Fiksiekompetisies

Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Fiksiekompetisies | Fiction Competitions

Fiksie- en blitsfiksiekompetisie-inskrywings.
Neem deel aan een van ons kompetisies en lees al die ander inskrywings hier.

Fiction and flash fiction competition entries.
Enter one of our competitions or read all the other entries here.

Nagmaal by Vliegepoort

Attie Snyman Fiksiekompetisies 2025-02-20

"Dominee Prinsloo is uit die veld geslaan, want so iets het hy nog nooit beleef nie. So ’n dramatiese skuldbelydenis het dominee Prinsloo nog nooit gehoor nie. Dit is aangrypend."

Laterwater

Piet Bergh Fiksiekompetisies 2025-02-13

"Dalk het hy al die tekens van die veld, die weer, die wind vergeet. Hy dink dit is wat gebeur het."

Moordstraat

Mary-Ann Keyser Fiksiekompetisies 2025-02-13

"Toe begin ek oor die straat te skryf, bloot omdat ek nie ’n sent op my naam het nie ..."

Husse

Julio Agrella Fiksiekompetisies 2025-02-06

"Die snykant wat gereeld skerp gemaak word om eweredige stukkies gras te kan afsteek. ’n Liefdestaak. Jy koester hom soos ’n kleinood in jou arms, ’n saligmakende septer. Jy is nie kwaad nie. Sien nie rooi of swart of blou of enige ander kleur nie."

Krisjan se meisies

Marinda Kotze Fiksiekompetisies 2025-02-06

"Terwyl hy my boei, draai ek my kop na die voorruit. Daisy sit doodstil, haar kop effens afwaarts gedraai. Agter haar sit Cassandra en Lucy kiertsregop en staar bot voor hulle uit. Alice lê doodstil half bo-oor Lucy se skoot."

Geroepe

Madeleine Venter Fiksiekompetisies 2025-01-30

"Hy bêre meneer Pannevis se opdrag in sy boekesak – versigtig dat dit nie moet vou nie – en glimlag by homself. Hy’t nog altyd gewonder hoe dit moet voel om aan die rand van iets merkwaardig te staan. Mens weet nooit. Miskien skryf hy wat Albert is, vandag nog die heel eerste Bybelvers in Afrikaans neer."

Harry se storie

Eldaleen Hugo Fiksiekompetisies 2025-01-30

"'Hy sal fine wees,' sê die ma, want sy weet. Almal sal net mooi fine wees. Selfs die hond."

Die Mol

Marius F Ackermann Fiksiekompetisies 2025-01-23

"Vir weke daarna was die weduwee Helberg se slotwoorde ’n onderwerp van bespreking in die departement se teekamer. Is dit moontlik, is dit denkbaar dat hulle geliefde kollega en prof inderwaarheid verpulp is?"

Ek kom van ver af

Estelle Nagel Fiksiekompetisies 2025-01-23

"Die koggelmander sal sy koppie Noorde toe draai, die skilpaaie sal begin loop en die loopmense sal weer terugkom. Seuns met dun swepe wat vooruit loop. Die wolke vee vooruit, soos branders."

Tot op die sewende vloer

Aniel Botha Fiksiekompetisies 2024-12-24

"Sy het ’n werksonderhoud op die 13de verdieping en baie dinge hang van hierdie werk af. Sy is ’n enkelma en die onderhoud wat haar eks betaal, is ’n grap. Maar meer nog ... sy het dit ook nodig om weer soos iémand te voel, nie net iemand se ma en iemand se eks nie."

Die trap

Lucia Lilleen du Preez Skryfkompetisies 2024-12-19

"Die trap is vuurwarm onder my sitvlak. My voete is twee poffers en my hakke voel asof die Trojaanse prins hulle met sy pyl en boog bygekom het."

Om vrou te wees

Rita Swanepoel Fiksiekompetisies 2024-12-12

"Ek het nie geargumenteer nie, want ek het hulle verstaan. En vergewe. Ek het die konsistorie uitgestap en in die motor die meisiekind gebel en gevra of sy die aand kerrie by my wou kom eet."

Persverklaring: Die laaste maand vir inskrywings vir gedigte- en kortverhaalkompetisie het aangebreek

LitNet PEN Afrikaans 2024-12-11

Die prysgeld in beide inskrywingskategorieë beloop R10 000 vir die eerste-, R5 000 vir die tweede- en R2 500 vir die derdeplekwenner.

Maar Pa het geweet

Elna Jordaan Fiksiekompetisies 2024-11-28

"Vir ’n oomblik wil ek nie verder hieroor praat nie. Ek wou nog nooit nie. Hoekom nou. Dan dink ek nee, ek is te oud vir bog. Laat ons dan nou maar die feite op die tafel kry. Dan hoef ek nie te wag tot anderkant die spieël en die raaisel nie."

’n Engel duisend

Hidayat Adams Fiksiekompetisies 2024-11-28

"Lyle het geglimlag oor hoe Matthew so lekker dut terwyl hy sy Honda Civic bestuur. Matthew was pootuit na die dag se doene en die partytjie waarvan hulle op pad terug huis toe was."

Ma se offer

Hendie Grobbelaar Fiksiekompetisies 2024-10-31

"... om my net te herinner dat ek ’n lewe, ouers en ’n huis gedeel het met haar. Maar ek en Sanna was op twee paaie, in twee wêrelde."

Die wolf wat Rooikappie geword het

Elmien Ackerman Fiksiekompetisies 2024-10-24

"Waarom weet sy nie vir seker nie, maar haar wolfbaadjie is geneig om haar uitdagende dinge te laat doen. Soos om ’n verdagte hool in ’n donker steeg op te soek."

Cuito Cuanavale (1988)

Chris Ackerman Fiksiekompetisies 2024-10-17

"36 jaar later sit ek op die agterstoep. My kinders is groot, my vrou ook al dood. Ek skrik toe my oudste dogter aan my regterkant verskyn. Sy sit die koffie langs my neer en verdwyn weer die huis in. ’n Tortelduif vlieg op en klap sy vlerke hard om hoogte te kry – ’n verwilderde dier in vlug. Dit sit my weer daar neer. Op ’n vreemde land se sand. Ek probeer dit keer, maar dit gebeur keer op keer."

Bargoens

Gerda Taljaard-Gilson Fiksiekompetisies 2024-10-10

"Teen die aand hoor hy Jamila se stem buite die venster. Sy staan daar tussen die wingerdstokke, onder ’n gerfie sterre. Sy wink hom nader. Op haar rug is ’n bondel klere en stukkies huisraad: tonteldoos, ketel, slagmes, braaipan, teeblik, kooigoed en watersak. Ook ’n kardoesie growwesout, droëvrugte, tabakrolle, bokkoms en ’n boesel broodmeel."

Projek Candy

Eric Jacobs Fiksiekompetisies 2024-10-10

"Die wag in gewone klere roep ’n kollega nader en Ewald sluk swaar toe hy die band om die hond se nek sien. Dit is ’n plofstofhond. Die brak stap tot by die bakkie en gaan sit regop by die bestuurder se oop deur. Sy snoet beduie na die agterkant van die sitplek."

Top