Draak-sprokie-kompetisie: Dirkie Draak

  • 0

Dirkie Draak voel alleen. Hy het niemand om mee te praat of speel nie. Almal hardloop weg as hy naderkom.

“Hoekom is almal bang vir drake?” vra Dirkie Draak.

“Omdat drake vuur spoeg as hulle kwaad is,” antwoord Ma Draak.

Nou onthou Dirkie Draak van die dag toe sy pa, ma en hy piekniek gehou het in die woud. Dirkie se pa het kwaad geword vir die mense met die swaarde wat hom wou seermaak. Ander drake het nadergevlieg en Dirkie se pa gehelp. Die drake het groot vlamme uitgehoes. Die woud het amper afgebrand. Die olifante wat by die rivier piekniek gehou het, het kom help om die vlamme dood te spuit. Die vegters met die swaarde het weggehardloop.

Dirkie Draak wonder of hy sal kan vuur spoeg as hy kwaad is. Hy blaas en blaas, maar geen vlamme kom uit sy bek uit nie.

Dirkie Draak gaan speel buite. Hy oefen om vlamme te blaas. ’n Groot vlam kom by sy bek uit. Dit brand amper Pennie Muis se stert af. Die bome skiet op in vlamme en Dirkie Draak skrik groot.

Hy gaan dadelik grot toe en gaan vertel sy ma wat hy gedoen het.

“Mooi so, seun,” sê Ma Draak.

“Maar, Ma, die bome het gebrand toe ek vuur spoeg en die muis se stert het amper
afgebrand!” Dirkie Draak wil nie meer vuur spoeg nie. Hy wil niemand seermaak nie.

Ma Draak sê: “Kom eet eers jou spinasie voor jy weer buite gaan speel.”

“Ag, Ma,” sê Dirkie Draak, “ek hou nie van spinasie nie.”

“Dirkie, dan gaan jy nie volgende keer saam piekniek hou in die woud nie.”

“O, goed, ek sal my spinasie eet, dan word ek groot en sterk,” sê Dirkie Draak.

Dirkie eet sy spinasie, sy bord is leeg, en hy gee sy bord aan na sy ma en vra vir nog
spinasie.

“O, my sterk en slim seun,” sê Ma Dirkie. “Ek is so trots op jou.”

Dirkie eet weer sy spinasie en sy bord is leeg. Hy gaan speel weer buite.

Terwyl Pennie Muis aanstap winkel toe, kom Dirkie Draak om die hoek.

“O, raps,” roep Pennie Muis uit, “hier kom die draak weer! Jy moenie die bos aan die brand steek nie, draak.”

“Sal nie weer nie,” sê Dirkie Draak. “My naam is Dirkie Draak, en joune?”

“Ek is Pennie Muis.”

Pennie Muis en Dirkie Draak is nou boesemvriende.

Al die diere en voëls se gelag weergalm deur die woud.

Dirkie Draak geniet dit om saam met sy maats te speel.

Toe dit slapenstyd word, was Dirkie Draak moeg gespeel en Klaas Vakie het sy sand gestrooi. Dirkie Draak was gou in droomland. Hy droom hoe al sy vriende in die woud saam met hom lekker piekniek hou.

Die volgende oggend staan Dirkie Draak met nuwe krag op en sing vrolik uit volle bors.

Dirkie Draak se ma en pa is baie bly om Dirkie Draak so vrolik te sien en glimlag.

 

>>> Skryf in vir die kompetisie. Klik hier vir nog inligting.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top