Jonathan Ball-portaal
Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.
We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Sarah plus een deur Kristel Loots: ’n resensie
2026-01-06"Ouer vroue, wat die grootste persentasie van lesers uitmaak, sal alwetend glimlag oor die swaartekrag wat aan jou lyf kom hang, die brille en pille, die kwinte en kwale. Been there, done that. As jy nie daaroor kan huil nie, dan lag jy maar daaroor."
My jaar van vrees en vryheid: ’n onderhoud met Marita van der Vyver
2026-01-06"As fiksieskrywer het ek dalk ’n voordeel bo ander – ek skryf my stories sonder om te weet hoe hulle gaan eindig. Al skrywende leer ek die einde ken. Nou kan ek seker ook sê: Al lewende leer ek my lewenslot ken?"
Kortliks met Stefaans: My top-8-boeke van 2025
2025-12-23"Hier is my top-8-boeke van 2025. Ek het my keuse uit alle genres waar ek vanjaar gekuier het saamgestel."
Pasverskyn: Sprokie in ’n streepbaadjie deur Christien Neser
2025-12-18Heloise begin graad elf by Presidentpark. Daar ontmoet sy AB, die skool se "bad boy", wat ook in haar kunsklas is. Wanneer hulle kunsonderwyser bedank, stel AB vir Heloise aan sy ouma voor, beeldhouer Heike Leibig. Heike se middeleeuse heldin is Heloise, wat saam met haar geliefde Abelard (na wie AB vernoem is) in Parys se oudste begraafplaas lê.
Eleksie op Erdvark deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
2025-12-18"Glip een in elke Kerskous wat jy vanjaar moet vul. Dis lekker lag, na binne kyk en klein dorpie op sy beste."
Die drie weduwees deur Irma Venter: ’n resensie
2025-12-15"Irma is bekend vir haar vermoë om spanning met ’n karaktergedrewe storielyn te balanseer, en in hierdie roman bereik dit ’n nuwe hoogtepunt."
My jaar van vrees en vryheid deur Marita van der Vyver: ’n resensie
2025-12-15Marita van der Vyver se boek is veel meer as ’n reisboek – dis ’n besinning oor die lewe en oor hoe ons leef, skryf Ilse Salzwedel.
Pasverskyn: Wen die stryd in jou gedagtes deur Joyce Meyer
2025-12-10Bekommernis, twyfel, verwarring, depressie, woede en gevoelens van veroordeling is alles aanvalle op die gemoed. Bekende outeur Joyce Meyer sal jou help om hierdie belangrike gevegte te wen.
Pasverskyn: Vredemaker deur Reggie Peace
2025-12-04Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer, maar hy bly ontevrede met homself. Hy streef voortdurend na erkenning en aanvaarding, tot hy besef dat hy ’n keuse het: Kies die lewe, óf kies ’n stadige dood.
Boekevat met Deborah: Die drie weduwees deur Irma Venter en Nobody’s girl deur Virginia Giuffre
2025-12-02"Ek wil oor twee boeke skryf. Die eerste is, genadiglik, fiksie – misdaadfiksie. Die tweede is niefiksie, outobiografies en absoluut sielvernietigend."
Amma deur Charmaine Africa: ’n resensie
2025-11-25"Charmaine Africa doen baanbrekerswerk met hierdie memoir, wat glad nie moeilik lees nie en jou soos ’n doodgewone roman meevoer. Hierdie memoir het goeie karakterontwikkeling, die wêreld se spanning, ruimtebeskrywings wat goed inspeel op die spanning en ontwikkeling, maar die meeste van alles, ’n baie sterk storielyn wat spreek van diep letsels as gevolg van apartheid en familieverhoudinge."
Fresh off the press: The colonialist: The vision of Cecil Rhodes by William Kelleher Storey
2025-11-18This first comprehensive biography of Cecil Rhodes in a generation illuminates Rhodes’s vision for the expansion of imperialism in southern Africa, connecting politics and industry to internal development, and examines how this fueled a lasting white-dominated colonial society.
Hell of a country deur David Cornwell: ’n lesersindruk
2025-11-18"Vir lesers wat hou van waremisdaad, historiese fiksie en stories wat diep delf in die menslike psige, is Hell of a country ’n onmisbare boek."
Al die swendelaars deur Chris Karsten: ’n resensie
2025-11-18"Ek sien in my geestesoog hoe Karsten in sy stoel agtertoe leun nadat hy die laaste paragraaf getik het en tong in die kies bydink: Trou is nie perdekoop nie."
Boekevat met Deborah: Die man van elders deur Helene de Kock
2025-11-18"Iets wat my geval van liefdesverhale, besluit ek, is die goeilikheid. Is dit ’n woord, die juiste woord? Daar is ’n gapende vallei tussen lig en donker en die goeie mense is van goedheid aanmekaargesit, selfs al het hulle in hul prille jeug growwe flaters begaan. Verlossing is moontlik en die leser glo dat die goeie gaan seëvier."
Pasverskyn: 30 minute: Suid-Afrikaanse lugbraaierkookboek deur Louisa Holst
2025-11-13Topverkoper Louisa Holst is terug met nog ’n treffer propvol watertandgeregte, wat in ’n japtrap in jou lugbraaier gemaak kan word. Geniet smullekker biryani-hoenderslaai, pikante stokvis-en-jalapeño-gebak, varktjops met geroosterde chakalaka en stomende frikkadelle-en-pap. En die ietsie soets ter afronding? Ontspan – onweerstaanbare nageregte sorg vir daardie soete verleiding – alles kant en klaar in net 30 minute.
Resensie van Eben Etzebeth se biografie Ten slotte
2025-11-12"Meer as ’n duisend belangstellendes het in Oktober by die N1-winkelsentrum in Kaapstad opgedaag toe hy sy boek bekendgestel het."
Moordsake met die meesters: ’n resensie van Deon Meyer se Skorpio
2025-11-11"Buiten vir hulle skerp humor, is die twee kapteins duidelik herkenbaar."
Pasverskyn: Klein woordeboek / Little dictionary (Pharos)
2025-11-04Hierdie tweetalige woordeboek (Afrikaans-Engels | Engels-Afrikaans) is ’n splinternuwe, kompakte naslaanwerk wat ontwerp is vir vinnige toegang tot hedendaagse taalgebruik. Taalleiding sluit lettergreepverdeling, woordsoorte, verbuigings en genommerde vertalings in.
Wanneer appeltjies geskil word: ’n lesersindruk van Sidney Gilroy se Roulette
2025-10-29"Roulette het my spoedlees verbeter; ek het dit gulsig verslind."
