Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
Innibos 2021-persverklaring: Oscar en die pienk tannie
2021-09-06Oskar en die pienk tannie is op Saterdag, 25 September, te sien tydens die i’langa Mall se Gaan Bos inniMall in samewerking met Innibos Kunstefees. Dit begin om 11:00 en kaartjies kos R100.
Persverklaring | Toyota US Woordfees TV-opwipkanaal | Toyota SU Woordfees TV pop-up channel
2021-09-01Fees TV, soos dit op DStv bekend sal staan, is die eerste kunstefees wat op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai word en dit sal van 1 tot 7 Oktober 2021 op die lug wees. | Fees TV, as it will be known on DStv, is the first ever arts festival on South African television, and it will be on air from 1 to 7 October 2021.
Persverklaring: Inskrywings nou oop vir sesde Teksmark
2021-09-01Alle skrywers, hetsy gevestig of opkomend, het nou ’n geleentheid om hul teks-idees vir die sesde Teksmark in te dien.
Persverklaring: Musikale reis wag op Oudtshoorn-gehore
2021-09-01Sopraan Lynelle Kenned keer terug na die Klein Karoo met Song Treasures saam met pianis Stefan Lombard, vir ’n intieme uitvoering.
Aardklop 2021-persverklaring: Opwipfees, 28 September – 3 Oktober
2021-09-01’n Mini-Aardklop, wat ’n verskeidenheid van drama, musiek, films, gesprekke, kursusse en visuele kuns insluit, word 28 September – 3 Oktober by verskillende plekke en teaters in Pretoria aangebied: Atterbury Teater, die Voortrekkermonument en Afrikaanse Hoër Seunskool.
Woordfees-TV 2021: ’n Onderhoud met Saartjie Botha
2021-08-31"Ons hoop dat mense wat nog nooit by ’n fees was nie, iets van die ervaring van by ’n fees wees, op die TV sal beleef." Saartjie Botha oor vanjaar se Toyota US Woordfees wat op die TV uitgesaai sal word.
Persverklaring: Stuur ’n brief uit die toekoms vir jou kans tot groot pryse
2021-08-31"Skryf nou ’n brief uit die toekoms aan jouself in 2021 en verduidelik wat jou ervaring van die fees in 2030 is."
Revelations oppie pot
2021-08-31In Veronique Jephtas se Revelations oppie pot is Hein Poole in die rol van ’n jongman wat verduidelik waarom sy vriend Kaffe al die bier omgeskop het. Lee-Ann van Rooi het die regie behartig. Hierdie produksie is deel van Stemme, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en KKNK.
Persverklaring: Innibos 2021 – skrywerslypskool deur Riana Scheepers op Kaapsehoop
2021-08-26Skrywers wat hul penne wil slyp onder die vaardige leiding van die bekroonde Afrikaanse skrywer dr. Riana Scheepers, kan nou inskryf vir ’n skrywerslypskool van 4 tot 8 Oktober.
Persverklaring: Innibos 2021 – Kom na i’langa en Gaan Bos inniMall!
2021-08-26Maak los die Covid-knoop uit jou feesbolla, want in September is dit Gaan Bos inniMall saam met Standard Bank Innibos Kunstefees en i’langa-winkelsentrum in Mbombela. Feestelikhede skop af op Donderdag, 23 September, tot Saterdag, 25 September.
KKNK-persverklaring: ReWOLusie
2021-08-24Honderde hekelaars van regoor Suid-Afrika en selfs in die buiteland het die afgelope 13 weke komberse as deel van vanjaar se uitbreiding van ReWOLusie geskep. Sewe van dié pragstukke word op Sondag 5 September op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se Facebook-blad opgeveil.
Soebat
2021-08-24Khadija Heeger vertolk Dianne Albertze se monoloog Soebat. Thembela Madliki het die regie behartig. LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi.
Persverklaring: Kaapstad Opera bring geliefde La bohème na Oudtshoorn
2021-08-19Die Kaapstad Opera bring die pragtige, dog tragiese verhaal van Puccini se La bohème in September na Oudtshoorn.
"Afgryslik" dat vroue nog moet aandring op respek
2021-08-19"Soms word daar van vroue verwag om seksuele gunsies aan te bied in ruil vir rolle of die befondsing van projekte." – Jane Mpholo oor waarmee vroue in die vermaaklikheidsbedryf nog opgeskeep moet sit.
Olke bolke
2021-08-17Nicola Hanekom, Hertzogpryswenner vir drama in 2021, se Stemme-monoloog, Olke bolke, stel ’n jong massamoordenaar aan die woord. Eldon van der Merwe lewer die vertolking en Lee-Ann van Rooi was in die regisseurstoel. LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi.
Nuwe groep liriekskrywers meld aan vir mentorskap deur Suidoosterfees en Jakes Gerwel Stigting
2021-08-11Die alombekende kunstenaar en televisie-persoonlikheid Frazer Barry sal as mentor optree wanneer die kandidate van 1 tot 15 September vir ’n skrywersverblyf by die Jakes Gerwel Stigting se Paulet-huis in Somerset-Oos aanmeld.
Persverklaring: Digbundel vloei uit SA en VK kulturele samewerking
2021-08-10’n Gemeenskap van vroue het vroeër vanjaar ’n vierdelige virtuele reis onderneem met ’n reeks stimulerende werkswinkels en gesprekke waarin hulle geluister, gedeel en uit mekaar se verhale geleer het.
Alles lê in die lengte van jou hare
2021-08-10LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Alles lê in die lengte van jou hare lewer Liandé Valentyn ’n dramatiese voorlesing van Stephren Saayman se monoloog wat handel oor ’n vrou wat afreken met traumatiese gebeure uit haar kinderjare.
Leë nagte
2021-08-03LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Saartjie Botha se Leë nagte vertolk Geon Nel die rol van ’n man wat bewus word van twee hawelose mense wat teenaan sy huis nes skrop. Nicole Holm is die regisseur.
Persverklaring: Inskrywings vir die 2022 Woordfees-kortverhaalkompetisie ingewag
2021-07-30Die sluitingsdatum vir inskrywings is om 17:00 op 30 September 2021. | The closing date for entries is 30 September 2021 at 17:00.
