Fiksiekompetisies

Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Fiksiekompetisies | Fiction Competitions

Fiksie- en blitsfiksiekompetisie-inskrywings.
Neem deel aan een van ons kompetisies en lees al die ander inskrywings hier.

Fiction and flash fiction competition entries.
Enter one of our competitions or read all the other entries here.

Van Muizenberg tot Musina op die rug van ’n muis

Corlietha Swart 2013-06-26

"Vandag ry jy op my rug! En ek – kerkmuis? Ek ry op ’n rekenaarmuis se rug – vanaf Muizenberg tot by Musina. Ek wil immers weet wat in Suid-Afrika aangaan. Wil jy?"


Die helde van Berlyn

Thomas Channell 2013-06-26 "Bowie (soos in David) en Berlyn kan mens nie van mekaar skei nie. Berlyn sou seker fine sonder Bowie wees, maar Bowie sonder Berlyn?"

Woorde wat migreer. Die resultate van ons fiksie-kompetisie

Rentia Bartlett-Mohl 2013-06-25 Hoe is mens ’n reisiger en daarmee saam ook ’n skrywer? Rentia kyk na ’n oorsig van die inskrywings in ons fiksiekompetisie, “Reisende skrywers”.

Kom, vertrek op ’n retoer-koekeloer-toer

Antoinette Louw 2013-06-18

"Gemors in onderwys is soms ingewikkeld, meneer Griebenhau, en kom soms uit ’n lang geskiedenis wat selfs 1994 voorafgaan. Ook is dit duidelik dat die huidige stelsel, gebaseer op “uitkoms”, glad nie gewenste resultate lewer nie."

Kom saam na Magoebaskloof!

Trienie 2013-06-18

"Dis moeilik om te besluit wat my die meeste tydens die reis laat ril en gril het.

Eers was daar die bosvark-vlekkie-episode, toe die hemele wat sluise oopsprei en my stapstok wat knetterend die krans afmoker."

Koffie en sand

Dorothy Cilliers 2013-06-18 "Sy weet nie of die vrou genoeg geduld vir nog 'n verduideliking het nie. Tot sy in Syndey geland het, het Anet gedink sy kan Engels vlot praat."

Les Trois Châteaux

Marike van der Watt 2013-06-17 "Ek kruip onder Lukas se blad in en huil oor rooi papawers tussen die varsgroen graan, oor swart-en-wit houtraamhuise wat meer as vyf eeue oud is, [...] oor Oxford se keisteenstrate waaroor studente drentel asof dit Victoriastraat in Stellenbosch is."

KZ Mauthausen

Anton Döckel 2013-06-17 "Die ingang na die Mauthausen-kamp is 'n groot boog met 'n dubbele houthek in 'n grimmige netjiese muur van granietklip. Die Nazi-embleem van die arend wat bo die hek in yster gemonteer was, is deur die vrygelate gevangenes afgebreek, [...]"

Die halfmens-boom

Joanita Erasmus-Alt 2013-06-17

“Pa, watse snaakse bome is dit?” het ek gevra toe ons jare gelede die eerste keer hierdie pad gery het.

“Dis die halfmens-boom,” het Pa geantwoord.


Die reisgenoot

Joanita Erasmus-Alt 2013-06-17

"Tydens ons gedeelde nagtelike busrit-ure vertel sy my van haar reise. Oostenryk, Hongarye, Tsjeggië ... altyd Europa. Sy het geen begeerte om Amerika of Australië of Nieu-Zeeland te besoek nie, sal sy altyd sê. Wanneer ons na 'n jaar weer ontmoet, is ek opnuut verbaas oor hoeveel ervarings sy intussen opgedoen het en op watter ver paaie sy was."

Gesprek

Joanita Erasmus-Alt 2013-06-17

"By die stasie in Siebensterngasse het hulle opgeklim. Die ou dame met die hond. Die trem was vol. Sy het na een van die leerhandvatsels bokant haar kop gereik. Die hond was so styf teen haar aangedruk dat dit moeilik was om tussen pelsjas en hond te onderskei. Ek het opgestaan en beduie dat sy moes sit. Die verrimpelde gesig het in ’n dankie vertrek. Ek het geweet dat sy die een was."


Molopo

Elsa van der Watt 2013-06-17

Sy sit onder 'n matloppieboom en staar na die lae swarthaak- en sekelbosruigtes voor haar. Van duisende koringkrieke wat in hulle takkies rondklim en skril en eentonig skree, bewe die bossies. Sy skud haar hare ongeduldig agteroor. Dawid kom nie, hy bel nie, skryf nie. Dit is 'n voldonge feit wat sy moet aanvaar.

My reis met boeke

Stef Delport 2013-06-17

"Desiderius Erasmus, die ou Nederlandse filosoof, het al honderde jare gelede gesê dat wanneer hy geld kry, hy heel eerste boeke koop. Indien daar iets oorbly, koop hy kos en klere."

Die hengelaar

Chris Wait 2013-06-11 "Dis een van sy gunstelingplekke en sy uitkoms as dinge te besig raak in die stad. Dis nie te ver nie, net sowat 85 km vanaf Kaapstad, en dis een van die mees dramatiese en mooiste stukkies kus om langs te ry, veral op ’n windstil dag as die water soos dié van ’n dam uitgestrek lê tot waar mens Kaappunt in die verte kan sien."

Een swaeltjie maak nie ’n somer nie

Lydia Willems 2013-06-11 "My gedagtes loop terug op voetpaadjies van my eie kinderdae, die koue winters van my geboortedorpie teen die Vrystaatse voetheuwels van die Maluti’s."

Elamshal

Adriaan Coetzee 2013-06-11 “Ek hoop nie ons word ’n statistiek nie,” skerts Swarie terwyl hy die hoë hek oopbeur. Ek gryns onseker. So volg ons goedsmoeds die spoor van ’n vreemde voertuig op die reënpatroon van ’n grondpad tot die plaashuis.

Keurbooms se Kersboom

Stef Delport 2013-06-11 "Keurboomstrand, en veral Arch Rock-karavaankamp, naby Plettenbergbaai, is seker een van die mooiste strandoorde langs die Kaapse kus. So glo die Keurboomstranders in elk geval ..."

Koffie met Castro

Estelle Nagel 2013-06-11

"Ek het my eerste twee weke in Havana in goeie geselskap bestee: Ek eet soggens ontbyt langs John Lennon, smiddae drink ek koffie saam met Castro."

In Pole met of sonder ? toergids

Rentia Bartlett-Mohl 2013-06-04

Rentia vra: hoe skryf mens oor ‘n stad soos Lublin vir die doeleindes van ‘n toergids? En, aan die ander kant, hoe skryf mens oor ‘n stad soos Lublin vir literatuurdoeleindes?


Kaap toe, Klein Katryn

Trudie Coetzee 2013-06-04 "Klein Katryn. Dit lyk asof feetjies binne bly. Kyk die kleurryke plekkies, outyds en fyn. Hulle pryk soos die oumense van hierdie stad."

 


Top