ATKV|LitNet-Skrywersalbum
LitNet se omvattende Afrikaanse biografiese ensiklopedie, in samewerking met die ATKV en NALN
CF Beyers-Boshoff (1926–1989)
2022-03-15"As jy skryf, moet dit wees soos ’n stuk rou lewer wat jy op wit satyn gooi. Vir subtiliteit is daar in kommersiële skryfwerk min plek." Lees oor CF Beyers-Boshoff se lewe en werk.
Deborah Steinmair (1962–)
2022-03-11"Vir my is dit vlieg sonder vlerke. Sodra jy óf begin twyfel óf begin grootkop kry, sink jy soos ’n klip. Skryf is baie opwindend en baie vreesaanjaend. Beheer is ’n illusie."
Marlene van Niekerk (1954–)
2022-02-09"Die hoogste geluk is om te skryf." Marlene van Niekerk se ATKV|LitNet-Skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Hennie Aucamp (1934–2014)
2022-01-14"’n Mens moet leer om ’n afstand tot dinge én mense te behou. So bly dinge en mense vir jou nuut; só bly jy ook vir bekendes nuut." Hennie Aucamp se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Riana Mouton (geboortejaar onbekend)
2021-11-30"Ek sien skryf as selfontdekking. Ek het ’n kant van myself ontdek wat ek van hou."
Marié Heese (1942–)
2021-11-23"As jy die skrywersgeen het, is daar nie uitkomkans nie. Jy skryf jou lewe lank. Al publiseer jy nie noodwendig nie."
JC Steyn (1938–2021)
2021-10-21"Taalstryde wat in taalliefde bly vassteek, het geen kans op sukses nie. Die geslaagde taalbewegings is dié waarin die bevordering van die taal gekoppel word aan die bemagtiging en opheffing van die mense wat dit praat."
Steve Hofmeyr (1964–)
2021-09-29"Máár as ek skielik weggevat word, sal ek nie kan sê dat ek ooit verveeld was nie."
Cor Nortjé (1938–2020)
2021-08-31"Ek glo ’n mens moet jouself gedurig vernuwe. As ek iets aanpak en dit nie voltooi nie, is dit vir my ’n persoonlike nederlaag."
Lionel Sheldon (1927–1996)
2021-08-18"Lionel George Sheldon is op 2 Junie 1927 op Malmesbury in die Swartland in die Wes-Kaap gebore."
Carina Diedericks (1977–)
2021-07-22“Op my tagtigste verjaardag wil ek die tango dans, Veuve Clicquot drink, sushi eet en dink aan wat my gunstelingskrywer, André P Brink, gesê het: ‘Only by dreaming and writing the impossible can life be made possible once again.’”
Martin Steyn (1976–)
2021-07-06"Die skrywer is maar die koord wat stories aanmekaar bind." Lees oor Martin Steyn se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Kerneels Breytenbach (1952–)
2021-06-22"Mens leer gou dat elke boek, ongeag wat dit is, iets besonders is, en ’n spesifieke soort kreatiwiteit vereis. En dat elke skrywer ’n unieke mens is." Lees oor Kerneels Breytenbach se lewe en werk.
Charl-Pierre Naudé (1958–)
2021-06-15"Ek dink nie ’n roman, net soos met ’n digbundel, hoef te begin met ’n sêbare idee nie. Dis ’n idee wat jy voel. As jy geweet het wat die idee was en dit in een sin kon sê, sou jy waarskynlik nie die boek geskryf het nie." Lees oor Charl-Pierre Naudé se lewe en werk.
Sheila Cussons (1922–2004)
2021-05-12"Die poësie gaan nie om vertoon nie. Die proses is ’n misterie. Die skepping of die bevryding van ’n woord in jou."
Clinton V du Plessis (1963–)
2021-04-09"Daar was ’n tyd toe ek geskryf het omdat ek verveeld was, toe weer omdat ek gatvol was. Nou skryf ek om te probeer onthou." Clinton V du Plessis se skrywersalbum in nou volledig bygewerk.
J van Melle (1887–1953)
2021-03-26"Die styging in jare kan mens vergelyk met die bestyging van ’n hoogte, want hoe ouer mens word, hoe verder kan jy sien. Jy sien die kronkelpaaie waarmee jy getrek het al hoe beter hoe hoër jy kom, en jy sien ook aldeur beter waar jy die oortuigings gekry het wat jy tot jou eie gemaak het."
Piet van Rooyen (1953–)
2021-03-23"Die essensie van skryf is die eenwording van die skrywer met sy karakters en lesers, daar waar hy homself verloor in die ritme van die dans waarmee hy hom in die geselskap van ander besig hou."
NP Van Wyk Louw (1906–1970)
2021-02-16"Alleen dit: die kind swyg miskien, die skrywer kan nie swyg nie, juis omdat hy skrywer is. Hy kan saam lag, saam huil, hy kan kritiseer, selfs striem; saam juig en saam treur." Lees meer oor NP Van Wyk Louw se lewe en werk.