CS Badenhorst (1926–2004)

  • 0

Gebore en getoë

Christina Susanna van Zyl is op 24 Mei 1926 op die plaas Bokkraal gebore. Die plaas is geleë in die Marico-distrik. Sy het twee broers wat ouer as sy is en ook ’n jonger een. Haar moeder, MM van Zyl, het kortverhale en gedigte geskryf en dit was ook haar moeder wat haar altyd aangemoedig het om te skryf. 

Sy het skoolgegaan op Bokkraal in ’n tweemanskooltjie vanaf sub A (graad 1) tot standerd 6 (graad 8). In die skoolbiblioteek was daar 36 boekies wat sy teen die tyd dat sy hoërskool toe is, almal uit haar kop geken het. Sy het aan NALN vertel: “Met drie broers en ’n paar seunsmaats moes ek van jongs af by seuns aanpas, wat baie goeie ondervinding was om later ook verhale vir seuns te kon skryf.”

Die skool was nie aanvanklik té lekker vir hierdie plaasmeisie nie, het sy aan NALN vertel: “Al ligpuntjies was die storieperiodes. Later het die opstelperiodes, stillees en toneeltjies ook bygekom. Eers in st vier (graad 6) het die daaglikse straf en slae begin minder word. Ek het gou meer in die ander vakke begin belangstel, minder kwajongstreke aangevang en sommer gou die laagste plek in die klas omgeruil vir die hoogste plek.”

Die vier kinders se kinderjare was “sorgvry, onbekommerd en gelukkig. Sonder meisiemaats het ek saam met die seuns in die rante, bosryke klowe, pragtige vleie en diep koel swemplekke my kinderjare deurgebring”. 

Ná haar laerskooljare op die plaas is sy, nes haar twee ouer broers, na die hoërskool op Zeerust waar sy in 1943 gematrikuleer het. Hier het al vier die Van Zyl-kinders die bynaam Kalfie van die oudste broer geërf, die naam waaronder CS Badenhorst vir die res van haar lewe bekendgestaan het. 

Aan die Hoërskool Zeerust was daar drie nuwe dinge wat sy ervaar het: “Ek moes die hele dag saam met meisies verkeer en ek moes pal skoene dra. Ek moes ook ’n paar vakke by onderwyseresse loop. Vir hulle was ek so bang soos die duiwel vir ’n slypsteen, maar gelukkig het ek gou aan al hierdie dinge gewoond geraak.

“Ek het vier tale geneem – Afrikaans, Engels, Duits en Hollands. Beter taalonderwysers as wat ek hier gehad het, sou jy nie sommer elders gekry het nie. Aan geduld, bemoediging en belangstelling het dit nooit ontbreek nie. Ek het ’n hele paar landswye opstel- en drama-wedstryde in standerd nege en tien gewen (grade 11 en 12). Opstelskryf was nog altyd my geliefde werk. Soms het ek vir ses van my seunsmaats opstelle in een week geskryf. Maar teen hierdie tyd het my onderwyser al my styl geken en ek het amper in die kantoor beland.”

CS Badenhorst beskryf haarself as ’n storieverteller – iemand wat van kleuterdae af graag stories vertel het en aangehou het daarmee. Haar eerste skryfpoging is ’n maand ná haar negende verjaardag in Die Jongspan gepubliseer en deur die jare is letterlik duisende van haar bydraes in die blad geplaas, onder haar eie, getroude naam, asook onder sewe skuilname – soms tot ses bydraes in een uitgawe. Met die inkomste van haar skryfwerk het sy haar skool- en studiegeld betaal.

Verdere studie en werk

In 1944 is Kalfie na die Potchefstroomse Onderwyskollege waar sy in Liggaamsopvoeding gestudeer het. Op kollege was daar nie tyd vir skryf nie – daarvoor was die pret, sport en voorbereiding te veel. Een van haar dosente in Afrikaans was JRL van Bruggen of Kleinjan soos hy ook bekendgestaan het. Sy het haar boek met gepubliseerde stories en gediggies wat sy op skool geskryf het, aan Van Bruggen gewys.

Kalfie het vertel: “Na ons ’n rukkie gesels het, het hy gesê: ‘Kalfie ou kind, hou so aan en hou moed. Miskien word jy nog eendag ’n groot kinderverhaalskryfster. Maar onthou, dis ’n steil pad.’”

Sy het ook haar aanstaande man, Frik Badenhorst, tydens haar studentejare ontmoet. Hulle kon nie as vriende oor die weg kom nie, het sy vertel, maar kon ook nie van mekaar wegbly nie. Aan die einde van hulle tweedejaar het hulle verhouding op dreef gekom. 

