Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Persverklaring: Program vir 28ste KKNK bied medisyne vir die siel

LitNet KKNK 2024-01-29

"By die KKNK wag daar van Saterdag 23 tot Sondag 31 Maart op Oudtshoorn voorwaar ’n kuur vir elke kwaal. Dié fees word in die Maart-skoolvakansie aangebied en eindig oor Paasnaweek. Dis ’n wegbreekkans vir die hele gesin met ’n program vir elkeen se smaak." Só sê Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK.

SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Hein Willemse

Hein Willemse SteedsDink 2023-12-12

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Hein Willemse oor onder andere marginale kulturele praktyke.

Persverklaring: Hier is die benoemdes – 14de kykNET Fiëstas

LitNet Feeste 2023-12-11

Met die ses groot Afrikaanse kunstefeeste – Suidoosterfees, KKNK, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Toyota US Woordfees en Momentum Beleggings Aardklop – wat die afgelope jaar weer volstoom aan die gang was ná die pandemie, het dié in die kunste weer gewys dat talent in Suid-Afrika volop is.

’n Gesprek oor Gebeente | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Etienne van Heerden, Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-12-06

Waarom kry ’n mens nie die dorpie Gebeente op ’n kaart nie? Hoekom het hierdie roman twee mense wat ’n misdaad moet ondersoek – die gewone speurroman het dikwels net een speurder nodig?

Mr BookFestivals talks about his autobiography, BookBedonnerd | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Darryl David, Mphuthumi Ntabeni Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-12-06

The conversation meanders through churchyards, book towns, festivals and academic departments. Darryl David, the man who has started so many book festivals, also talks about his love for his wife, his daughter, his dogs and church buildings.

Still breathing | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Tony Jackman, Marita van der Vyver Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-30

Tony Jackman interviewed Marita van der Vyver on her novel Still breathing and her memoir A long letter to my daughter. What is it like to get older? How does one hold an entire cast of characters in one’s hand? Are her characters based on real people? How does it feel to dream in a language that differs from the one your daughter dreams in?

Oor Patrick J Petersen | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Hein Willemse Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-23

"Vanjaar sou sy 72ste jaar gewees het. Hy sterf voortydig op Saterdag 7 Junie 1997 in ’n motorongeluk op die Paternoster-Vredenburg-pad. Die hoekoms en waaroms kan slegs spekulasie wees."

Is daar hoop vir die land? Hoe lyk die toekoms? | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Barend la Grange, Freek Robinson Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-23

Ja, daar is hoop, sê Barend la Grange en Freek Robinson, maar dan moet gewone mense iets begin doen. In die Bybel staan dat God die voëls van die hemel sal versorg, maar dit beteken nie dat die voëls elke oggend met oop bekkies op die draad sit en wag vir wurms om in hul monde te val nie.

SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Luan Staphorst

Luan Staphorst SteedsDink 2023-11-21

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Luan Staphorst oor onder andere die kanon, klapklanke en kreolisering.

Festival voor het Afrikaans 2023 | My broer, Gertjie: ’n filmresensie

Réney Warrington Film 2023-11-16

"My broer, Gertjie is eerder ’n portret van ’n sanger en digter, maar ook ’n enigmatiese mens, ’n skaam mens wat werklik nie roem najaag nie. Die keuse om die film in swart en wit te skiet, dra daartoe by."

Die kind van die skrywer bou ’n skans | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

PP Fourie Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-15

PP Fourie het ’n lesing gehou by die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 waarin hy gesels het oor sy eie reis om tot skryf te kom. Fourie verduidelik ook dat hy lank gedink het dit is bogpraatjies wanneer mense beweer dat skryf heling bring. Nou dink hy anders.

Die laaste kanariegeel notaboek | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

AJ Opperman, Anchien Troskie Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-15

“Geheime is gevaarlik,” sê Anchien Troskie vir AJ Opperman in hierdie onderhoud oor haar roman Die laaste kanariegeel notaboek. Die gesprek het plaasgevind tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023. Opperman vra uit oor die gebruik van kleur, die skryfproses en hoe sy die verskillende tydvakke in die roman nagevors het.

Woordtrofees huldig die kunste, maar in donker tye | Toyota US Woordfees 2023

Maryke Roberts Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-11-15

"Die wenners van die 2023-Woordtrofees-toekennings is gisteraand by die Oude Libertas-amfiteater bekend gemaak."

Lank lewe Madibaland@Bookbedonnerd!

Johann Rossouw Feeste 2023-11-13

"Darryl is die geliefde gesig van die fees wat dit jaar ná jaar meer met idees, improvisasie en liefde as met geld deurvoer. Enigiemand wat al ’n Bookbedonnerd meegemaak het, weet alles verloop nie altyd volgens plan nie, maar jy word altyd verras en verhef. Vanjaar se 16de Bookbedonnerd van 1 tot 4 November was geen uitsondering nie."

Persverklaring: Dertien nuwe teatertekste by eerste Teksmark Joburg voorgelê

LitNet KKNK 2023-11-13

Skrywers kry tydens dié projek ’n geleentheid om oor hul teks-idee vir ’n teaterproduksie te gesels en dit aan potensiële beleggers voor te lê.

Die Kaapse Vlakte-boekefees 2023: Diana Ferrus se indrukke

Diana Ferrus Feeste 2023-11-10

"Dit maak my opgewonde omdat dit ’n fees is waar mense nie hekgeld betaal of ver moet loop om in te kom nie. Die gemeenskap bly om die skool en vir besoekers is daar genoeg parkeerplek op die skoolterrein."

Madibaland@Bookbedonnerd 2023: ’n Dagreis ver is naby genoeg

Fanie Olivier Feeste 2023-11-10

"Maak ʼn plan; reël ʼn bussie. Richmond lê doer ver in die Haai Karoo, maar ʼn dagreis ver is naby genoeg as mens Boekbedonnerd is. Of wil word."

Conversations beyond the comfort zone | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Sihle Khumalo LitNetKanaal op YouTube 2023-11-08

We should stop worrying about the names of towns and streets. We should, however, worry about South Africa becoming a failed state. In this lecture Sihle Khumalo urges South Africans to have difficult conversations, to move beyond their comfort zones. He does so while reflecting on his many travels throughout Africa.

The anatomy of reform | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Frans Rautenbach Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-08

"We all have to take ownership," says Frans Rautenbach, an advocate and the author of several books, the latest being Help yourself South Africa. In this lecture, delivered at the Etienne van Heerden Veldsoirée 2023, he highlights practical things that ordinary citizens can do to make South Africa work again.

Persverklaring: Ervaar Handel se Messias soos nog nooit vantevore

LitNet KKNK 2023-11-07

Die uitvoering van hierdie geliefde oratorium word deur die Mzansi Nasionale Filharmoniese Orkes, die KKNK en Klein Karoo Klassique ondersteun, en is op Vrydag 8 Desember om 18:00 by die Burgersentrum op Oudtshoorn te sien.

Top