
Cintaine Schutte (foto: Suidoosterfees)
Die 21ste Suidoosterfees – van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad – se NATi Teaterfeesprogram sorg vir ’n groot bederf vir dramaliefhebbers. Onder ’n bloedrooi hemel, gebaseer op Annemarié van Niekerk se aangrypende memoir oor liefde en geweld in Suid-Afrika, is die fees se vlagskip-dramaproduksie.
Naomi Meyer het Cintaine oor haar hoofrolvertolking in die produksie gevra.
Cintaine, jy vertolk een van die rolle in Annemarié van Niekerk se Onder ’n bloedrooi hemel (die toneelstuk) by die Suidoosterfees.
- Het jy die boek gelees?
- Hoe ervaar jy dit om die hoofkarakter te wees?
- Het jy met Annemarié oor die boek gesels?
- Wie speel saam met jou in die toneelstuk?
- Waarom moet mense Onder ’n bloedrooi hemel by die Suidoosterfees kom kyk?
Cintaine reageer per stemboodskap: "Ek het die boek gelees en my eerste indruk was dat ... elke mens in Suid-Afrika hierdie boek moet lees."
Luister hier onder na die volledige stemboodskap en Cintaine se antwoorde op die vrae.
Die verhoogproduksie van Onder ’n bloedrooi hemel word moontlik gemaak deur die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi) en Het Jan Marais Nationale Fonds. Dit is by die Suidoosterfees op die planke op 29 April 14:30, 30 April 18:30 en 1 Mei 10:00. Kaartjies kos R130 en kan deur Webtickets bespreek word.
Lees ook:
Suidoosterfees 2024: Speed politics for bewildered South Africans – an interview with Marianne Thamm
Suidoosterfees 2024: Burger King Konsert van Hoop – ’n onderhoud met Anna Davel
Persverklaring: Annemarié van Niekerk wen enorme Nederlandse prys
Persverklaring: Suidoosterfees se Onder ’n bloedrooi hemel ’n "kragveld van kreatiwiteit"
Om het hart terug te brengen door Annemarié van Niekerk: Het hart op de goede plaats
Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk: ’n boekbespreking
Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk: ’n LitNet-Akademies-resensie-essay