Nadat sy haar as onderwyseres bekwaam het, is sy in 1947 as onderwyseres in die Marico Bosveld op Nietverdiend aangestel. Frik het nog ’n jaar gestudeer en teen die einde van sy eerstejaar as onderwyser (1948) is hulle getroud. In 1949 verhuis hulle na die Rustenburgse Bosveld waar Frik begin onderwys gee het aan die Doornfonteinskool. Twee dogters, Delene en Susan, is uit die huwelik gebore.

Met die kinders se geboortes het Kalfie opgehou werk en weer begin skryf. Ná ’n paar jaar is sy terug skool toe as onderwyseres op Koedoeskop naby Thabazimbi. In 1961 het die gesin na Potchefstroom verhuis waar sy weer skoolgehou het en in 1975 afgetree het. 

CS Badenhorst het van die begin af nét skryfwerk vir die jeug gelewer. Haar eerste boekies het in die vroeë 1950’s verskyn – tussen 40 en 50 boekies vir sub A tot standerd 2, onder andere ’n hele paar leesboekies vir beginners wat uit eenlettergrepige woorde bestaan; die eerste wat in Afrikaans verskyn het.

Sy het haar ook na die toneelgenre gewend met die publikasie van Kindertoneelstukkies in 1960. Hierdie stukkies se primêre doel was om deur laerskoolleerlinge opgevoer te word. Twee van haar kindertoneelstukke, Skelm rokers en Kinkhoes, is deur Gerhard J Beukes opgeneem in die versamelbundel Spele vir die jongspan.

Dit was egter eers nadat Kruppelpootjies in 1959 met die tweede prys in ’n landswye kinderboekwedstryd weggestap het dat sy haar meer op die skryf van kinderboeke toegespits het.

Wanneer Kalfie besig was om te skryf, was dit nie vir haar ’n rariteit om slegs met 1½ uur slaap per nag klaar te kom nie – soms vir weke aaneen sonder enige nagevolge. Sy was op haar produktiefste vanaf middernag tot opstaantyd, maar sy het nooit voltyds geskryf nie. Sy het verder aan NALN vertel: “Wanneer ek die drang kry om te skryf, begin ek, die verhaal beplan homself, en ek sorg dat dit getik word en baie gou ook. Gedurende so ’n skrywery is ek baie ingedagte, bêre my beursie in die vrieskas, laat die nagereg in die stoof se warm oond om af te koel en steek die bobotie in die yskas, trek ’n jas in Desember aan as die storie in Julie afspeel, of is bekommerd oor my huismense wat op ’n sonnige dag gaan natreën omdat dit in die verhaal stortreën. 

“Gelukkig het my huismense my so leer ken. En weet waar om te soek as iets nie op sy plek is nie. ’n Wonderlike familie, miskien omdat hulle nie weet hoe dit in ’n huis met ’n normale vrou en moeder gegaan het nie, totdat hulle self begin huishou het. Dit is net Frikkie wat my sal moet opgebruik soos ek is, maar hy kla nie omdat hy geen vervelige dag het nie!”

Dan kon Kalfie ook nie uitgepraat raak oor die inspirasie, leiding en aanmoediging van mense soos Roelf van Rensburg, Chris Pelser en Jeanette Ferreira van die uitgewers – persone vir wie sy baie, baie dankie moes sê.

CS Badenhorst het bekendheid verwerf hoofsaaklik deur die skryf van avontuurverhale vir die jeug, waarin daar nie veel konflik is nie, “met ’n positiewe, amper idilliese, lewensuitkyk en wêreldbeeld. Die boeke is feitlik almal voorspelbaar in hulle resepmatigheid wat in bykans al haar verhale voorkom. Daar is dikwels ’n liefdestema en karakters wat uitblink op sportgebied, terwyl haar natuurkennis baie van die verhale verryk.” (Wikipedia)

Kalfie het self gesê dat al haar boeke deur die Departement van Onderwys goedgekeur is: “Ek is ook nie van plan om ooit ’n afbrekende verhaal te skryf nie. Daar is te veel lelike dinge in die lewe, dit is nie nodig dat die jeug, wanneer hulle vir ontspanning lees, daarmee kennis maak nie.”

Oor Swart kat van geluk (1977) skryf ’n joernalis van die Wes-Transvaler (12 Augustus 1977) as volg: “Dit het baie goeie kritiek gekry. Wat doen ’n sestienjarige seun wanneer hy besef hy gaan ’n kwaai potjie loop met sy pa oor sy swak skoolwerk, sy lang hare, sy lawaaierige popmusiek-plate en die uitspattige plakkate teen sy kamermure? Boonop is hy bang sy pa ontdek die ingesmokkelde kat in sy kamer, want sy ma is sieklik en allergies vir katte. Swart kat van geluk is ’n jeugverhaal wat met vreugde deur alle hoërskoolkinders gelees sal word, want dit is ’n verhaal wat in hulle eie, bekende wêreld afspeel.”

