Jonathan Ball-portaal

Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.

We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Nuut by Human & Rousseau: Al die swendelaars deur Chris Karsten

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-09

Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras. Waar begin die storie wat Arrie eindelik oorvertel? By die Turkse perdekopers? By Jooste se ponzi wat Bertie en vriend Diek se neseiers ingesluk het? Of begin als by die miljoene wat uit ’n rusbank op Jooste se stoetplaas verdwyn het?

Cliff-hanger: Life is ’n biets deur Faeed Amardien

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-10-09

"Ek dink elke leser moet hierdie boek lees. Ek wil nie oordeel uitspreek nie, maar ek dink die haweloses word steeds beoordeel – en hierdie boek laat jou in hul spore stap."

Fresh off the press: Malema: Money. Power. Patronage. by Micah Reddy and Pauli van Wyk

LitNet Books and writers 2025-10-08

Over the past two decades, Malema has leveraged his growing political clout to bankroll his party and amass a personal fortune. In this revealing book, investigative journalists Micah Reddy and Pauli van Wyk follow the money, demonstrating how Malema built his fiefdom. 

Die ooggetuie deur Wilna Roux, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2025-10-01

"Die ooggetuie is die een boek wat John Grisham sou wens hy het geskryf."

Pasverskyn: Die jaar toe dit gemmerbier gereën het deur Philip de Vos

LitNet Boeke en skrywers 2025-09-30
Moedverloor word deur ’n verskriklike droogte geteister. Die dorp is verlate – behalwe vir Koot Marais, die apteker, en sy gesin. Maar dan beland Katisja op hulle voorstoep – gewapen met slegs haar rooi sambreel en onmoontlike oplossings vir allerhande onmoontlike probleme.

Commendatio: Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir fiksie 2025

Willie Burger Boeke en skrywers 2025-09-27

"Onrus op Steynshoop is daarom nie net ’n roman wat die hoogtepunt van 2024 se fiksie is nie, dit is ook ’n hoogtepunt in Winterbach se oeuvre."

Commendatio: Jan Rabie-Rapportprys vir debuut en tweede prosawerke 2025

Bibi Slippers, Jolyn Phillips Boeke en skrywers 2025-09-27

"Dit is ’n uitsonderlike boek: verpletterend én lieflik, vol harde werklikheid én hart."

Commendatio: Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2025

Lindie Koorts Boeke en skrywers 2025-09-27

"Haar stem. Dit is haar stem wat klokhelder na jou roep."

Commendatio’s: Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2025

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2025-09-27

Lees Bibi Slippers se commendatio’s van die 2025-boekresensiewenners.

Commendatio: Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2025

Ryan Pedro Boeke en skrywers 2025-09-27

"ek en jy bestaan nie is ’n hoogtepunt in Danie Marais se oeuvre."

Commendatio: Herman Binge-filmprys 2025

Kerneels Breytenbach Boeke en skrywers 2025-09-27

"Vriende, medelesers, PJO Jonker se roman Die Onsigbare is ’n boek van hoop."

Persverklaring: Netwerk24 kykNET Rapport-pryse 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-09-27

"Trantraal en Africa is twee van die sewe pryswenners wat Saterdagaand 27 September 2025 op ’n glansfunksie by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad bekroon is vir skryfwerk wat gedurende 2024 verskyn het. Altesaam vyf boekpryse en twee resensiepryse met ’n totale prysgeld van R1,4 miljoen was op die spel."

Die jaar toe dit gemmerbier gereën het deur Philip de Vos: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-09-24

"Nee, ons boeremeisie heet Katisja, en haar rum punch is gemmerbier. Die enigste ding wat dalk dieselfde is, is die wind van verandering."

Nuut by Best Books: Lees en kyk met begrip: Graad 9 AFR HT, saamgestel deur Marnel Agenbag

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-23

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in Graad 9 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns.

Nuut by Best Books: Lees en kyk met begrip: Graad 8 AFR HT, saamgestel deur Frans Mostert

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-23

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 8 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. 

’n Onderhoud met Santie van der Merwe, skrywer van Weg is nie ’n plek nie

Annette Havenga, Santie van der Merwe Skrywersonderhoude 2025-09-23

"'Skryf kan ’n eensame proses wees. Dit is jy, jou verbeelding, die woorde en die storie,' vertel Santie. 'Jy moet hou van jou eie geselskap.'"

2025-UJ-debuutprys vir Afrikaans vir Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks: aanvaardingsrede

Gaireyah Fredericks Boeke en skrywers 2025-09-22

"In 2015 sien ek virrie eeste kee Kaaps inne klomp bundels wat ek deelies virrie preparation virre play. Ek frons en sukkel ommit in my kop te formulate, ma verstaan, en kry et late reg na ekkit hardop begin lies. Die joelyt in my ore en my hart embrace ’ie moment met excitement. En ek realise, ek isse Kaapse skrywer. Dai’s my taal. Daisie taal wat ek op my ma se skoot gehoorit en vi ouma in performit as ek haa entertain oppie stoep innie agtemirrags. Om myself oppe stuk papie te gesien gepresent wod, was magical."

2025-UJ-debuutprys vir Afrikaans vir Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks: commendatio

Karen de Wet, Earl Basson Boeke en skrywers 2025-09-22

"As djyrie dood ennie dooie met soeveel respek moet handle, dan issit net logical dattie living even more so met dai en beyondit getreat moet wôd. Die tema 'dood' is actually nie ’n ytgesonderde eventie; is life en is in sy essence die living viewpoint van life."

2025-UJ-prys vir Afrikaans aan Ingrid Winterbach vir Onrus op Steynshoop: commendatio

Janien Linde Boeke en skrywers 2025-09-22

"Uiteindelik lê die 'antwoorde' op die eksistensiële vrae wat in die roman gevra word, nie in grootse ekonomiese, politieke of etiese bedrywighede, of in die selfregverdigende projekte van mense wat hulself belangrik ag nie, maar in die klein oomblikke van intimiteit en oplewing wat die karakters onverwags en toevallig raakleef tussen geliefdes, of wat ervaar word by die waarneem, of skep van ’n betekenisvolle kunswerk."

2025-UJ-prys vir Afrikaans aan Ingrid Winterbach vir Onrus op Steynshoop: aanvaardingsrede

Ingrid Winterbach Boeke en skrywers 2025-09-22

"Ek is nie ’n filosoof nie; ek is ’n skrywer. Romans is een van my diepste plesiere en die skryf van romans my grootste commitment. Dit is die aktiwiteit wat my soggens laat opstaan en wat my deur my moeilikste tye dra. Sophia Loren het gesê alles wat sy is, is te danke aan spaghetti. Alles wat ek is, is te danke aan Johannes Gutenberg."

Top