Fiksiekompetisies

Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Fiksiekompetisies | Fiction Competitions

Fiksie- en blitsfiksiekompetisie-inskrywings.
Neem deel aan een van ons kompetisies en lees al die ander inskrywings hier.

Fiction and flash fiction competition entries.
Enter one of our competitions or read all the other entries here.

Draak-sprokie-kompetisie: Drakekwale en drakerate

Dalize Pieterse 2012-02-22 “Ek mag nie sê maar gaan tog wel; jy moet elk woordjie tel. Volg my voorskrif stap vir stap; klim die leer dan trap vir trap.”

Draak-sprokie-kompetisie: Sprokie van ’n drakekind

Petro Farr 2012-02-22 Deesdae in ’n groot bos met ’n ho? berg bly daar nog ’n paar drake. Die kleinspan bestaan uit vier jong drakies, Zuteka, Nollie, Mops en Karla. Hulle is in Drakelandskool.

Draak-sprokie-kompetisie: Drakie Glievd

Elza Smal 2012-02-22 Daar was ’n tyd, voor mense soos vandag, nog saam met ander ou volke en wesens in vrede op aarde gewoon het. Hulle het geweet dat iets belangriks gaan gebeur; daarom het elke wese sy dagtaak met  oorgawe gedoen en geduldig gewag.

Draak-sprokie-kompetisie: Die legende van die waterdraak

Danelle Kritzinger 2012-02-21 In die verlate watervalle van die beboste Drakensberge bly ’n nes drake. Dis presies hierdie draak wat bekendstaan as die mees gevreesde draak in Afrika. Die musiek is wat jou so nuuskierig maak.

Draak-sprokie-kompetisie: ’n Sprokie – Dino word groot

Annette van der Berg 2012-02-21 Ver hiervandaan, in ’n rotsskeur in die berge, woon drie groen drake: ’n pa-draak, ’n ma-draak en hulle seun, Dino. Sy ouers is lief vir hom en sorg dat hy allerhande dinge leer sodat hy eendag slim en dapper kan wees.

Draak-sprokie-kompetisie: Edward se groot, groot verhaal

Wilana 2012-02-21 Edward se aankoms in die wêreld was anders as wat mens sou verwag het. Waar sy ander broers en susters uit eiers gekom het, word daar nou nog bespiegel of hy bloot net te vinnig vir die dop was of dat daar net nie ’n dop groot genoeg vir hom was nie.

Draak-sprokie-kompetisie: Nollie die drakie

Rene Annandale 2012-02-21 Lank, lank gelede was daar ’n drakie wat graag wou vlieg. Sy mamma het aan hom verduidelik dat hy nog te klein is om te vlieg.

Draak-sprokie-kompetisie: Borrels die draak

Debbie Pentz 2012-02-21 Panto is ’n seuntjiedraak. Hy gaan na die Draakskool om te leer hoe om vlamme te blaas. Om vlamme te blaas, kom nie sommer vanself nie. O nee! Jy moet eers Draakskool toe gaan om dit te leer.

Draak-sprokie-kompetisie: Die draak en die prinses

Narike Lintvelt 2012-02-21 Lank gelede, op die plek waar sprokies meestal afspeel – ’n geil vallei met ’n digte woud en ’n kasteel – het ’n draak gewoon.

Draak-sprokie-kompetisie: Drakie wil graag nies

Anita Lombard 2012-02-21 Drakie woon in ’n groot park in ’n regop huisie met ’n baie lang skoorsteen. Sy doopnaam is Amos.

Draak-sprokie-kompetisie: ’n Psycho-sprokie

Suna 2012-02-15 Dis omdat sy links skryf, sê haar ma altyd. Dis hoekom sy so anders as ander kinders is. Die “arbeidsterapeut” het gesê haar ma praat “loutere onsin”. Die aand het Benji dit gaan naslaan en gesien dit beteken “nonsens”.

Draak-sprokie-kompetisie: Gunsteling-draaksprokie

Le Roux Zeeman 2012-02-15 “Wat het van die heks geword, Oupa?”

“Jong, waar dink jy kom jou ouma vandaan?” sê Oupa, en die twee het tot laat daaroor gegiggel.

Draak-sprokie-kompetisie: Wanneer woorde skurf word

Marietjie Botes 2012-02-15 Lank, lank gelede en baie ver van hier het die allerpragtigste drake langs ’n groot meer gewoon

Wenners bekendgemaak: Vervaldatum – Kortverhaalkompetisie

2012-02-14 Stort jou hart uit en skryf ’n kortverhaal oor die liefde. Jy kan oor enigiets skryf mits dit oor ’n verhouding met ’n vervaldatum gaan.

Draak-sprokie-kompetisie: Draakspele op Draaktonië

Ockert J du Preez 2012-02-14 Elke twaalf jaar hou al die drake van regoor die wêreld die Draakspele. Dit is gewoonlik ’n vreeslike gedoente. Vanjaar word die Draakspele gehou in Draaktonië, die oudste en grootste draak-koninkryk.

Draak-sprokie-kompetisie: Vuilpes en Skimmeltoon vang ’n vuurspoegperd

ElmariB 2012-02-14 Dis nog ’n droewige dag in die duwweltjiedorp van Dorreldrup. Vuilpes en haar beste mater, Skimmeltoon, lê plat op die naat van hulle krom ruggies.

Draak-sprokie-kompetisie: ’n Draak en ’n heks

Yolandie Hooman 2012-02-13 “Het jy dié gesien?!” Mollie druk die koerant onder Donna se snoet. Donna skrik wakker en sug. Dis nie aldag maklik om ’n draak te wees nie. Veral nie as jou beste vriendin ’n opgewonde heks is nie.

Draak-sprokie-kompetisie: Kwartmaan

Maritza du Preez 2012-02-13 Grys skubvlerke sprei met ’n klapklank wat in die skadu van die berg herhaal. Met die dwarsspleet van sy oog bespeur hy beweging onder hom. Wie sou so dwaas wees om sy landstreek oor te steek? wonder die gedierte. Maar toe hy die soet geur van haar vel in sy neus voel brand, weet hy dat hy haar moet hê.

Draak-sprokie-kompetisie: Die groen draak

biesiesbewe 2012-02-13 Hulle het vriende gemaak toe hy sy kort swaard met die rooi robynstene vir haar gewys het. Sy het haar heldergroen gebreide tjalie van haar skouers laat gly en dit oor die roosboom gegooi.

Draak-sprokie-kompetisie: Domkop Drakie Druipstert

Yolande Fourie 2012-02-13 Domkop Drakie Druipstert drentel doelloos in Drakensig se bos rond. Hy is baie hartseer. Al die diere spot met hom, want hy is ’n bietjie dom. Kort-kort snuif hy.
Top