ATKV|LitNet-Skrywersalbum
LitNet se omvattende Afrikaanse biografiese ensiklopedie, in samewerking met die ATKV en NALN

Sheila Cussons (1922–2004)
2021-05-12"Die poësie gaan nie om vertoon nie. Die proses is ’n misterie. Die skepping of die bevryding van ’n woord in jou."
Clinton V du Plessis (1963–)
2021-04-09"Daar was ’n tyd toe ek geskryf het omdat ek verveeld was, toe weer omdat ek gatvol was. Nou skryf ek om te probeer onthou." Clinton V du Plessis se skrywersalbum in nou volledig bygewerk.
J van Melle (1887–1953)
2021-03-26"Die styging in jare kan mens vergelyk met die bestyging van ’n hoogte, want hoe ouer mens word, hoe verder kan jy sien. Jy sien die kronkelpaaie waarmee jy getrek het al hoe beter hoe hoër jy kom, en jy sien ook aldeur beter waar jy die oortuigings gekry het wat jy tot jou eie gemaak het."
Piet van Rooyen (1953–)
2021-03-23"Die essensie van skryf is die eenwording van die skrywer met sy karakters en lesers, daar waar hy homself verloor in die ritme van die dans waarmee hy hom in die geselskap van ander besig hou."
NP Van Wyk Louw (1906–1970)
2021-02-16"Alleen dit: die kind swyg miskien, die skrywer kan nie swyg nie, juis omdat hy skrywer is. Hy kan saam lag, saam huil, hy kan kritiseer, selfs striem; saam juig en saam treur." Lees meer oor NP Van Wyk Louw se lewe en werk.
Ina Rousseau (1926–2005)
2021-01-14"Daar moenie vir my voorgesê word wat ek moet lees en nie moet lees nie, nes daar nie vir my voorgesê moet word wat ek moet eet en nie moet eet nie. Nes eet behoort lees te alle tye ’n aktiwiteit van genieting te wees wat met vreugde beoefen word." Lees oor Ina Rousseau se lewe en werk.
JC Kannemeyer (1939–2011)
2021-01-04"Afrikaans beleef ’n tydelike terugslag. Ons kry seer. Ons sal seker nog seerder kry. Maar daar is in dié taal soveel geestelike energie werksaam, dis nie deur politici of ’n regering afskryfbaar nie. Daar moet ’n kentering kom." Lees oor JC Kannemeyer se lewe en werk.
Audrey Blignault (1916–2008)
2020-12-22"Vandat ek kan onthou, het die woord my bekoor. Ek wou altyd skryf. Ek het nie gedink hoe ek wou skryf nie. Ek het geweet: ek wil vertel. Ek wil sê hoe dit is."
Christine Barkhuizen-le Roux (1959–2020)
2020-11-26“Ek hou daarvan dat elke woord in digkuns soveel gewig dra. ’n Mens moet letterlik oor elke woord dink en besluit of dit sy plekkie in die gedig werd is.” Christine Barkhuizen-le Roux se profiel op LitNet se ATKV-Skrywersalbum is nou bygewerk.
Dalene Matthee (1938–2005)
2020-11-19"Baie mense dink ek het ’n spesiale verhouding met die Bos en met die olifante. Hulle sien maande lank nie ’n enkele olifant nie en skielik op ’n dag lê daar ’n bol stomende mis. Dan sê hulle: 'Dalene Matthee is hier iewers. Daarom het die olifante gekom.'"
Christoffel Coetzee (1945–1999)
2020-11-09"Elke politieke e-pos skep sy eie geskiedenis en dit vind ek fassinerend."
Jeanne Goosen (1938–2020)
2020-10-28“Om te skryf is soos om te droom terwyl jy wakker is. Dis soos om te toor.”
MM Walters (1929–2020)
2020-10-21"Soos met die satire is die politiek altyd tydgebonde. Maar wat nié is nie, is die mens en sy angste en sy vrese." MM Walters se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Johan Myburg (1957–)
2020-10-07“Vir poësie is digters nodig. Vir poësie is lesers nodig. Lesers wat poësie lewend wil hou.”
Marlize Hobbs (1972–)
2020-09-16"Ek glo nie mens moet mors met woorde nie; as iets gesê is, het jy bestaansreg daaraan gegee en dit kan maak of breek."
Loftus Marais (1982–)
2020-09-10"Ek voel goed oor kontemporêre Afrikaanse poësie. Daar is soveel opwindende goed wat gebeur. Dit voel asof ek deel is van iets groots." Loftus Marais se ATKV LitNet-Skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Marita van der Vyver (1958–)
2020-08-20"As ek dan ’n verantwoordelikheid het teenoor Afrikaans, is dit om te bly skryf daarin."
Adriaan Snyman (1938–)
2020-07-27"Adriaan Snyman skroom nie om omstrede onderwerpe as temas vir sy romans te gebruik nie." Adriaan Snyman se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Nathan Trantraal (1983–)
2020-07-20"My Afrikaans lyk soesie mense wat it praat. Die geskiedenis van Coloured mense is heeltemaal locked up innie Afrikaans wat hulle praat. Is Engels, Dutch, Malay, Indonesian Arabic, Khoe. Dis ’n version van Afrikaans wat unedited is, sône gatekeepers en sône affectations."
SJ du Toit (1847–1911)
2020-07-14"Mogelik sal ’n latere geskiedskrywer, as teenwoordige vooroordele al uitgestorwe en die tyd elke gebeurtenis na waarde sal gerangskik hê, die 14de Augustus 1875 opteken as ’n gedenkwaardige dag."