Een van haar grootste vreugdes was haar vier kleinkinders. Hulle was die wonderlike band wat haar in noue aanraking met die verskillende stadiums van ontwikkeling van kinders en tieners gebring en gehou het. Dit was juis op Susan, een van die kleinkinders, se versoek dat Kalfie die storie Nienkie verstaan geskryf het. Hierdie verhaal was in 1981 die wenner van die JP van der Walt-prys.

In Nienkie verstaan het Kalfie die probleem van ’n ouer kind wat skielik ’n jonger boetie of sussie bykry, verken. Nienkie is 11 jaar oud toe Braampie gebore word en skielik besef sy dat sy nie meer haar ouers se enigste kind is nie. Sy siekte is die oorsaak dat hulle nie meer vir die Desembervakansie strand toe sou gaan nie. ’n Ontevrede Nienkie moes dus gedurende die vakansie na haar oom Braam en tant Ela op Bosbokrand gaan – en dáár leer sy om te verstaan. Nienkie verstaan is saam met ’n Seun en ’n hond by die wêreldboeke-uitstalling in Warschau uitgestal.

Haar ander pryswennerboek, ’n Seun en ’n kano, is in 1984 met die Perskor-prys vir Jeuglektuur bekroon. As voorsitter van die beoordelaars het PH Roodt as volg oor die meriete van hierdie verhaal geskryf: “Met ’n Seun en ’n kano bereik CS Badenhorst ’n mooi hoogtepunt. Wat ’n mens onmiddellik tref met die deurlees van dié teks, is die geloofwaardigheid daarvan. Ek meen dis Henriette Grové wat dit op ’n keer gesê het: ‘Voor ’n mens kan skryf, behoorlik kan skryf, moet jy ken.’ En nou dink ek dit is wat hierdie verhaal ’n vreugde maak om te lees: CS Badenhorst ken kinders; hulle sug na sukses, na prestasie, erkenning. En as jy kinders ken, ken jy ook die mens. Die mens wat deur alle eeue heen in sy soeke na geluk worstel met die vraag oor goed en kwaad. (…) Daarom is die hooffiguur, Roedie, so ’n geloofwaardige figuur. Oud en jonk kan met hom vereenselwig. Om die so begeerde kano sy eie te maak, moet hy maar net twee papegaaiduiwe opoffer. En wat is twee papegaaiduiwe nou werd?

“Roedie is sentraal in die verhaal. Die karakterbeelding word met sorg uitgebeeld. (…) Al die byfigure skakel met die hooffiguur en belig die plot.

“Die waarskynlikheidsomkleding in hierdie verhaal is betroubaar. Mens sou die feite oor voëls kon toets en bevind dit is kontroleerbaar waar. Dit, tesame met die geloofwaardige figure, maak daarvan aangename en aanvaarbare leesstof.

“Iemand het tereg gesê: in die literatuur maak dit nie saak waaroor jy skryf nie, maar hóé. En daardie hóé bepaal jou ken. ’n Seun en ’n kano is ’n pretensielose jeugverhaal wat getuig van ken en verdien uit die groot aantal boeke wat ingeskryf is in die Perskor-prys vir jeuglektuur in 1984.”

In Transvaler (8 Maart 1984) het Annatjie van den Bergh die verhaal van ’n Seun en ’n kano as volg opgesom: “’n Seun en ’n  kano, dis twee dinge wat bymekaar pas. So sê Roedie se pa, so sê sy oom Koos vir wie hy twee papegaaiduiwe op Voëleiland moet vang in ruil vir die glimmende nuwe kano. So het Roedie gedink. 

“Maar die kano, die papegaaiduiwe en Nelda het gelyk in Roedie se lewe gekom, en die een ding moet vir die ander geruil word. Roedie moet besluit wat voorkeur gaan geniet en wat agterweë gaan bly. Die keuse moet gemaak word tussen twee blinkes: Die blink lyf van die kano en die blink veertjies van die papegaaiduifies in ’n kou.

“Dis Nelda wat hom laat besluit ja. Maar dis ook die besluit van ’n seun wat moet besef dat hy vorentoe nóg keuses sal moet maak wat deur die keuse bepaal sal word.

