Jonathan Ball-portaal

Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.

We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Persverklaring en nuutsflits: Afrikaans Amptelik 100 – NB-Uitgewers bied afslag op sekere boeke!

LitNet Jonathan Ball-portaal 2025-05-07

"Om die amptelike erkenning van Afrikaans op 8 Mei 1925 te herdenk, skop NB se 'wees wakker, soek die geel plakker!'-veldtog vanjaar op 8 Mei af. Lesers kan in boekwinkels op die uitkyk wees vir dié Afrikaanse boeke wat met ’n heldergeel plakker gemerk is."

NB-Uitgewers se nuwe uitgewershoof: ’n gesprek met Annie Olivier

Naomi Meyer, Annie Olivier Onderhoude 2025-05-02

"Van die beste uitgewers wat ek ken, sit ure en ure lank om skrywers te help om storielyne te verbeter, karakters uit te bou, die logiese vloei te verbeter, of kommentare te laat om skrywers te lei om self verder te werk. Dikwels sukkel die skrywer om die nodige veranderinge aan te bring en dan spring jy self in en doen die nodige werk. Dit is ons sogenaamde USP (unique sales point of unieke verkoopspunt) en een van die dinge wat sorg vir die grootste verskil tussen selfpublikasie en om by ’n uitgewershuis uit te gee."

Fresh off the press: In search of Nongqawuse by Treive Nicholas

LitNet Books and writers 2025-05-02
In 1856, a teenage girl led 40 000 to their deaths in the Eastern Cape. When Treive Nicholas arrived in the 1980s to teach, he was captivated by the Wild Coast. Researching its history, he explores the Cattle Killing of 1856-1857. Was Nongqawuse a deceiver or a liberation leader? Treive’s quest spans continents, from South Africa to England, ending with a shocking revelation closer to home than expected.

Suidoosterfees Junior 2025: Woordedief, ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck Suidoosterfees 2025-04-30

"Kinderteater is van 3 tot 103. Dis so lekker om te sien hoe die kleintjies hulle verkneukel, en daar is baie gehoordeelname. Jy sal sien: As jy kom kyk, gaan jy nie net kan bly sit nie!" Woordedief is gebaseer op Best Books van NB-Uitgewers se reeks boekies wat geskryf is met die oog op voorgeskrewe tekste vir die Grondslagfase.

Persverklaring: Aankondiging van die Suid-Afrikaanse Akademiepryse vir 2025

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-04-25

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2025 aan.

Boekevat met Deborah: Dink jouself gelukkig, Hollywood on the veld en Khaki fever

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-04-23

Deborah Steinmair skryf ’n nuwe boekrubriek vir LitNet. In hierdie week se aflewering vra sy of jy geweet het om gelukkig te wees is ’n Bybelse opdrag. Sy skryf van toe die Goudstad se uitspattige spandabelrigheid begin uitrafel en teaters bankrot gespeel het. En sy skryf oor ’n boek wat haar deur sy skoonheid oorrompel het. 

Joha van Dyk (27 Februarie 1997 – 2 Februarie 2025)

Magdel Vorster In memoriam 2025-04-15

"Joha van Dyk kon skryf – soms byna poëties, soms filmies, altyd in ’n Afrikaans waarmee haar lesers kon identifiseer en waarmee hulle gemaklik was."

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Prins deur Ryan Pedro – 30 April, The Book Lounge, Kaapstad

LitNet Boeke en skrywers 2025-04-14

Kom luister gerus na Ryan Pedro en Alfred Schaffer by die boekbekendstelling van Prins op Woensdag, 30 April by The Book Lounge in Kaapstad.

"Dit het begin by my liefde vir boeke en lees": ’n onderhoud met Marga Stoffer

Naomi Meyer, Marga Stoffer Onderhoude 2025-04-10

"Vir my persoonlik voel dit ook asof ’n siklus voltooi is: Ek het by NB begin in die tyd van die samesmelting van Tafelberg en Human & Rousseau, en ek verlaat NB wanneer dit deel word van Jonathan Ball Publishers."

Persverklaring: NB-Uitgewers sien toe dat rekordtal vertalings die lig sien

LitNet Jonathan Ball-portaal 2025-04-07

NB-Uitgewers kan met trots aankondig dat die vertaalregte in 27 van hul titels in die huidige boekjaar aan buitelandse uitgewers gelisensieer is – die meeste in die uitgewery se geskiedenis.

