ATKV|LitNet-Skrywersalbum
LitNet se omvattende Afrikaanse biografiese ensiklopedie, in samewerking met die ATKV en NALN

Peet Venter (1940–)
2019-02-07“Die misdaadroman leen hom by uitstek tot vinnige, volgehoue aksie en spanning. ’n Mens moet jou storie ken om dit reg te kry. Jy moet jou leser binne die eerste sin of twee vasvang, en nie weer laat los tot die einde nie.” Peet Venter se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
François Bloemhof (1962–)
2019-01-24"As skrywer is ek hier om stories te vertel, om mense ’n paar uur uit hul voorspelbare lewe te ontvoer. As mens is ek hopelik hier om ander mense elke nou en dan ’n bietjie beter te laat voel." François Bloemhof se profiel in LitNet se ATKV-Skrywersalbum in nou bygewerk.
Dana Snyman (1963–)
2019-01-10“Stories is soos brood vir die hart. ’n Mens het stories nodig soos jy water nodig het – as jy ’n betekenisvolle lewe wil lei. Stories is groter as mense.” Dana Snyman se skrywersprofiel in LitNet se ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Irma Joubert (1947–)
2018-12-20“Ek skryf oor gewone mense wat in moeilike tye liefde vind.” Lees oor Irma Joubert se lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.
Miemie-Louw Theron (1898–1992)
2018-11-29Lees oor die lewe en werk van Miemie-Louw Theron in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.
Reza de Wet (1952–2012)
2018-10-10"Ek het ’n groot liefde vir my taal. Dit het ’n ryk tekstuur en baie kleurryke en verbeeldingryke idiome. Om in Engels te skryf, is nie so ’n intieme ondervinding nie." Lees oor Reza de Wet se lewe en werk in haar ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Lerina Erasmus (1946–2018)
2018-09-13“Jy moet mense so laat glo in jou storie dat hulle deel word daarvan.” Lerina Erasmus is op 20 Augustus 2018 oorlede. Lees oor haar lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.
Koos Human (1931–2018)
2018-08-28"Wat saak maak, is dat uitgewers, en redakteurs van koerante en tydskrifte, met hul produksie die leserspubliek moet aantrek. En resensente behoort meer lesergerig te skryf, en nie vir mekaar nie." Lees oor Koos Human se lewe en werk in sy ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Tom Gouws (1961–2018)
2018-08-16"Skryf is om elke vroegoggend ’n wilde perd te gaan vang en by jou skryftafel tot rus te bring." Lees oor die lewe en werk van Tom Gouws in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.
Gilbert Gibson (1963–)
2018-07-26“In die volmaakte gedig kom die leser se verwagting en die digter se intensie soos ’n spits van ’n berg bymekaar. Maar dit gebeur natuurlik nooit nie. Daar is altyd ’n gaping.” Lees oor Gilbert Gibson se lewe en werk.
Cas van Rensburg (1942–2018)
2018-07-12"Natuurlik is daar mylpale, maar ’n lewe word nie gemeet aan datums of posisies nie, maar aan die groei van die gees of psige van die mens wat op aarde net een kans gegun word om sy eie waarheid te verken." Lees oor Cas van Rensburg se lewe en skryfwerk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.
Cecile Cilliers (1933–2018)
2018-06-26“Om te praat is my gawe, woorde my werk en mense my liefde.” Cecile Cilliers is op 16 Junie oorlede. Lees meer oor haar lewe en werk in haar ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
DF Malherbe (1881–1969)
2018-06-15"Daar lê ’n waas van aantreklike weemoed oor verre herinneringe. Dit is asof die tydafstand daaraan ’n wyding verleen, wat buite bereik is van die nugterheid; asof die skynbaar kleinlik en nuttelose tog ligtende skakels word in die ketting van geordende momente; asof Voor en Na noodwendig so moet gewees het en nie anders nie." Lees oor DF Malherbe se lewe en werk.
Leon de Villiers (1960–)
2018-06-07"Vir ’n kinder- en jeugboekskrywer is die grootste betaling nie groot geldpryse of akademiese lofsange nie, maar blink oë wat spreek van onverbloemde genot in ’n storie (ongeag wie die skrywer is)." Lees oor Leon de Villiers se lewe en werk.
Michael Green (aka RR Ryger) (1963–)
2018-05-28"As jy bang is vir ander mense se mening, word jy ’n skaap wat die samelewing se reëls nakom. As ek my bekommer het oor wat my ma dink, sou ek nie geskryf het nie."
Johann Bekker (1918–1985)
2018-05-16"Ek vertel net ’n storie, ontspan terselfdertyd, en as my lesers saam met my op safari gaan en laat blyk dat hulle dit geniet, dan gloei die kole van die rooibosvuur nog mooier en is Wes-Transvaal se vlaktes nog grootser." Lees oor die lewe en werk van Johann Bekker.
MC Botha (1954–)
2018-05-02"Die publiek verkeer onder die wanindruk as hulle glo dat kunstenaars inspirasie nodig het om te skep – in elk geval het hulle nie méér nodig as ’n gewone man om die oggend uit die bed op te staan en kantoor toe te ry nie." Lees oor die lewe en werk van MC Botha in die LitNet|ATKV-Skrywersalbum.
Willie Adams (1951–2012)
2018-04-25"In Riemvasmaak handel Willie se gedigte hoofsaaklik oor sosiaal-politieke kwessies en die titelgedig het as tema die destydse apartheidsregering se gedwonge verhuising in die 1970's van die mense van Riemvasmaak in die Noord-Kaapland." Lees oor Willie Adams se lewe en werk.
Valda Jansen (1965–)
2018-04-16“Ek gaan onder die grond in waar woorde groei sonder dat iemand sien ek duik ondergronds … net as ek skryf kan ek die taal wees net as ek is kan ek die taal word net as ék kan ek die taal word net as ék kan ek word.” Lees oor Valda Jansen se lewe en werk.
Karel Benjamin (1928–2002)
2018-04-03"Die lewe draai soos ’n wiel, dan gaan hy staan. Waar hy gaan staan en hoe hy weer gaan draai, hang van jou af. Mens is jou lewe se drywer. En jou gedagte is soos ’n lig wat skyn." Lees oor Karel Benjamin se lewe en werk.
