Jonathan Ball-portaal

Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.

We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Nuut by Queillerie: Patmos deur Willem Anker

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-09

Ná ’n meteoriet op ’n plattelandse dorp neerstort, kom soek ’n komponis inspirasie vir die klankbaan van ’n wetenskapsfiksiefliek. Hy loseer by ’n astronoom wat navorsing oor gravitasiekolke doen. Haar agtjarige seun praat nie. Die astronoom wil van haar verlede ontsnap. Die komponis het ’n toekoms wat hy nie wil trotseer nie. In die onmoontlike "nou" ontstaan ’n aarselende verhouding tussen dié twee beskadigdes; wentel hulle om mekaar met kragte wat tot vernietiging óf vernuwing kan lei.

Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2025-07-09

"Hierdie boek is nodig. Met die lees daarvan het ek egter besef dat dit eerder ’n nuttige handleiding vir ouers en die gemeenskap is oor die gevaartekens wat geweldsmisdaad voorafgaan as ’n boek oor die persoonlike besonderhede van Deveney."

The shortest history of China deur Linda Jaivin: ’n resensie

Marius Vermaak Resensies 2025-07-08

"Ek het met ’n fyn kam deur die indeks gegaan op soek na gapings. Dis werklik merkwaardig hoe soveel in so min bladsye gedek word."

Boekevat met Deborah: Die dood van Rachel April en Die boekengel

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-07-08

Deborah Steinmair skryf ’n nuwe boekrubriek vir LitNet. In hierdie week se aflewering skryf sy oor Die dood van Rachel April deur PP Fourie as "’n heerlike literêre riller oor die kunswêreld en die leefwêreld van voorheen benadeelde jongmense in ’n nuwe bedeling, oor identiteit en tuishoort"; en oor liefdesverhale waarvoor mens nie jou neus hoef op te trek nie, soos Boekengel deur Malene Breytenbach, al weet mens reeds "die sluimerende liefde [gaan] bot soos ’n roos."

Etienne van Heerden lees voor uit Gebeente

Etienne van Heerden Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-07-08

Tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée van 2024 het Etienne uit sy roman Gebeente voorgelees.

Nuut by Tafelberg: Sny hulle in sterre uit deur Fanie Viljoen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-04

’n Aardbewing op ’n Vrystaatse myndorp laat ’n skoolgebou ineenstort en keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor, totdat ’n reddingspan hulle dae later eers uitgrawe. Maar een van hulle oorleef dit nie ...

Eendag is te ver: ’n onderhoud met Jaco Strydom

Naomi Meyer, Jaco Strydom Skrywersonderhoude 2025-07-02

"Dis belangriker om lewendig te voel as om lekker te voel."

François Loots se Twyfelbos is ’n Pierneef-skildery: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-06-25

"Die stryd rondom seksualiteit, werkloosheid, liefde, pyn en verlies word kunssinnig vervleg in elkeen van die karakters wat opstaan tussen die blaaie om jou leefwêreld vir 263 bladsye lank binne te dring."

Vyfsterboek! Die ooggetuie deur Wilna Roux, ’n lesersindruk

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2025-06-24

"Ek het ongelukkig nog nie iets soortgelyks in Afrikaans raakgeloop om ’n vergelyk te tref nie, maar hierdie hofdrama wat oor 14 dae afspeel, is vir my baie geloofwaardig. Ek kan nie wag vir boek twee in die reeks nie."

Dink jouself gelukkig – verander jou denke, verander jou lewe deur Pieter van Jaarsveld: ’n resensie   

Riette Rust Resensies 2025-06-24

"Dink jouself gelukkig is meer as ’n boek oor positiewe denke. Jy sal leer hoe om jou brein te herbedraad en daarom die vermoë te kan ontwikkel om jouself gelukkig te dink."

François Loots se Twyfelbos sleur mee: ’n lesersindruk

Mimie de Vries Lesersindrukke 2025-06-23

"Lesers kan hul verlustig in die taalgebruik waarmee die landskap, see en dierelewe beskryf word, en dit doen nie oordadig of herhalend aan nie, omdat dit naatloos vervleg word met reisgegewe. Fynbosprag word reeds op die voorplat in die vooruitsig gestel."

Moord, kos en boeke: Bonnie Espie se Making a killing verras

Annette Havenga Boeke en skrywers 2025-06-09

"Espie bring met Making a killing ’n heerlike draai in wat as knusmisdaadstories beskryf word (in Engels ’n cosie). ... Haar inspirasie vir Making a killing het gekom uit die plattelandse dorpie en sy mense waar sy nou woon."

Uittreksels en oefenvoorbeelde: Lees en kyk met begrip vir Afrikaans Huistaal-leerders in graad 7 deur Aletha de Klerk

NB-Uitgewers Jonathan Ball-portaal 2025-06-03

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 7 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, spotprente, plakkate, grafieke en opsommings.

Lees en kyk met begrip vir Afrikaans Huistaal-leerders in graad 7: ’n onderhoud met Aletha de Klerk

Naomi Meyer, Aletha de Klerk Skole 2025-06-03

"Teen eksamentyd voel dit mos of alles gelyk moet gebeur – en eintlik gister al. Die kind se konsentrasie wankel, die rekenaar gee in, en selfs die hond kruip weg. In daardie oomblik is Lees en kyk met begrip Graad 7 Huistaal presies in die kol – soos daardie ekstra stel hande wat jy nie eers geweet het jy nodig het nie."

New from Tafelberg: Corporate newsman: a life of integrity by Kaizer Nyatsumba

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-05-28
Kaizer Nyatsumba tells his remarkable story of transition and integrity. From his birth in poverty on a farm at White River in Mpumalanga to studies in the US and the UK, becoming a journalist, the first black editor of a mainstream newspaper, and finally a senior business executive, Corporate newsman chronicles the extraordinary journey of Kaizer Nyatsumba.
 

Fresh off the press: Behind prison walls by Edwin Cameron, Rebecca Gore and Sohela Surajpal

LitNet Books and writers 2025-05-28

South Africa faces severe femicide, and most murderers evade justice. Prisons fail by perpetuating crime; harsher sentences do not help. Edwin Cameron, after visiting prisons, advocates for reform. Along with colleagues, he suggests abolishing minimum sentences, cash bail, and decriminalising drug use to improve safety and justice.

Prins deur Ryan Pedro: ’n resensie

Louise Viljoen Resensies 2025-05-27

"Die beelde van manlikheid wat die digter hier aanbied, wil veral ons begrip van bepaalde vorme van manlikheid kompliseer en verwikkel."

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Twyfelbos deur François Loots, 3 Junie 2025 by Strand Biblioteek

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-27

Kom gesels saam met François Loots en Jeremy Vearey oor François se splinternuwe historiese roman, Twyfelbos, op 3 Junie by Strand Biblioteek.

The truth about Cape Slavery deur Patric Tariq Mellet: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2025-05-26

"Daar moet beslis veel meer oor slawerny gepraat word, en daar moet baie navorsing daaroor gedoen word. Maar nie op hierdie manier nie."

Invitation: Book launch of The lucky ones by Alistair Mackay at Love Books in Melville on 26 May 2025

LitNet Books and writers 2025-05-23

You are invited to the book launch of The lucky ones by Alistair Mackay at Love Books in Melville, Johannesburg, on 26 May 2025 from 17:30 for 18:00. Jarred Thompson will be in conversation with Alistair Mackay.

Top