ATKV|LitNet-Skrywersalbum
LitNet se omvattende Afrikaanse biografiese ensiklopedie, in samewerking met die ATKV en NALN
Hans Pienaar (1955–)
2015-01-21"My lewensfilosofie is dat ’n mens nie te veel aan ’n lewensfilosofie kan vasklou nie. ’n Mens moet dit heeltyd vernuwe en verander, anders gaan jy stagneer, ondergaan.” Lees Hans Pienaar se skrywersprofiel.
Reinet Nagtegaal (1956–2014)
2014-12-17"Ek dink dis die heel naaste wat ’n mens aan God kom, wanneer hy skep." Lees Reinet Nagtegaal (27 Mei 1956 tot 15 Desember 2014) se ATKV-Skrywersalbum.
Ampie van Straten (1937–1997)
2014-12-16"Met die Pendorings probeer ek demonstreer dat Afrikaans alles behalwe ’n stywe en omslagtige taal is en dat nuttige woorde en uitdrukkings nie van Afrikaans weerhou moet word nie. Dit verarm ons taal." Lees Ampie van Straten se ATKV-skrywersalbum.
Charles Fryer (1946–2014)
2014-11-26"Ek is by voorkeur ’n liriese digter en daarvoor het ek meer ledige uurtjies nodig, tyd om stemminge op te vang. ’n Mens moet rustig word sodat jy kan oopgaan van binne. Soos die pottebakker moet jy regstaan om raak te vat, want as ’n vers kom, dan kóm hy. Knip jy sy asem kort, is hy dalk verlore." (Transvaler, 15 Mei 1981)
Jan Lion Cachet (1838–1912)
2014-11-20Die Heer H Altman, visekonsul van Nederland, sê in sy huldeblyk aan Jan Leon Cachet: “Hij was ’n vriend en raadsman van baie. Hier is heengegaan een groot Nederlander ... ook een groot Afrikaander. Maar hij was ook een groot mens.”
AAJ van Niekerk (1931–1994)
2014-11-04"My stories handel oor dinge wat ekself beleef het en wat ek uit my kinderdae met my saamdra. Ek gryp uit die lewe uit."
Ela Spence (1909–1997)
2014-10-29"Ek wil dit egter benadruk dat ek geen letterkundige is nie. My werk bestaan net uit ligte ontspanningsleesstof."
Johnita le Roux (1952–)
2014-10-22 “Vir my is een van die grootste tragedies op aarde dat hopeloos te veel mense tot hul sterwensdag hul daaglikse plig doen sonder dat hul goddelike potensiaal eens naastenby vervul is.” Johnita le Roux se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.Emma Huismans (1947–)
2014-10-14 Louise Viljoen ondersteun die standpunt dat Huismans se verhale van literêr-historiese belang is, omdat sy die ingewikkeldhede van verhoudings verteenwoordig.Melt J Brink (1842–1925)
2014-09-30 Ben de Kock skryf oor Melt Brink dat hy in sy tyd ’n belangrike baanbreker was en miskien ook die eerste wat ons mense geleer het om vir hulself te lag.Merwe Scholtz (1924–2005)
2014-09-23 "Merwe Scholtz sal altyd binne die Afrikaanse letterkunde onthou word vir die sfeer van intellektuele opwinding wat hy met hom saamgedra het." Louise Viljoen. Merwe Scholtz se profiel is nou volledig bygewerk.Verna Vels (1933–2014)
2014-09-03 “Solank ons Afrikaans praat, sal dit voortbestaan. As Afrikaans ondergaan, sal dit in ’n groot mate ons eie skuld wees. Al geniet Afrikaans nie meer dieselfde ‘status’ as vroeër nie, troos ek myself daaraan dat Afrikaans steeds in die volksmond en –hart lê.” Verna Vels se ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.Gerhard J Beukes (1913–1998)
2014-08-21 “Geen skrywer kan in ’n lugleegte skryf nie – elkeen het weerklank nodig en dit het ek by mede-Afrikaners gekry wat my werk gelees, waardeer en ook gekritiseer het.” Lees oor die lewe en werk van Gerhard J Beukes.Ernst van Heerden (1916–1997)
2014-07-09 “Digters moet hulself nie mislei dat hulle die verloop van die geskiedenis kan verander nie.”CM van den Heever (1902–1957)
2014-06-25 “Nóg die noodlot, nóg die dood kan uitmekaar hou wat die liefde bind.”Sonja Loots (1972–)
2014-05-18 “My verbeelding het die grootste invloed op my as skrywer. Persoonlike ervaring is net ’n vertrekpunt. As iets my ontstel, wil ek daaroor skryf.” Lees oor Sonja Loots se lewe en werk in LitNet se ATKV Skrywersalbum.Hennie van Deventer (1941–)
2014-05-10“Ek skryf nie omdat dit lonend is nie, maar oor die bevredigende gevoel, die lekker van skryf, en laat ek dit erken, die streling van die ego wanneer jy die finale produk in jou hand hou.”