Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Elmarié Dercksen gesels oor "You had me at hello": ’n 2023 Toyota US Woordfees-gesprek

Naomi Meyer, Elmarié Dercksen Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-10-11

"Ons almal het sulke 'You had me at hello'-oomblikke met boeke: daardie openingsin wat jou asem wegslaan, jou boei om verder te lees, en jou bybly lank nadat die boek toegemaak is. Dit verklap baie van die skrywer se stem en styl ook."

Die vorm van verlies: Gielie Hoffmann gesels met Eben Venter oor Decima by die Toyota US Woordfees 2023

Jannike Bergh Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-10-10

"Wat deurentyd roerend was tydens hierdie boekgesprek, was hoe hierdie grootse dier, Decima – in al Eben Venter se vertellings en vorme van haar – die skrywer steeds bewoë laat."

Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud oor Dis Zamar lekker

Naomi Meyer, Veronica Bell, Warren Joubert Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-10-09

"Musiek bring mense bymekaar oor grense wat andersins nie met net woorde oorskrybaar is nie."

Persverklaring: Wenner van die Toyota US Woordfeeskortverhaalkompetisie 2023

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-10-09

Die wenner van die Toyota US Woordfees-kortverhaalkompetisie van 2023 is nou bekend.

Tuis ek’s liefie by die Toyota US Woordfees 2023: ’n Instagram-resensie

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-10-09

"Gaan kyk dit, dink na. En gaan praat met jou ma, jou kind, jou man, jou vrou, jou partner. Hoekom tree ons op soos wat ons binne ons verhoudings optree – jaar na jaar na jaar?"

Windroos by die Toyota US Woordfees 2023: ’n Instagram-resensie

Chantal Grove-le Guillou Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-10-09

"Sonder vooropgestelde verwagtinge is ek totaal deur Windroos oorweldig. Boonzaaier se beeldryke innovasie met sy programmatiese nabootsings van die wind in bo- en ondertone in die overture, sowel as die soortgelyke reënmotiewe in 'Weskuswind', kleur die tekstuur in sagte, sensitiewe skakerings, wat ’n gevoel van teerheid oordra."

Magda Louw: ’n skreeusnaakse reis deur die waansin van die lewe | Momentum Beleggings Aardklop 2023

Leoné Goosen Aardklop 2023-10-07

"Magda Louw is nie bloot ’n toneelstuk nie; dit is ’n komiese meesterstuk wat vermaak, verlig en ’n onuitwisbare merk op die hart en verstand van die gehoor laat."

’n Akkerboom deur Nico Scheepers: ’n resensie | Momentum Beleggings Aardklop 2023

Mariska Bolleurs Aardklop 2023-10-07

"Buiten die aangrypende teks en bekende De Klerk Oelofse as hoofspeler is daar ’n tikkie 'andersheid' aan hierdie vertoning. Die gasspeler van elke vertoning word anoniem gehou totdat die vertoning reeds aan die gang is – selfs vir Oelofse!"

1: ’n Tragikomedie oor die liefde | Momentum Beleggings Aardklop 2023

Mariska Bolleurs Aardklop 2023-10-07

"Vir die grootste gedeelte van die toneelstuk speel Swanepoel en Hendrikz met hulle koppe teen mekaar gedruk soos dié van ’n Siamese tweeling. Die stille kommunikasie en choreografie tussen dié twee is indrukwekkend."

Droomwerk laat gehore stomgeslaan | Momentum Beleggings Aardklop 2023

Lente Treurnich Aardklop 2023-10-07

"Dis wanneer jy tranerig en bewerig opstaan en handeklap dat jy weet ’n vertoning het ’n lewenslange impak op jou gemaak."

Fotogalery: Toyota US Woordfees Langtafel 2023

Menán van Heerden Feeste 2023-10-07

Die jaarlikse Toyota US Woordfees Langtafel het vanjaar se fees op 6 Oktober ingelui. Menán van Heerden het fotoʼs van hierdie feestelike en gesellige geleentheid geneem.

