Fiksiekompetisies

Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Fiksiekompetisies | Fiction Competitions

Fiksie- en blitsfiksiekompetisie-inskrywings.
Neem deel aan een van ons kompetisies en lees al die ander inskrywings hier.

Fiction and flash fiction competition entries.
Enter one of our competitions or read all the other entries here.

Vervaldatum-kompetisie: My engel

Riekus van der Westhuizen 2012-04-10 Riekus van der Westhuizen is een van die wenners in ons Vervaldatum-kortverhaalkompetisie.

Koggellag van die hadida

Elsabe Kruger 2012-04-04 En nou staan hy weer hier voor haar. En sy wéét: net nog ’n vervaldatum. Sy sien die bruin, manlike vingers wat ritmies op die rooi motorfietshelmet klop, en sy sien die blonde hare, omgekrap deur die wind en die helmet en wie weet wat, en sy sien die blou oë wat effens geamuseerd reg in haar verleë gesig inkyk.

Woodstock se vervaldatum

Hannes Steyn 2012-03-29 “Kom Paul, maak klaar. Ons gaan laat wees. Vir wat karring jy alewig daar tussen die blomme rond?”  “Maar ek ís mos klaar. Waar gaat ons nou weer heen?” Ek weet goed genoeg, maar het gehoop dat sy sou vergeet het. 

Vervaldatum-kompetisie: Annelien van toe-en-nou

Solet Scheeres 2012-03-27 Annelien druk die verkyker teen haar oë. Sy draai aan die fokusknop tot die eiland soos ’n groot grys homp in die see voor haar oë verrys. Molène. Sy zoem ’n bietjie verder uit. ’n Ent agter Molène, in die grou see, kan sy vaagweg die eiland Ouessant uitmaak. Net daar het die Drummond Castle op 16 Junie 1896 gesink ...

Vervaldatum-kompetisie: Hoeveel treë neem dit om ’n reis te voltooi?

Elma Black 2012-03-27 Ek haal my oorpluisies uit; dis doodstil. Skimme beweeg geruisloos en doelgerig; juis dít het my wakker gemaak. Nog voor my wekker kon afgaan. Hulle loop heen en weer op sokkies, vou slaapsakke op, trek klere aan, pak rugsakke.

Draaksprokie-kompetisie: Nog ’n wenner aangekondig

2012-03-16 Die tweede wenner van die kompetisie Maritza du Preez met haar sprokie "Kwartmaan".

Vervaldatum-kompetisie: Vervaldatum op LitNet-liefde

Elza Smal 2012-03-15 "LitNet-liefde het ’n vervaldatum, maar ware liefde het nie ’n vervaldatum nie.”

Vervaldatum-kompetisie: Die affair

Izak du Plessis 2012-03-15 “God nee, nie hier nie,” het hy gedink.“Nie hier nie. Hulle kan my nie hier kry nie. My beroep.”

Vervaldatum-kompetisie: Om te soen of nie te soen nie

Magdaleen Breedt 2012-03-15 “Katharina, moet nooit sommer deur enige ou seuntjie aan jou laat soen of vrypostig word nie.”

Vervaldatum-kompetisie: Joune – vir altyd

MarikeR 2012-03-15 "Die deur gaan oop en Willem kom binne. In my haas om die trane wat intussen oor my wange begin loop het, af te vee, vergeet ek heeltemal van die papier op die vloer."

Maskew Miller Longman Literature Awards reminder of closing date

AntheaV 2012-03-07 Maskew Miller Longman publishers are running their annual Literature Awards competition for the category of youth novels.

Draak-sprokie-kompetisie: Dit

teresa auret 2012-02-22 Laat een middag stap ’n drakie  hartseer en  alleen op ‘n verlate stofpad.
Roedolf  het ‘n entjie met sy fiets gaan ry.
Roedolf  stop, en staar  verbaas na die draak.

Draak-sprokie-kompetisie: Albertus, die draak wat nie kon vuur spoeg nie

Marjorie Whatley 2012-02-22 Toe Albertus wakker skrik, bevind hy hom in ’n digte woud.Waar sou hy wees? wonder hy. Dis nou al vier sonsondergange wat hy van sy blyplek weg is.

Draak-sprokie-kompetisie: Agter elke bende...

Marietjie Botes 2012-02-22 “Dit raak darem nou heeltemal te erg.”

Drietjie trek geïrriteerd aan die tossels op haar pienk pantoffels.

Draak-sprokie-kompetisie: Die laaste draak

Antoinette Diedericks 2012-02-22 Die maan gloei rooi in die swart hemel. “Waarom bloei die maan, Okar?” Aidan strek sy arms uit asof hy die maan wil aanraak.

Draak-sprokie-kompetisie: Sprokie van ’n kind

Tina Bredenhann 2012-02-22 My hart soek net een. Vinnig word ek gekeer deur ’n groot lelike bloedrooi draak. Skrikkerig kyk ek na die draak; ek weet dit is die einde!

Draak-sprokie-kompetisie: Joey se noue ontkoming

Marthie Prinsloo 2012-02-22 Joey loer grootoog om die ou eikeboom se stam na waar Mamma en tannie Susan op die stoep sit en tee drink.

Draak-sprokie-kompetisie: Die goue draad

Paula Hartzenberg 2012-02-22 Eenmaal was daar in die Lank-lank-gelede-land ’n klein voëltjie wat elke oggend ’n liedjie gesing het. Dan het daar ’n goue draad uit sy bekkie gekom wat so kosbaar was dat mense dit die goue draad van waarheid genoem het.

Draak-sprokie-kompetisie: Didi Drakie van Anderland

Elna Nieuwoudt 2012-02-22 Didi Drakie probeer ’n vuurvlam blaas. “Ag, nee ou Didi, dit is net ’n paar vonkies,” terg sy groot broer hom en hy blaas ’n regte vlam.

Draak-sprokie-kompetisie: ’n Sprokie van ’n draak

Annatjie Maree 2012-02-22 Borrel lees: “2012 is die jaar van die draak. Ons as diere van die Chinese diereriem verwag dat julle dié jaar iets gaan doen. In 2000 het die mensdom nie eens agtergekom het dat julle deur die feesjaar geslaap het nie.”
Top