Persverklaring: Suidoosterfees 21 – hutspot van eg Kaapse musiek en stories

Kaapstad is reeds vir 21 jaar die Suidoosterfees se tuiste, en die fees vier sy mondigwording van 26 April tot 1 Mei by Artscape in die hart van die Moederstad. Stories, mites en die geskiedenis van die Kaap word met musiek en komedie vermeng op vanjaar se NATi Musiekteaterprogram, en feesgangers kan hulle verlustig in ’n kreatiewe herverbeelding van die stad se geskiedenis.