Persverklaring: Max du Preez lewer die eerste PEN Afrikaans-lesing oor die stand van mediavryheid in Suid-Afrika by die Toyota US Woordfees 2023

LitNet PEN Afrikaans 2023-10-06

Die veteraanjoernalis, analis en kommentator Max du Preez sal praat oor die verskillende gedaantes van Vrye Weekblad teen die agtergrond van uitdagings vir uitdrukkingsvryheid waarmee hulle deur die jare te doen gekry het.

Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Luna Paige oor haar optrede saam met die Zolani-jeugkoor

Naomi Meyer, Luna Paige Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-10-06

"Wat is die belang vir gehore? Wel, eerstens, topklas vermaak. Hoendervleismooi harmonieë. My musiek soos hulle dit nog nooit gehoor het nie. En laastens, maar nie die minste nie, die geleentheid om die Zolani-jeugkoor te leer ken en moontlik in die toekoms te kan ondersteun, of hulle uit te nooi om by ander geleenthede te kom optree. Op die ou end wil ons almal gesien en gehoor word."

Babalela by Momentum Beleggings Aardklop: ’n resensie

Lente Treurnich Aardklop 2023-10-05

"Alles in ag geneem, het hierdie interaktiewe vertoning die jongspul waarlik vermaak. Dit is hartroerend om te sien dat Babalela steeds, 23 jaar ná die oorspronklike publikasie van die eerste boek, goed deur kinders ontvang word."

Christi van der Westhuizen oor witwees | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Christi van der Westhuizen Menings 2023-10-05

Christi van der Westhuizen het by die afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée en by die Veldsoirée van 2022 lesings oor witwees gegee. Die video-opnames van die twee lesings verskyn hier neffens mekaar.

Die vrou op die dak: die aangrypende verkenning van ’n eksistensiële krisis | Momentum Beleggings Aardklop 2023

Leoné Goosen Aardklop 2023-10-05

"Die vrou op die dak is ’n triomf in storievertelling en uitvoering. Dit nooi die gehoor om na te dink oor die kompleksiteite van die menslike toestand en die stryd om op te hou vasklou aan die verlede."

Hoerkind: ’n meesleurende verhaal van triomf en transformasie | Momentum Beleggings Aardklop 2023

Leoné Goosen Aardklop 2023-10-05

"Hoerkind vertel die verhaal van Herman Lategan se lewe – gekenmerk deur teëspoed, uithou, aanhou en uiteindelike triomf. Maak gereed om deur die dieptes van hierdie drama te delf."

Press release: Luna Paige shares the stage with the Zolani Youth Choir in her show Saam (all)een at Toyota US Woordfees 2023

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-10-05

The highlight of the show promises to be the long-awaited collaboration between Luna Paige, composer and choir arranger Franco Prinsloo and the Zolani Youth Choir. Paige met the choir leader, Mr Odwa Mvunga, many years ago. After meeting and sharing the stage with Franco Prinsloo at Woordfees 2022, and reconnecting with the Zolani Youth Choir at the Montagu Art Deco Festival earlier this year (2023), she decided the time was right to invite this community youth choir to join her on stage.

Mirakel: ’n resensie | Momentum Beleggings Aardklop 2023

Lente Treurnich Aardklop 2023-10-04

"Dawid Minnaar as Danté du Pré het dit reggekry om ’n verskeidenheid emosies by die gehoor te ontlok: Hy het ons laat lag, huil, kommer en nadink oor die lewe. Wat anders is ’n tragedie se doel as katarsis?"

Die Kaappunters by die Toyota US Woordfees 2023: "Ons sing oor versoening," vertel Riku Lätti

Jannike Bergh, Riku Lätti Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-10-04

"Die Kaappunters is protesmusiek, maar dit is ook bedoel om protesmusiek te wees op so ’n manier dat dit eintlik vermaaklik (ook) moet wees. Met die Kaappunters wil ons eerlik praat met mekaar, want dit is deur hierdie stilte waar die bose mense die oorhand kry en mense vyandig maak, in die naam van die Afrikaner, die sogenaamde wit Afrikaner, teen die res van die land. Dit is nie wat ons wil hê nie. Ons is groter, ons is saam met die res van Suid-Afrika."

Top