Kuberklas Kreatief
Talentvolle leerders deel hier hulle kortverhale en gedigte. Stuur inskrywings na naomimeyer@litnet.co.za. Publikasie is onderhewig aan keuring.
WF 2015: Gisters
2015-05-04Die ritme van my koue voete wat op die metaalplate klap, weergalm in die gang. "Ekskuus ... jammer," sê ek uit gewoonte terwyl ek verby ’n groep van die bemanning wat op die onderste vlak van die Titanic werk, hardloop.
WF 2015: Is ons alleen?
2015-04-29Die eeue-oue vraag: Is ons alleen in die heelal? Ek het die antwoord op ’n baie vreemde tyd en plek gevind.
WF 2015: ’n Gelukkige einde
2015-04-29Ek haat boeke en films. Ek haat die feit dat die goeie persoon altyd wen. Dis ’n leuen en so stereotipies. Ek is een-en-twintig jaar oud, ek is skatryk, besit my eie wêreld, ’n bekende organisasie, en ek kan doen net wat ek wil.
WF 2015: Eksperiment 1987
2015-04-29Ek hardloop. So vinnig as wat my bene my kan dra. Totdat hulle begin brand en my hartklop so hard is dat ek niks anders kan hoor nie, maar ek kan nie stop nie. Hulle kom nog. Ek kan nie nou opgee nie, anders is ek uit.
WF 2015: Wetenskap
2015-04-29Dit kan soveel wonderbaarlike dinge in ons lewe verrig. Dis al wat in my kop aangegaan het toe ek by die Deadalus Moderne Ontwikkelingsprogram aangesluit het.
WF 2015: Reg vir baklei
2015-04-29Ek mis my bed. Ek mis my wiskundeonderwyser, televisie, my selfoon. Dis ongelooflik hoe jy eers besef hoe gelukkig jy was as jy alles verloor het. Ek mis hulle.
WF 2015: Om my toekoms te red
2015-04-29Die verlede. Dis iets waarmee ’n mens nie moet speel nie. Maar wanneer die wêreld om jou val en jou enigste alternatief die dood is, dan waag jy dit om waaghalsige dinge te doen.
WF 2015: 'n Regte glimlag
2015-04-28Elke spesie het ’n swak punt. Die rede vir sy probleme. En die mens, wel, ’n mens is nie anders nie. In die jaar 2051 het navorsers bewys dat ons mense baie beter sou funksioneer sonder ons grootste swak punt: emosie.
WF 2015: ’n Nuwe begin
2015-04-28Ek is in die verkeerde era gebore. Dit besluit ek finaal terwyl ek staar na die wit mure wat my omsluit. “Mejuffrou van Jaarsveld.” Ek spring verskrik op toe ek my naam hoor. “Dankie, Jaco!” Ek is uit die tronksel nog voor die deur al heeltemal oop is.
WF 2015: Tyd wag nie
2015-04-28Oop. Alles … is … óóp. My … neus (die sintuigorgaan se naam spring in my verstand op) ruik die allervreemdste geure. Dit ruik – skóón. Skerp lig dring my oë wreed binne.
WF 2015: Buitenaardse wesens
2015-04-28“En dit is hoekom dit heeltemal onmoontlik is vir enige buitenaardse wesens om te bestaan.” Juffrou Van Heerden kyk selfvoldaan na die klas. “MARAIS!” Ek skrik wakker en vryf my oë uit. “Hmmm?” Die klas begin saggies giggel.
WF 2015: Oorlewing
2015-04-28Doef! My kop tref die baksteenmuur met ’n slag. Ek steier terug en sak met ’n kreun neer terwyl sterretjies voor my visie dans. Die ruimtewese pyl op my af. Dis verby met my.
WF 2015: Die einde ... of die begin
2015-04-28Ek en my oom koop lekker kruideniersware in die winkel toe ons ’n harde gil van ’n vrou net buite die winkel hoor. Ons dink eers die vrou het seergekry. Toe ons by die winkelsentrum uitstorm, kan ons ons oë nie glo nie – ’n groot ruimtetuig hang oor die hele winkelsentrum en oor ’n hele paar huise.
WF 2015: Sluitingsdatum uitgestel
2015-04-22Goeie nuus! Gr. 10- tot 12 leerders het nou tot 8 Mei om hul wetenskapfiksie-kortverhaal in te skryf! Zoem na die toekoms en skryf jou ervaringe neer om groot pryse te wen.
WF 2015: Skrywer Elizabeth Wasserman se ses vinnige skryfwenke
2015-04-20Lees baie. Jy sal gou agter kom hoe die kuns van storie-weef werk. Daar is nie iets soos ‘n goeie en suksesvolle skrywer wat nie ook ‘n leesvraat is nie.
WF 2015: Net my ma het geweet
2015-04-20Ek wag agter ’n groot afvaltrok waar ek wegkruip vir die ruimtewesens. Dis vandag presies ’n week gelede toe die ruimtewesens op moeder aarde geland het om almal van die aarde te verwyder.
WF 2015: Inval
2015-04-20Eergister het ons nog gewonder of daar lewe op ander planete is. Thank you very much, Discovery. Daar ís toe! Gisteroggend was die televisienuus vol van die reuse-ruimteskepe, groot stofsuiers wat mense soos klein korreltjies opsuig.
WF 2015: B-56371
2015-04-20Na die Derde Wêreldoorlog is die wêreld in chaos gedompel. Die oorlog, bomme en siektes het miljoene mense uitgewis. Die mense wat oorgebly het, is in twee groepe verdeel.
