Stefaans Coetzee

Stefaans Coetzee is ’n skrywer, radio-omroeper en vryskutresensent. Hy reël die Sanctuary Boekfees in Klerksdorp.

Hy is betrokke by liefdadigheidswerk en as ’n aktivis beywer hy hom vir versoening om brûe te bou. Hy bied gereeld mannekampe aan en is diensbaar by #leefliefde.

Raaiselroman: ’n lesersindruk van Ons skulde deur PP Fourie

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-07-25

"Fourie slaag meesterlik daarin om die leser die heeltyd aan die raai te hou. En jou naels te kou."

VivA gebruik kortverhale om talent te slyp

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-05-04

"Kortverhaalskrywers het ’n platform nodig. Al bestaan die bundels net uit vyf kortverhale, gee dit die skrywers moed om aan te hou skryf, en vestig hul name in leserskringe."

Skryf ChatGPT deesdae dooie mense se boeke?

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-05-03

"Die vrae wat sedert my vrou se opmerking by my spook, is: Hoekom lees ek boeke deur skrywers (meestal onbekend) wat ’n heelal – ongeag of dit Ludlum, Tom Clancy, Vince Flynn, ensovoorts is – aan die lewe probeer hou, lank nadat die skepper dood is?"

Omgee vir slagoffers: ’n lesersindruk van Michael Connelly se Desert star

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-03-29

"Ek kon nooit my vinger daarop sit waarom Connelly se boeke vir my so uitstaan nie. Dalk is dit sy indiepte-waarneming van speurders en sy gesels met moordenaars wat sy boeke geloofwaardig maak en die leser deel van die ondersoekspan laat voel."

Wraak! ’n Lesersindruk van Hunting time deur Jeffery Deaver

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-03-13

"Die skrywer stel gewoonlik sy plot soos ’n ervare bommaker saam – booby trap op booby trap."

Mike Nicol se roman The rabbit hole is trots Suid-Afrikaans, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-03-02

"Alhoewel Fish, die surfer / privaatspeurder wat dagga smous, my sterk aan Vachss se Burke laat dink, is dit sy newekarakters wat die boek as eg Suid-Afrikaans brandmerk en ’n outentieke geur gee."

Nog gedagtes oor die bemarking van boeke

Stefaans Coetzee SêNet-briewe 2023-02-23

"Voordat ek en Anschen Conradie van #uitdieperdsebek vriende geword het, het ek haar op Lekkerleesboekrak gevolg om te sien wat sy aanbeveel. Haar eerlike indrukke het van haar ’n betroubare bron gemaak."

Die bemarkingsmoontlikhede van e-boeke

Stefaans Coetzee SêNet-briewe 2023-02-21

"Gevestigde skrywers moet in hul kolligmaand behoorlik gloei om hul verkoopsyfers hoog te hou – hoekom nie die kolligtydperk verleng nie? Gebruik sosiale media vir bemarking daarvoor. Onthou net, 'kits' is die wagwoord. Dink Dana."

Twee Suid-Afrikaners kan die wêreld iets leer: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-02-09

"Ek voel sterk dat die antwoord in Suid-Afrika lê. Jaco Wolmarans se Ivoor en Dibi Breytenbach se Buit sal nie net die leemte vul nie, maar sommer ook die genre upgrade."

Vernuwende werk: ’n lesersindruk van A quiet man deur Tom Wood

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-02-08

"Dit is tyd dat skrywers van huurmoordenaars en koverte operateurs as antihelde dieper delf om nuwe lewe in die genre, wat sedert die oorlog teen terrorisme ’n ongekende bloeitydperk beleef, te blaas."

’n Lesersindruk van Hunter Killer deur Brad Taylor

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-01-24

"Gewere kletter sonder end, almal ken hul wapens en die boeke is deurdrenk van inside inligting – hierdie boek is geen uitsondering nie."

Ons soek e-boekkortverhale in Afrikaans

Stefaans Coetzee Boeke en skrywers 2023-01-23

"Die mark van e-boekkortverhale is nog nie in Suid-Afrika ontgin nie. Tog kan dit ’n boek van een punt na ’n ander dra, nuwe lesers lok of selfs ’n newekarakter ontwikkel wat in ’n latere boek ’n hoofkarakter word."

Spesmagte tops in Andy McNab se The hunt, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-01-10

"Die reeks, wat met The hunt afskop, handel oor ware spesialemagteoperasies. En alhoewel hy in die boek spesifiek op die SBS (Special Boat Service) se operateurs fokus, kleur McNab die volledige prentjie in van wat alles agter die skerms gebeur."

In memoriam: Oom Adriaan Vlok

Stefaans Coetzee In memoriam 2023-01-09

"Dit is moeilik om te glo dat daardie sagte man wat vir my die kardeur oopgemaak het, vroeër jare vrees ingeboesem het."

Kisduiweltjies en reeksmoordenaars: Into the fire deur Gregg Hurwitz, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-01-06

"Ek hou daarvan dat die skurke in elke nuwe Orphan X-boek opgegradeer word na iemand erger. Dalk ontmoet die Nowhere Man eendag sy gelyke."

Top