Draak-sprokie-kompetisie: Iets die draak

  • 0

Die jaar van die draak het begin die jaar 2050. My ouma het altyd gesê dit is net stories, soos vampiere, die tandmuis, Kersvader, feetjies, kabouters die tokkelossie. Al die kulture het iemand of iets gehad iets om te vrees of iemand wat hoop en geluk bring. Oumense het geglo dit is net stories wat oorgedra word van ouer na kind, maar dit het alles verander.

Alles het verander toe ek gebore is. Ouma het gesê daar was ’n groot natuurramp. Ja, groot ramp, want alles wat hulle gedink het, bestaan nie ...

Mens probeer nog steeds maak of hierdie goed nie bestaan nie, maar dit bestaan wel. Daar is goed en kwaad in alles en in hierdie feetjiekarakters is daar ook.

My ouma-hulle het diere gehad wat by hulle in die huise gebly het, maar daar is nie meer honde en katte nie – dit is vir ons net stories.

Ons huisdiere is drake, tandmuise en gremlins. My pa wou niks van huisdiere weet nie, totdat ons na die draakskool toe gegaan het. Dit het groot bakleiery veroorsaak in ons huis. Ma glo dat alle kinders troeteldiere moet hê, soos sy dit noem, Pa het gesê dit kos net geld en wie gaan die gemors skoon maak wat die ding gaan veroorsaak. So het hulle vir dae aaneen baklei.

Ma het gewen en omdat dit die jaar van die draak is, gaan ons ’n draak kry. Ek het nou al aan al die name gedink wat Ouma sê sy haar troeteldiere genoem het, maar dit wil net nie pas by ’n draak nie. Spot (soos in die Engelse woord spot) die draak? Of wat van Vlekkie of dalk ... wag, wag ... nee, dit gaan net nie werk nie. Ek dink ons noem hom sommer Iets as ons hom sien, het Ma gesê.

Wel, Iets is toe uitgekies: die kleinste van die kleinste drakies wat ek nog gesien het, net 50 cm lank, en hy spoeg nog net rook. Pa sê hy weet nie wat gaan gebeur as die ding vuur spoeg nie, want ons huis is van strooi, maar dit maak nie saak nie, sê Ouma, die vreugde wat ’n troeteldier ’n mens gee, is baie meer werd as woorde of geld. Pa sê dit is glad nie meer werd as ’n huis nie en so het die nuwe bakleiery begin. Gelukkig het ek nou vir Iets en Iets het nou vir my. En ek hoef nie meer te lieg nie – my draak het my huiswerk regtig verbrand.

>>> Skryf in vir die kompetisie. Klik hier vir nog inligting.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top