
’n Skildery by Upstage@Drostdy, ’n nuwe lokaal by die Drostdy Teater wat vanjaar een van die Woordfees se intieme venues vir gesprekke is
Jodi Picoult Skype met Deborah Steinmair en Sara-Jayne King
Amerikaanse skrywer Jodi Picoult se roman Plain truth is onlangs deur Daniel Hugo as Die belydenis in Afrikaans vertaal. Jodi Picoult het uit Aspen, Colorado op Skype met die onderhoudsvoerders gesels.

Deborah Steinmair en Sara-Jayne King

Deborah Steinmair en Sara-Jayne King, met Jodi Picoult op die grootskerm
Susan Coetzer: Koeke en terte
Die gehoor het bekende skrywer, aktrise en motiveringspreker Susan Coetzer se bekendstelling van haar jongste boek by die Drostdy Teater baie geniet, veral haar vergelykings van tipes vroue met die gebak wat jy in ’n tuisnywerheid sal kry.

Susan Coetzer

Konfytrol en sjokoladekoek was van die heerlike eetgoed wat op die verhoog uitgestal en later deur die gehoor geniet is.

Die gehoor

Susan Coetzer

Susan Coetzer met ’n gehoorlid se skoen; volgens haar ’n tipe skoen wat dikwels deur "koeke" gedra word
Wat vroue wil hê
Sielkundige Abraham le Roux het met skrywers Réney Warrington (Smit Motors) en Debbie Loots (Die boek van gelukkige eindes) gesels oor genderpolitiek, intieme verhoudings, vroue wat disfunksionele sisteme help in stand hou, onvanpaste opmerkings in kroeë, kamers vol geheime en vroulike seksualiteit.

Réney Warrington, Debbie Loots en Abraham le Roux

Abraham le Roux

Debbie Loots

Réney Warrington
Penseel & Kie
Mercy Kannemeyer het met ’n paneel jong digters en vonkfiksieskrywers gesels wie se werk voorheen in Penseel, die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands se studentebundel, gepubliseer is.

Bibi Slippers, Aletta Simpson, Ashwin Arendse, Mercy Kannemeyer, Remona Voges, Danie Marais, Chrystal Williams, Zian Blignaut, Franco Bassi en Frederik van Dyk

Remona Voges en Danie Marais

Mercy Kannemeyer

Bibi Slippers, Aletta Simpson, Ashwin Arendse en Mercy Kannemeyer

Chrystal Williams, Zian Blignaut, Franco Bassi en Frederik van Dyk

Danie Marais en Chrystal Williams