’n Seun en ’n kano is ’n verhaal van jonkheid, ydelheid, eerste liefde en deernis uit die pen van die bekende jeugverhaalskryfster en nou Perskor-pryswenner van Potchefstroom, Kalfie Badenhorst.”

Kalfie het haarself beskryf as ’n “gelukkige mens wat genot put uit die klein, eenvoudige dinge waarmee die Skepper ons lewenspad verfraai. Ek glo dat die Here elke mens se lewenspad vooruit beplan, dat jy tevrede moet wees met wat jy het, dat geluk in jou eie hart woon, en dat die lewe te kort en te wonderlik is om enige wese met wie jy in aanraking kom, seer of ongelukkig te maak.”

In November 2003 het Kalfie ernstig siek geword en alle spierbeheer verloor. Sy is op 9 September 2004 op Potchefstroom oorlede. (Wikipedia)

Publikasies:

Publikasie

Die boer en sy vrou

Publikasiedatum

Sonder jaar

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Lien en Rien raak weg

Publikasiedatum

Sonder jaar

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Lien en Rien raak weg

Publikasiedatum

Sonder jaar

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Lien en Rien reën nat

Publikasiedatum

Sonder jaar

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Lien en Rien span die kat in

Publikasiedatum

Sonder jaar

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

 

 

Publikasie

Lien word siek

Publikasiedatum

Sonder jaar

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Em raak weg

Publikasiedatum

1954

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Frits op die plaas. Deel 1

Publikasiedatum

195-?

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jannie gaan skool toe

Publikasiedatum

1954

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jannie in die Bosveld

Publikasiedatum

1954

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jannie in die dieretuin

Publikasiedatum

1954

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jannie in die pekel

Publikasiedatum

1954

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jannie se plan

Publikasiedatum

1954

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Kwaak soek ’n maat

Publikasiedatum

1954

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Miem en die heks 

Publikasiedatum

1954

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Piet se tol

Publikasiedatum

1954

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Saam met Jannie op die plaas

Publikasiedatum

1954

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Streep die stout hond

Publikasiedatum

1954

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Ria se droom

Publikasiedatum

1955

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Ans en Boet. Saam met ander skrywers

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

’n Dag in die veld

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jaap die slim aap. Deel 1

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jannie hou partytjie

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jannie in die speelpark

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jannie in die stad

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jannie maak ’n slang

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jannie se maat neem wraak

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jannie verdwaal

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die pop met die mooi glimlag

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die rooi motor se baas

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Skoolmeester Jakkals. Saam met ES de Clercq

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Stien kry swaar

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Stompstert sorg vir sy oudag

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die stout eend

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Tien en die groot slang

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Tot loop weg

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Waarom volstruis nie kan vlieg nie

Publikasiedatum

1956

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Aandblom se straf

Publikasiedatum

1957

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Dokter Wolf se hospitaal. Saam met AH Guldenphennig en Lulu Latsky

Publikasiedatum

1957

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jaap die slim aap. Deel 2

Publikasiedatum

1957

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Kalie en Karlien

Publikasiedatum

1957

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Knyp leer vir Daan en Blink ’n les

Publikasiedatum

1957

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Kosie se vriende. Saam met AH Guldenphennig

Publikasiedatum

1957

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die vuur

Publikasiedatum

195

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Vyf stout ape

Publikasiedatum

1957

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Kruppelpootjies

Publikasiedatum

  • 1958
  • 1965
  • 1983

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

1959 2de prys in landswye kinderboekwedstryd

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Swapie, die slim apie. Saam met AH Guldenphennig

Publikasiedatum

1958

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Kindertoneelstukkies

Publikasiedatum

1960

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die verkyker

Publikasiedatum

1960

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die eerste prys

Publikasiedatum

1961

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Nonna se geheim: ’n verhaal vir alle kinders wat honde liefhet

Publikasiedatum

  • 1961
  • 2004

ISBN

 9780627012112 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die perdeskoen

Publikasiedatum

1961

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Berghoek se kaart

Publikasiedatum

1962

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Kiet en Kat

Publikasiedatum

1965

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Kor die aap

Publikasiedatum

1965

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Lam leer ’n les

Publikasiedatum

1965

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Eenoog se skat

Publikasiedatum

1968

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Uit my storietrommel. Een

Publikasiedatum

1968

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Assie

Publikasiedatum

1969

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Avontuur op Loeriesfontein

Publikasiedatum

1969

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Uit my storietrommel. Twee

Publikasiedatum

1969

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Grafkop se spook 

Publikasiedatum

1970

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Uit my storietrommel. Drie

Publikasiedatum

1970

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Uit my storietrommel. Vier

Publikasiedatum

1971

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

By die dam

Publikasiedatum

1972

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Oom Grootpraat

Publikasiedatum

1972

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die blink ster

Publikasiedatum

1973

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Grotkoppie se skatgrawers

Publikasiedatum

1973

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

’n Perd soos Prins Panga

Publikasiedatum

1973

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die skat

Publikasiedatum

1973

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Speurder Proppie

Publikasiedatum

1973

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Pyl en boog: aanvullende leesboek by “Die nuwe Trap der Jeug” sub-standerd A

