Kinderboeke

Die Meerkat-reeks deur Mart Meij en Beatrix de Villiers: ’n resensie

Magdel Vorster Resensies 2024-10-15

"Die altesaam 13 stories vir graad 1, 15 stories vir graad 2, en 19 stories of feitestukke vir graad 3 behels leesstukke wat fabels, grappies, feitestukke, advertensies en voorbeelde van aanlyn  en/of elektroniese kommunikasie insluit. Praat- en leesaktiwiteite en speletjies tussendeur maak dit makliker vir leerders om leesbegrip in te oefen en dra daartoe by dat nuwe taalvaardighede aangeleer word."

Benru se boomskok deur Felicia Snyman-Du Toit en Die maniese muskietmoles deur De Wet Hugo: ’n gesamentlike resensie

Magdel Vorster Kinderboeke 2024-10-14

"Tien van die agtien hoofstukke van Die maniese muskietmoles is slothoofstukke. Daar is met ander woorde tien eindes – weliswaar nie almal positief nie, maar wel bevredigend. Sommige van hierdie eindes, hoewel nie oop nie, laat ook steeds ruimte vir interpretasie. Benru se boomskok eindig oop en al wat ek daaruit kan aflei, is dat die verhaal nog nie klaar is nie en daar ’n opvolgtitel sal wees."

Die pad na lesers se harte loop deur hul lagspiere

Freek Robinson, Jaco Jacobs Onderhoude 2024-10-03

Jaco Jacobs vertel vir Freek Robinson hoekom hy skryf om kinders te vermaak. Robinson wil ook by Jacobs weet: Hoe weet hy dat hy sy mark verstaan? Pas kinder- en jeugboeke aan by die tye? Is daar genoeg ondersteuning vir skrywers? En: Hoe kry ons kinders weer aan die lees?

Press release: Shortlist Announcement – Otto Foundation Children’s Book Award

LitNet Books and writers 2024-10-02

The Otto Foundation is excited to reveal the shortlists for its inaugural Children’s Book Award. The award was conceived with the aim to support local publishers, promote new authors and illustrators, and to recognise quality South African storytelling.

Ben en die groot toets deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-09-30

"Kinders sal hierdie storie, met die mooiste kleurvolle illustrasies, baie geniet en leersaam vind, en hulle met Ben kan vereenselwig. Hierdie boek is ’n móét vir enige kind wat oor die drumpel stap om die wêreld van klank en lees te betree."

Goue lint, my storie begint: Die mag van volwassenes se boekkeuses vir kinders

Anke Theron Kinderboeke 2024-09-25

"Hoe kry jy ’n kind om ’n boek te lees? Maklik, die oudste truuk in die boek: 'Jy mag nie hierdie boek lees nie. Hoekom? Want ek het so gesê.' Klink dit bekend? Dit is hoe volwassenes mag uitoefen oor boekkeuses vir kinders."

Persverklaring: ATKV-kinderboektoekennings 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-17

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon.

Nina-omnibus – Die awesome speurklub deur Elizbè van der Colff: 'n resensie

Magdel Vorster Kinderboeke 2024-09-17

"Leerders kan ’n paar goeie idees vir entrepreneursdae by Nina en haar klasmaats kry. Lesers sal hulle ook met die gemoedelike onderonsies tussen seuns en meisies en die stryery onder sibbe kan vereenselwig. Ek vermoed hulle gaan ook gril, en ek sal nie verbaas wees as daar koppe ná hierdie storie jeuk nie."

Jani Jonker gloei in die donker deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Magdel Vorster Kinderboeke 2024-09-17

"Humor, sowel as Emily House se illustrasies en kreatiewe tipografie, maak die verhaal toeganklik vir ’n groter teikengroep."

Flaffie en Stink sokkies deur Jaco Jacobs: ’n gesamentlike resensie

Loraine van der Westhuizen Kinderboeke 2024-09-12

"Om te lees vir plesier en terselfdertyd jou arsenaal aan te vul om sekere struikelblokke en kwessies aan te pak, is ’n bonus – veral vir ontwikkelende lesers, maar eintlik vir almal in die gemeenskap. Die wêreld sal beslis ’n beter plek wees as álmal (meer) kinder- en jeugliteratuur lees."

