste rakke en soveel ander topproduksies, is daar gewis iets wat ’n ieder en ’n elk se smaak sal geval. Behalwe dat gesoute spelers die toon aangee in al drie produksies en wys waarom hulle deel uitmaak van Suid-Afrika se beste akteurs en aktrises, word die produksies aangevoer deur van ons beste skrywers en regisseurs. Die produksies is gelaai met tonne emosie, soms seer, soms bitter komedie, maar deurspek met waarheid waarmee elke mens kan identifiseer."
Aardklop 2019: Die dinge van ’n kind deur Marita van der Vyver op die planke
2019-09-20"Die temas wat Marita van der Vyver aanraak, bly universeel en relevant in die huidige klimaat, hoewel die boek, die nuwe Suid-Afrika, die leser (van toe) en ook die karakters, reeds lankal mondig is. Daar is nie ’n beter titel vir die verloop in dié storie nie. Die boek en ook die verhoogstuk handel oor 'loss of innocence'. Nie net op seksuele gebied nie, maar op verskeie vlakke. Die oomblik wanneer jy bewus word dat daar vir jou gelieg is deur die staat, die kerk, jou ouers, jou vriende, jouself ..."
Tuin van Digters 2019 – video: Verse oor huis en taal
2019-09-19Frieda van den Heever gesels met Danie Marais, Dianna Ferrus, Jolyn Phillips en Daniel Hugo oor die temas "huis" en "taal" in hulle digwerk, asook die invloed van vertaling daarop.
Queenie-hulle by Aardklop 2019
2019-09-19"Queenie-hulle is ’n tragiese komedie. Die humor is skreeusnaaks en mense sal dit waardeer en geniet. Nietemin ontwikkel die kyker empatie en simpatie met die karakters."
Aardklop 2019: feesprogram
2019-09-19Aardklop Nasionale Kunstefees 2019 is om die draai! Laai die volledige feesprogram hier af.
