Wekroep vir lesers by Klerksdorp-boekfees bekendgestel
2022-11-02"Lesers wat in die toekoms vir die pryse in aanmerking wil kom, kan die hutsmerk #sanctuaryboekfees gebruik, of hul bydraes op die Sanctuary Boekfees en/of leesD!T se Facebook-bladsy plaas."
’n Wond deur sy pa toegedien: ’n lesersindruk van Seuns sonder pa’s deur Julian Jansen
2022-11-01"As gemeenskap kan ons die wêreld ’n beter plek maak wanneer ons mans vaders vir die vaderlose seuns word."
Van boekwurm tot skerpskutter, ’n lesersindruk Kate Quinn se The diamond eye
2022-10-26"Ek beveel The diamond eye vir lesers aan wat van historiese romans, komplotteorieë en politieke spanningsverhale hou, asook vir aanhangers van Stephen Hunter, Scott McEwen en Jack Coughlin se skerpskutterreekse."
The Bourne Sacrifice deur Brian Freeman, ’n lesersindruk
2022-10-17"Hierdie kat-en-muis-spel is ’n móét-lees nie vir enige Bourne-aanhanger nie, maar ook vir diegene wat van spioenasie, sluipmoorde en komplotteorieë hou. The Bourne Sacrifice is Bourne op sy beste!"
Koos Bekker’s billions deur TJ Strydom, ’n lesersindruk
2022-10-13"Koos Bekker’s billions is ’n broodnodige toevoeging tot literatuur rondom die Suid-Afrikaanse besigheidselite. Ek beveel dit vir enige persoon aan wat wonder hoe ’n mens dit kan regkry om skatryk te word."
Wees bevrees: Genesis deur Chris Carter, ’n lesersindruk
2022-10-13"Genesis het my so vreesbevange gehad, ek wil beslis nie ’n karakter in een van sy boeke wees nie."
On scope deur Jack Coughlin en Donald A Davis, ’n lesersindruk
2022-10-04"In On scope, die sewende boek in die reeks, staan Spanje op die rand van ekonomiese ineenstorting. ’n Alliansie van Islamitiese bankiers stel ’n reddingspakket sonder enige voorwaardes voor. Hul onderliggende doel is egter om die eenheid van Europa te verbreek en Madrid op die pad na Islamitiese bewind te plaas."
Moederland deur Madelein Rust: ’n boekresensie
2022-10-03"In 2070 staan Bloemfontein as Xín Xiánggăng bekend. Die Derde Wêreldoorlog en twee burgeroorloë het Suid-Afrika se stede in puin gedompel. Daar is ’n tekort aan kos, water en blyplek. Chinese en Russiese kaders, asook die elite floreer in slimstede terwyl gewone mense op die platteland stoei om aan die lewe te bly."
Deesdae word opkomende skrywers met Brad Thor vergelyk, ’n lesersindruk van Near dark
2022-10-03"Ná 19 boeke in ’n reeks dink ’n mens maklik jy het al alles gelees wat Brad Thor na jou kant toe kan gooi, maar Scot Harvath pronk nie verniet gereeld op #1 op die New York Times se blitsverkoperslys nie."
’n Aanwins vir die siel, ’n lesersindruk in Jerry Mofokeng wa Makhetha se boek I am a man
2022-09-30"Dit voel amper of die leser saam met hom in die stofpaaie van Orlando West na Belle Primêre Skool toe loop. Proe saam met hom sy eerste soen. Vlug saam met hom soos rotte uit huis 8298 nadat die polisie traangas deur die vensters geskiet het."
Geld kan nie als koop nie (weergawe 2)
2022-09-29Lees die tweede, verbeterde weergawe van Stefaans Coetzee se storie, "Geld kan nie als koop nie". Hy neem deel aan die LitNet-slypskool Om te skryf.
Kleurvolle karakters, deurdinkte storielyne, kitsduiwels: The way I die deur Derek Haas, ’n lesersindruk
2022-09-13"Die eerste keer wat ek die hit man Columbus se naam gehoor het, was in ’n Criminal minds-episode. Ek het gegoogle om te kyk of daar wel so ’n boek bestaan en vasgestel dat dit die tweede boek in Derek Haas se Silver Bear-trilogie is."
Geld kan nie als koop nie
2022-09-08Lees die eerste weergawe van Stefaans Coetzee se storie, "Geld kan nie als koop nie". Dit is sy inskrywing vir die LitNet-slypskool Om te skryf.
Oud, maar nie koud! Eddie’s boy deur Thomas Perry, ’n lesersindruk
2022-09-05"Perry slaag daarin om nuwe lesers sowel as Butcher’s boy-volgelinge op hoogte te bring, nogtans beveel ek aan dat die vier boeke in volgorde gelees word."
Propvol aksie: Sierra Six deur Mark Greaney, lesersindruk
2022-09-01"Die boek is propvol aksie, gewere, bomme en tegniese besonderhede waaraan ons in Clancy-verhale gewoond geraak het. En om die spanning lekker uit te rek, spring die hoofstukke heeltyd tussen die hede en verlede rond."

