Titel: My skaduwee loop los
Skrywer: Zirk van den Berg
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795803376
Op sy ma se begrafnis in die Kaap maak André Verreyne die verbysterende ontdekking dat hy ’n identiese tweelingbroer het van wie hy in die wieg geskei is. Hy het net enkele dae om sy broer te probeer opspoor voordat hy moet terugvlieg Nieu-Seeland toe vir sy dogter se troue. Gou begin ’n prentjie vorm van ’n persoon wat héél anders as André self is. Hoe meer hy oor sy broer uitvind, hoe meer begin hy sy eie lewenskeuses bevraagteken.
My skaduwee loop los is ’n meesleurende, veelvlakkige verhaal oor die soeke na wat werklik die waardevolste lewe is en die antwoord op die tergende vraag: Wat as?