Publikasiedatum

1975

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Danie Dorp

Publikasiedatum

1976

ISBN

0628 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jan speel saam

Publikasiedatum

1976

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Jannie Jammer

Publikasiedatum

1976

ISBN

0628 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Vin die vis

Publikasiedatum

1976

ISBN

0628 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Wie die laaste lag

Publikasiedatum

1976

ISBN

0628 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die geel mus

Publikasiedatum

1977

ISBN

0628 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Swart kat van geluk

Publikasiedatum

1977

ISBN

07993 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Beeldjie nommer 4

Publikasiedatum

1978

ISBN

07993 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die spook

Publikasiedatum

1978

ISBN

0628

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die geleende jaar

Publikasiedatum

1979

ISBN

0628 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke 

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

  • Grobler, Hilda: Jeugverhaal wat tref. Hoofstad, 26 Junie 1980

 

Publikasie

Die kodeboodskap

Publikasiedatum

1979

ISBN

0628 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

’n Seun en ’n hond

Publikasiedatum

1980

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

’n Seun en ’n kano

Publikasiedatum

  • 1980
  • 1983
  • 1987
  • 1988
  • 1992
  • 1993
  • 1994
  • 1996
  • 2000

ISBN

  • 062802343X (sb)
  • 0628032242 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

1984 wenner van Perskor-prys vir Jeuglektuur

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

  • R5 000 vir beste jeugboek [foto]. Vaderland, 3 Maart 1984
  • Roodt, PH: Pretensieloosheid maak “Seun en ’n kano” wenner. Transvaler, 22 Maart 1984
  • Van den Bergh, Annatjie: Aangrypende verhaal uit pryswenner-pen. Transvaler, 8 Maart 1984

 

Publikasie

Die bangbroek

Publikasiedatum

  • 1981
  • 1983

ISBN

0628 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

  • Snyman, Elisabeth: ’n Storie vir die jonges. Transvaler, 26 April 1982

 

Publikasie

Nienkie verstaan

Publikasiedatum

1981

ISBN

07993 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Wat geld nie kan koop nie

Publikasiedatum

  • 1981
  • 1985

ISBN

0628 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Mariet van Kroondorp

Publikasiedatum

1983

ISBN

0628 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die prinshond

Publikasiedatum

1983

ISBN

0628 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die laaste vanggat

Publikasiedatum

1984

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Juventus

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Twee spoke

Publikasiedatum

1984

ISBN

0628 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Eerste afspraak

Publikasiedatum

1985

ISBN

07993 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Lourierkrans vir die wenner

Publikasiedatum

1985

ISBN

0628 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

  • Van Zyl, Anna: ’n Avontuur-storie vol opwinding vir jeug. Volksblad, 19 April 1986

 

Publikasie

Rugbystewels van glas

Publikasiedatum

1985

ISBN

0628 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Lewenslange gevangene

Publikasiedatum

1986

ISBN

0628 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

Publikasie

Die swart motor

Publikasiedatum

1987

ISBN

0628 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings 

Geen

 

CS Badenhorst as samesteller:

  • Die blokfluit en ander stories. Standerd 2. Saam met CM Blignaut (’n Nuwe Trap der Jeug). Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel, 1963
  • Die ding in die donker en ander stories. Standerd 1. Saam met SM Blignaut (’n Nuwe Trap der Jeug). Johannesburg: Perskor, 197? (2de uitgawe) [ISBN 0628009429 (sb)]
  • Die donkiedans en ander stories. Standerd 3. Saam met CM Blignaut (’n Nuwe Trap der Jeug)

Artikels oor CS Badenhorst

  • CS Badenhorst: outobiografiese skets. NALN, 2 April 1983
  • CS Badenhorst 
  • Christina Susanna van Zyl 
  • Groot eer vir skryfster. Wes-Transvaler & OVS Herald, 27 November 1981
  • Sewe boeke deur een skryfster gepubliseer. Wes-Transvaler, 12 Augustus 1977
  • Smit, Louis: “Woorde vorm, verryk én gee erkenning”. Transvaler, 6 Maart 1984

CS Badenhorst se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is oorspronklik op 2023-08-30 gepubliseer.

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN)

 

Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir die doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top