Die Smooie en die Smoue deur Julia Donaldson: ’n lesersindruk

Izak de Vries Kinderboeke 2024-09-09

"Die Smooie en die Smoue, geskryf deur Julia Donaldson met illustrasies deur Axel Scheffler, is pret. Dit is boonop propvol tydlose waarhede, tussen al die guitigheid deur. Ek wens alle politici in alle wêrelddele wil dit lees. Jaco Jacobs se vertaling is heerlik."

Kode bruin! Die goorste week ooit!-kinderboekreeks: ’n jonglesersindruk

Liam Lang Kinderboeke 2024-09-04

"Justin het skaars MAANDAG oorleef en toe is dit DINSDAG, en sy kat is steeds weg – waarskynlik deur aliens ontvoer! WOENSDAG was woes saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand! Maar ek wil nie nou alles vertel nie; jy moet self die reeks lees!"

Ons eie Kleuterbybel deur Juliana Nothnagel en Johann Strauss: ’n teologies-estetiese perspektief

Elmarié Dercksen Kinderboeke 2024-08-15

"Behalwe vir volpunte vir die visuele ervaring, verdien die boek ook onderskeiding vir taalgebruik en teologie."

Goue lint, my storie begint-rubriek: die waarde van illustrasies in kinderboeke

Anke Theron Kinderboeke 2024-08-14

"In ons alledaagse lewe word ons gebombardeer met visuele tekste wat spreek tot ons begrip van prente, diagramme, vorms, kleure, ensovoorts. Dit is deel van die aandagekonomie van die moderne wêreld, veral die tegnologiese sosiale mediawêreld. En waar begin ons vir ons kinders leer hoe om sin te maak uit al hierdie visuele tekste? Dit is juis die antwoord wat illustrasies in kinderboeke vir ons bied."

Vlooi en die Olimpiese vlam by die Kunstekaapteater: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck, Marinda Engelbrecht Teater 2024-08-01

"As die towersleutel begin gloei, gaan Vlooi en sy maats [karakters in die Oxford University Press-leesreeks wat vir die Grondslagfase voorgeskryf is] op ’n avontuur, en hierdie keer is die bestemming Parys! En hulle is net betyds vir die dertigste Olimpiese Spele."

Sanri Steyn-omnibus 3: ’n onderhoud met Theresa van Baalen

Naomi Meyer, Theresa van Baalen Kinderboeke 2024-07-24

Theresa van Baalen praat oor die drie Sanri Steyn-stories wat onlangs in nog ’n Sanri Steyn-omnibus gepubliseer is. (En as jy inligting oor Theresa soek met die oog op die derde kwartaal se literêrenavorsingsprojek, kyk ook hier!)

Harry Potter toor weer met Afrikaans: ’n kinderboekbespreking

Liné Loff Kinderboeke 2024-07-15

"Ek is dankbaar dat die Harry Potter-reeks in Afrikaans beskikbaar is. Nie net is dit ’n aanduiding dat Afrikaans lewend is nie, maar maak dit hierdie lieflike stories met belangrike lewenslesse meer toeganklik vir Afrikaanse kinders (én volwassenes), veral dié wat soms nodig het om aan die werklikheid te ontsnap."

Volwassenes moet lees sodat kinders stories kan vind

Anke Theron Kinderboeke 2024-07-15

"Hoekom moet grootmense kinder- en jeugboeke lees? Volwassenes kan mos al lees, maar tog is die boeke wat vir jonger lesers geskryf en bemark word, van groter belang as wat daar besef word. Dit is dalk net die boek wat jy nodig het om weer iets wat verlore was, te vind."

’n Onderhoud met Wendy Maartens oor Sankind lees die wind

Louise Viljoen (JBay), Wendy Maartens Skrywersonderhoude 2024-07-03

"Sankind lees die wind is ’n bundel kortverhale gebaseer op tradisionele Sanstories. Dit is oorspronklik neergepen deur Gideon Retief von Wielligh, broerskind van Voortrekkerleier Piet Retief en eertydse landmeter-generaal van die ZAR. Wendy Maartens het dit pas vir kinders verwerk."

Kaptein Onderbroek se avonture klink goed in Afrikaans: ’n resensie

Maryke Roberts Kinderboeke 2024-07-02

"Ek het die boeke geweldig baie geniet en hou van die kinderlike pret wat die twee seuns het. Die onderwerpe sluit alles van zombies en toilette met tande, bankrowers en wetenskapeksperimente, tot slegte snoepiekos in."

Top