ATKV|LitNet-Skrywersalbum
LitNet se omvattende Afrikaanse biografiese ensiklopedie, in samewerking met die ATKV en NALN

Jaco Fouché (1967–)
2024-01-24"Ek dink as ek ’n boek sit en skryf, neem ek ook ’n rol aan. Ek wórd ’n karakter ..." Jaco Fouché se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Chris Karsten (1947–)
2024-01-16"Die waarheid was nog altyd vreemder as fiksie. Die plig van skrywers is om deurentyd grense te probeer oorsteek om die fiksieruimte vir lesers te vergroot." Lees oor die lewe en werk van Chris Karsten.
Gerda Taljaard (1971–)
2023-12-18"Wanneer ’n mens in jou moedertaal skryf, kom dit wat in die onbewuste onderdruk word, na die oppervlak. Dan skryf jy uit jou binnegoed en uit jou hart, met integriteit en rou eerlikheid."
Shirmoney Rhode (1991–)
2023-12-14"Daar is baie redes hoekom ek skryf. Maar die belangrikste rede is sodat ek my storie, wat baie keer te doen het met mense om my en mense in my gemeenskap, op kan teken. As ek dit nie doen nie, gaan niemand dit vir my doen nie."
Antjie Krog (1952–)
2023-12-06"As ek ’n lewe daaruit kon maak, sou ek net wou dig." Lees oor Antjie Krog se lewe en skryfwerk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Wilna Adriaanse (1958–)
2023-11-24"Afrika fassineer my omdat dit so onvoorspelbaar is [op] soveel maniere, veral as ’n mens dit vergelyk met ’n Europese leefstyl wat jou gees kan afstomp."
Ronelda Kamfer (1981–)
2023-11-17Ronelda Kamfer se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk. Ronelda skryf: "Afrikaans is ’n taal; mense moenie dit ’n issue maak of die Groot Stryd nie. Daar is ander belangriker dinge om oor te baklei – soos om goeie mense te wees."
Louis Krüger (1955–)
2023-11-02"Ek besef nou meer as ooit tevore dat ’n mens sy samelewing maak. Ons gaan almal beloon word vir goeie keuses en die prys betaal vir slegtes. Daar wag vir elkeen van ons ’n rekening."
Kirby van der Merwe (gebore: 1960’s)
2023-10-24Kirby van der Merwe: "Ek skryf omdat dit juis moeilik is. Dit is ’n uitdaging. Maar wat my laat aanhou skryf, is die onbeskryflike gevoel wanneer ’n woord, sin of idee iets word wat ’n mens net as skoonheid kan beskryf."
Celesté Fritze (1959–)
2023-10-12"Gelukkig is daar baie ure in ’n dag. Jy maak tyd vir iets wat jou as mens definieer, soos jou skryftaak."
Fanie Olivier (1949–)
2023-10-05"Ek skryf omdat ek iets wil sê. Die bevrediging berus nie vir my in die feit dat ander mense die werk uiteindelik gaan lees nie en, om die waarheid te sê, maak dit nie vir my juis eintlik saak of my naam aan ’n werk gekoppel is of nie. Die bevrediging lê daarin om iets te maak."
E (Sussie) Kotze (1933–)
2023-09-20"Die skryfproses is soos ’n swerm mossies wat uit ’n boom opvlieg: Jou gedagte word los as jy begin skryf en hope idees kom uitgefladder."
Floris A Brown (1948–)
2023-09-11"Wat weet ek van die seerkry-kind wat in dié volwasse liggaam sy pyn probeer weglag? Skryf dit uit jou uit, sê ek dan, en eendag skryf jy dalk soos die jonger geslag oor sommer gewone goed soos die liefde."
Johan Jack Smith (1977–2023)
2023-09-06"Dinge vat dalk lank om te verander, maar as dit eers verander, verander dit geweldig vinnig. Dink aan die Berlynse muur. ’n Mens moet positief probeer bly, al is dit net vir jou kinders, en al is dit moeilik."
CS Badenhorst (1926–2004)
2023-08-30"Om te skryf, het ’n mens kennis van mense nodig en, as dit kinderboeke is, is dit nog van groter belang dat die skrywer op die vlak van die kind is. Om dié rede is dit van belang dat die skrywer baie met kinders praat."
Wilma Stockenström (1933–)
2023-08-22“Elke oomblik is mens, en wat mens is, is ’n daad en is onherroeplik.”
Philip de Vos (1939–)
2023-08-16Philip de Vos: “Rym is vir my baie belangrik. Ek maak kombinasies met rymwoorde, en dan kry ’n mens allerhande belaglike ryme wat jou op ’n spoor bring."
Dan Sleigh (1938–2023)
2023-08-10“’n Violis sou nie wou hê iemand moet aan sy strykstok of viool iets verander nie – hoekom kan dieselfde respek nie vir taal geld nie?”
LitNet verneem met leedwese dat Dan Sleigh oorlede is. Ons deel hiermee Sleigh se ATKV|LitNet-Skrywersalbum. Lees gerus meer oor hierdie merkwaardige mens.
Kleinboer (1956–)
2023-08-03"In my lewe het ek albei wêrelde nodig: die intellektuele Westerse boekewêreld waarin ek grootgeword het en die gemaklike, ontspanne wêreld van swart Yeoville. Ek kan nie sonder een van hulle klaarkom nie. As ek in die een is, verlang ek na die ander."
Jan FE Celliers (1865–1940)
2023-07-24Jan FE Celliers se LitNet | ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
