ATKV|LitNet-Skrywersalbum

LitNet se omvattende Afrikaanse biografiese ensiklopedie, in samewerking met die ATKV en NALN

Klik hier vir ’n alfabetiese lys van die biografiese artikels oor Afrikaanse skrywers wat beskikbaar is.

Maretha Maartens (1945–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-06-29

"Ek skryf omdat ek soek en dink, ontdekkings maak, kwaad raak, ’n waarnemer is, ekstases beleef, by geleentheid meer intense ontmoetings met God het."

George Louw (1939–2023)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-06-13

"Die seevoëls krys vandag
weer landlangs, die waters raak
benoud: ons het vergete hier
die see en land kom skei, op groot skaal drooggemaak."

Jakes Gerwel (1946–2012)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-06-07

"Afrikaans is een van Suid-Afrika se skatte. Daar is ander skatte ook, maar Afrikaans het ’n besondere geskiedenis, ’n baie menslike geskiedenis. Daarom dink ek die sprekers van die taal het alle reg om te werk vir die taal se voortbestaan."

Ingrid Winterbach (1948–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-05-25

"As jy ’n romanskrywer is, moet jy die tyd waarin jy leef, uitbeeld. Jy moet die hele spektrum van menswees uitbeeld."

Jan van Tonder (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-05-03

"Ek wil skép, ek wil mense laat huil en lag. Ek dink dis die oudste sonde, om soos God te wil wees. Om te wil skep."

SP Benjamin (1965–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-04-25

"Ek het nooit die idee gehad om te begin skryf nie. Ek het net begin."

Chanette Paul (1956–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-04-19

"Skryf bly vir my ’n verwonderenswaardige proses. Ek begryp nie dié mag van die storie en karakters wat oorneem nie, maar ek wil dit vir niks ter wêreld verruil nie."

Phil du Plessis (1944–2011)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-04-12

"My gedigte is ’n soort dagboek. Dit reflekteer wat om my aangaan en in my aangaan."

Melt Myburgh (1967–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-04-05

"Skrywers is die hekwagters en morele hoeders van ’n samelewing, die tussengangers wat vrae vra namens dié wat antwoorde soek."

Izak de Vries (1969–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-04-02

"Ek is in my hart ’n sendeling vir die Afrikaanse boek. Ek bekeer mense tot die boek – die boek met ’n kleinletter. Ek het ’n sosiale verantwoordelikheid."

Chase Rhys (1989–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-03-27

"My hele lewe ontwikkel ek my skryfstyl in private. Ek het nieman toegelaat ommit te lees nie, wan ek het gewiet ek moes eers myself vind voordat ek iets kan offer, anneste maak ek net geraas. Nou wiet ek wie ek is en die werk is uit in die wêreld om te doen wat dit moet doen."

Martie Preller (1948–2023)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-03-15

"Skryf is vir my om met verwondering te ontdek, groot-oog soos ’n kind, dat daar ’n Babalela en ’n Balkie in elkeen van ons is." Lees oor Martie Preller se lewe en werk.

Rosa Keet (1945–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-03-02

“Ek het al probeer kortverhale skryf, maar ek kan dit nie doen nie. Daar is niks wat my die bevrediging gee wat ek uit dig kry nie.”

Esta Steyn (1945–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-02-24

"Waar kom stories vandaan, wonder ek? En waar gaan soek jy die begin en die einde? Ek weet regtig nie. Ek weet net dat daar partymaal ’n fontein van vreugde uit die hemel oor mens oopgaan. En dan word die druppels woorde op papier."

Heilna du Plooy (1947–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-02-16

"Daar moet ook plek wees vir al die variasies van ’n taal, van die loslittigste informele sêgoed tot die professionele terme en formele wetenskaplike formulerings. Alleen dan kan die taal sy gemeenskap in alle fasette van die lewe tot diens wees."

FA Venter (1916–1997)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-02-07

“Ons lag vir droogtes, vir ellende, vir teenspoed. Ons lag vir die wêreld, vir onsself en vir mekaar. Partykeer lag ons eintlik van seerkry, maar wat lag is ons.”

Dolf van Niekerk (1929–2022)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-01-16

"Kyk, ’n gedig daag op. Dis die wonderlikste ding. Daarna begin jou verstand werk. Hy daag op uit ’n verwysingsraamwerk en jou bewussynswêreld, wat jare daar kon lê, nè? En op ’n dag dan sê hy, hier is ek. Maar dan begin die werk."

Elias P Nel (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-01-11

“En as ek deesdae by Verneukpan kom, gaan sit ek nog steeds lekker op die grond by die ooms en tannies en gesels. Met hulle is dit soos die gesegde: as iemand doodgaan, gaan ’n hele biblioteek van kennis tot niet.”

Boerneef (1897–1967)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-12-06

"Die berggans het ’n veer laat val
van die hoogste krans by Woeperdal"

Leonard Koza (1941–2010)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-11-29

"Daar is en sal altyd doemprofete wees wat Afrikaans nie ’n kans op voortbestaan gun nie. Dié doemprofete skyn egter te vergeet dat Afrikaans op die meeste plase gepraat word, en dat daar op dieselfde plase ook in Afrikaans geswoeg en gesweet, gevloek en gestry word. Laaste maar nie die minste word daar ook in Afrikaans gelag en gevier wanneer oestyd aanbreek."

Top