ATKV|LitNet-Skrywersalbum
LitNet se omvattende Afrikaanse biografiese ensiklopedie, in samewerking met die ATKV en NALN
Johann de Lange (1959–)
2024-06-26"Ek glo ’n digter se taak is net om elke gedig wat hy skryf so deeglik as wat moontlik is op daardie stadium, te skryf. Die res is van die gode afhanklik." Johann de Lange se ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk. Lees meer oor sy lewe en werk hier.
Pirow Bekker (1935–)
2024-06-20"Skryf is ’n voortdurende onvrede met die tevredenheid. Daarom is dit half jammer ’n skrywer is net een maal in hierdie wêreld. Ek sê altyd ’n mens moet drie lewens hê: om te lewe, om te lees, om te skryf." Lees oor Pirow Bekker se lewe en werk.
Helena Gunter (1954–)
2024-06-12"Geskiedenis is belangrik. Dit bied die konteks waaruit jy kom en waarvandaan jy moet voortbeweeg." Helena Gunter se profiel in die ATKV-Skrywersalbum is nou bygewerk.
SV Petersen (1914–1987)
2024-06-03"Ander mense sê ek is ’n digter, maar vir my gaan dit om die stryd – die stryd om die waardigheid van mense." Lees oor SV Petersen se lewe en werk.
Bettina Wyngaard (1971–)
2024-05-02“Sosiale kommentaar is vir my ’n prioriteit in die literatuur. Dis soos om ’n spieël voor die mense te hou; dit daag die leser uit om sy idees en/of gedrag te verander.”
CJ Langenhoven (1873–1932)
2024-04-23“Skrywers wat meer as bloot meganiese werk lewer, neem die klein dingetjies waar, waarvoor geen grammatikale of stylreëls geformuleer kan word nie.”
Helene de Kock (1943–)
2024-04-03"Alhoewel die liefde ’n belangrike onderwerp in my verhale is, staan dit nooit apart van ander verhoudings nie. Die liefde self is verweef in die web van die lewe, glo ek."
Zirk van den Berg (1960–)
2024-03-22"Ek skryf omdat dit vir my lekker is. Omdat ek relatief goed is daarmee. Omdat ek beter voel as ek besig is om iets te skep. Om my lewe meer sinvol te laat voel. Omdat dit my kans gee om te speel en baas te speel. Omdat dit my help om vrede te maak met die dinge wat my pla. En omdat dit my help om weer daardie gevoel te kry wat ek as kind gehad het toe ons in die veld gaan piekniek hou het."
Irma Venter (gebore: 1970’s)
2024-03-08"My droom is om eendag die mees elegante Afrikaanse moordstorie te skryf, een waar geen naat wys nie."
Willem Anker (1979–)
2024-03-05"Aangesien lesers deesdae skaarser is as hoendertande, ysbere of katoolse pandas, lê die toekoms van Afrikaanse of watookalse letterkunde miskien in die opvoeding van ’n volgende generasie lesers."
Leon Strydom (1944–2021)
2024-02-28Gerrit Olivier: "Strydom dring ’n groot hoeveelheid verwysings, toespelings en dubbelsinnighede sonder enige interpunksie hoegenaamd binne enkele verse saam. Sodoende ontstaan ’n besondere digtheid, soms selfs duisterheid."
Rudie van Rensburg (1951–)
2024-02-22"Dit was ’n maklike besluit om my hand aan misdaadfiksie te waag. Die bevredigendste deel van die genre is om ’n lekker ingewikkelde plot uit te werk wat die leser gaan verras."
SJ Naudé (1970–)
2024-02-07"As mens skryf – vir my in elk geval – ondersoek jy nuanses van menslikheid. Dis heeltemal ’n ander soort waardestelsel as dié waar dit gaan oor geld."
Francois Smith (1964–)
2024-01-29"Ek het van ’n baie jong ouderdom geweet om te skryf is die belangrikste ding wat ’n mens kan doen." Lees oor Francois Smith se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Jaco Fouché (1967–)
2024-01-24"Ek dink as ek ’n boek sit en skryf, neem ek ook ’n rol aan. Ek wórd ’n karakter ..." Jaco Fouché se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Chris Karsten (1947–)
2024-01-16"Die waarheid was nog altyd vreemder as fiksie. Die plig van skrywers is om deurentyd grense te probeer oorsteek om die fiksieruimte vir lesers te vergroot." Lees oor die lewe en werk van Chris Karsten.
Gerda Taljaard (1971–)
2023-12-18"Wanneer ’n mens in jou moedertaal skryf, kom dit wat in die onbewuste onderdruk word, na die oppervlak. Dan skryf jy uit jou binnegoed en uit jou hart, met integriteit en rou eerlikheid."
Shirmoney Rhode (1991–)
2023-12-14"Daar is baie redes hoekom ek skryf. Maar die belangrikste rede is sodat ek my storie, wat baie keer te doen het met mense om my en mense in my gemeenskap, op kan teken. As ek dit nie doen nie, gaan niemand dit vir my doen nie."
Antjie Krog (1952–)
2023-12-06"As ek ’n lewe daaruit kon maak, sou ek net wou dig." Lees oor Antjie Krog se lewe en skryfwerk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Wilna Adriaanse (1958–)
2023-11-24"Afrika fassineer my omdat dit so onvoorspelbaar is [op] soveel maniere, veral as ’n mens dit vergelyk met ’n Europese leefstyl wat jou gees kan afstomp."