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Leeumens deur Rudie van Rensburg, 10 April, Malmesbury-biblioteek

LitNet Boeke en skrywers 2025-04-03

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Rudie van Rensburg se misdaadriller Leeumens. Kom kuier en gesels saam met die skrywer en Engela Duvenage op 10 April by Malmesbury-biblioteek.

Boekevat met Deborah: Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag, An act of murder en Outopsietafel

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-04-03

Deborah Steinmair skryf ’n nuwe boekrubriek vir LitNet. In hierdie aflewering skryf sy oor boeke waarin iemand in haar verlede die trofeebruid van ’n gay bendebaas was, iemand anders ’n slegte pruik en poliësterbroek dra en toneel speel vir sy lewe, en oor die algemeenste item in die sakke van oorlede Suid-Afrikaners.

Persverklaring: Leerders en onnies is eregaste by Suidoosterfees en SOF Junior

LitNet Suidoosterfees 2025-04-02

Antjie Krog is op Dinsdag 6 Mei die hoofspreker tydens LAPA Uitgewers en Penguin Random House se Skouerskuur met ons skrywers. Dié SOF Junior-geleentheid verwelkom alle onnies, leesliefhebbers en bibliotekarisse vir ’n heerlike middag in die geselskap van 14 skrywers.

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Ontvoer deur Constant van der Merwe

LitNet Boeke en skrywers 2025-04-02

Kom kuier saam op Wêreldboekedag (23 April) by ’n boekgesprek oor Ontvoer deur Constant van der Merwe by Strand-biblioteek, waar Maryke Roberts met die skrywer in gesprek sal wees.

Leesstof vir die skoolvakansie! Speurhond Willem in Japan: ’n onderhoud met Elizabeth Wasserman

Naomi Meyer, Elizabeth Wasserman Kinderboeke 2025-04-02

"Willem is ’n goed-opgeleide speurhond wat lank diens gedoen het in die Internasionale Polisie. Hy praat en verstaan ’n hele paar tale, hy is ’n meester van verskeie soorte Oosterse gevegskuns, hy speel goed skaak (al verneuk hy soms bietjie) en hy kan Adriaan met sy wiskundehuiswerk help. Wie sou nie graag só ’n troeteldier wou hê nie?"

First sip: The first-generation founder by Raymond Ledwaba

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2025-04-01

Historical inequality affects entrepreneurship too. Knowledge and resources are still concentrated. Raymond Ledwaba is the founder and CEO of ITTHYNK Gaming and the co-founder of Diski Nine9. He successfully migrated from a career in banking to a life of entrepreneurship. Having not been exposed to a start-up environment, this was a plunge into the unknown. Read an excerpt here.

Persverklaring: Kortlyste van die SA Akademie se letterkundige pryse van 2025 bekend

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-03-28

Vanjaar is dit die tweede jaar dat die kortlyste van die Akademie se letterkundige pryse vooraf aangekondig word. Die vier kortlyste vir 2025 se boekpryse is pas bekendgemaak.

Rebecca deur Wilna Adriaanse, ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-03-27

"As dit vir jou vaagweg bekend klink, is jy op die regte spoor, want Rebecca het ná 20 jaar weer met mening op die rakke verskyn. Sy het niks ouer geword nie, maar wel ’n selfoon bygekry en rits nou met Uber wanneer sy nie kan stap waar sy wil wees nie."

Invitation: Book launch of The lucky ones by Alistair Mackay at The Book Lounge on 8 April 2025

LitNet Books and writers 2025-03-27

You are invited to an exclusive launch of The lucky ones by Alistair Mackay at The Book Lounge in Cape Town on 8 April 2025. You’ll be able to get your hands on a copy before anyone else. Plus, you can get your book signed by the author, who will be in discussion with Kelly Smith.

Nuut by Tafelberg: Rebecca deur Wilna Adriaanse

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-03-20

Op 25 is Rebecca Fagan in besit van ’n regsgraad, ’n rugsak, ’n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op ’n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy ’n kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek ’n "regte" werk. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van ’n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na ’n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen.

Top