Fiksiekompetisies

Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Fiksiekompetisies | Fiction Competitions

Fiksie- en blitsfiksiekompetisie-inskrywings.
Neem deel aan een van ons kompetisies en lees al die ander inskrywings hier.

Fiction and flash fiction competition entries.
Enter one of our competitions or read all the other entries here.

Draak-sprokie-kompetisie: Die Draak-gesin hou vakansie

Fransa van Mazijk 2012-02-13 “Pappa, hoekom het ons nie ook ’n motor nie?” vra Langstert, die jongste seuntjie van Grootkop en Pop Groen-Draak.

Draak-sprokie-kompetisie: Rêrig-êrig-regtig

Riette le Roux 2012-02-13 Dit gebeur soos klokslag elke vyfde dag van die vyfde week in die vyfde maand van die 500ste jaar: Zeefesius Wier, die Draak van die See, word wakker.

Draak-sprokie-kompetisie: Della Drakie gaan skool toe

Fransa van Mazijk 2012-02-13 Della die Drakie sit voor hul grothuis en hou die kinders dop wat na die skool in Kammahoek stap. Laaste kom Ollietjie en Kalla Krokkie verby. Kalla hou nie van Della nie. Hy is altyd snaaks met haar.

Draak-sprokie-kompetisie: Dirkie Draak

Ester Byleveldt 2012-02-09 Dirkie Draak voel alleen. Hy het niemand om mee te praat of speel nie. Almal hardloop weg as hy naderkom. “Hoekom is almal bang vir drake?” vra Dirkie Draak.

Draak-sprokie-kompetisie: Druïdaad en die droomboom

Tanita Da Silva 2012-02-09 Druidaad rek sy oë wyd oop. Hy is nog vaak, maar is so bang hy vergeet sy droom. Die riete kraak in sy pokkelpote toe hy elke ooglid oop sukkel.

Draak-sprokie-kompetisie: 21 Desember 2012

Celia Claase 2012-02-09 Amangkurat het hom vererg. Vir twee miljoen jaar al is die eiland sy blyplek, maar deesdae kom hier elke week meer mense aan. Die vissermanne wat vir ’n uur of twee hulle bote anker, kan hy nog verdra. Maar gister het ’n ma, pa en twee kinders sommer kom uitkamp op die strand.

Draak-sprokie-kompetisie: Die klein swart wolkie

biesiesbewe 2012-02-09 In die middel van die Honderd Akker Bos loop ’n drakie stoksielalleen onder die ou akkerbome. Hy weet nie eintlik hoe hy hier beland het nie.

Draak-sprokie-kompetisie: Drina moet trou

Ockert J du Preez 2012-02-08 Haar ogies was geel en rooi. Al die reundrake het gedink sy was baie mooi. Altyd opgetof en opgetooi. Haar naels was die skoonste van al die wyfiedrake en haar skubbe het altyd in die son geblink soos ’n reënboog.

Draak-sprokie-kompetisie: Normis die Vuurspuwende

Corné 2012-02-08 Normis het ’n probleem. ’n Tamaai, yslike, moewiese probleem.

Draak-sprokie-kompetisie: Die draak wat graag brood wou eet

Marion Erskine 2012-02-08 Diep in die woud aan die rand van die dorp het Lofti die draak gewoon. Lofti het nie maats gehad nie, want die menselinge van die dorp het nie van drake gehou nie. Hulle het gesê hy is “te groen” en “te groot” en die feit dat hy vuur genies het, was eenvoudig een te veel.

Draak-sprokie-kompetisie: Manie die kleptomaan-draak

Elrene Koch 2012-02-08 Lank, lank gelede in ’n klein dorpie ver weg het daar ’n vet, glibberige, geeltand-draak gebly. Sy naam was Manie, kort vir Kleptomanie.

Draak-sprokie-kompetisie: Rede vir partytjie op Draakfontein

Ockert J du Preez 2012-02-02 Op die eerste dag van die Jaar van die Draak besluit Driekus Draak om sy vuurblasery te staak. Alles het goed gegaan, totdat sy krag af gaan.

Draak-sprokie-kompetisie: Grinnik se eksistensiële gewroeg

Lindie White 2012-02-01 Hy’s grieselgroot. Styfrond-vet en vrat-lelik. Met asem wat stink na ’n bedompige drein. Met 'n frons waarin ’n Land Cruiser sal vasval!

Draak-sprokie-kompetisie: Die vriendelike draak

Wilna Dreyer 2012-02-01 Diep, diep onder die wortels van ’n ou tamatieplant het ’n reuse-oupa-draak gewoon. Sy huisie was eenvoudig, met net ’n stofie, ’n stort en ’n stoepie.

Draak-sprokie-kompetisie: Grafskending

Adriaan Coetzee 2012-01-30 In die vaal woud lê ’n erelid van Klub 27.

Draak-sprokie-kompetisie: Waar kom drake se vuur vandaan?

Ockert J du Preez 2012-01-30 Het jy al gewonder oor hoe drake met hul tonge vuur kan toor? Ek weet. Wil jy ook weet?

Draak-sprokie-kompetisie: Die skubbejakke van Drakenstuin

Wini Esterhuizen 2012-01-30 Pappa draak staan op toe die deurklokkie lui. Hy gaan staan agter die toe deur. Hy loer met sy een oog deur die loergaatjie.

Draak-sprokie-kompetisie: Iets die draak

Elmarie du Preez 2012-01-30 Die jaar van die draak het begin die jaar 2050. My ouma het altyd gesê dit is net stories, soos vampiere, die tandmuis, Kersvader, feetjies, kabouters die tokkelossie.

Draak-sprokie-kompetisie: Die drake, die dwerge en een tokkelos

Wini Esterhuizen 2012-01-30 Baie diep in die groot, donker bos, woon drake en dwerge en een tokkelos.

Skryf 'n draak-sprokie en wen: Wenner aangekondig

2012-01-25 LitNet nooi jou om ’n kort sprokie te skryf waarin ’n draak voorkom.
Top